Die Kruisiging vanuit ‘n ander hoek

Tommy Lessing 2017/04/14 In 1997, 20 jaar na die vrystelling van die oorspronklike fliek, het die makers van die bekende fliek ‘Star Wars’ ‘n nuwe uitgawe van die oorspronklike ‘Star Wars’ wat in 1977 vrygestel is, bekend gestel. Die film was vernuwe met spesiale effekte wat nie in 1977 beskikbaar was nie en was deur … Lees meer Die Kruisiging vanuit ‘n ander hoek

Die Hel – Deel 3

Die God van Tweede Kanse Tommy Lessing 2017/03/05 Ons is besig met die derde en laaste aflewering van ons reeks oor die Hel. Verlede week het ons gehoor dat Jesus in Matt 25:41 gesê het dat die Hel ontwerp is vir die Satan en sy demone. Hel is dus nie vir die mens ontwerp nie. Mense … Lees meer Die Hel – Deel 3

Wag op die Here

Jesus het sy dissipels gewaarsku: moenie meegevoer raak en in geloof die hele Jerusalem probeer bekeer nie. Dit gaan nie werk nie! : "Wag eers op die Heilige Gees. Wanneer Hy oor julle kom, sal julle krag ontvang. Eers dan sal julle my getuies wees." Die sleutelwoord was ‘WAG’. Hoekom moes die dissipels so lank wag? Dit is een van die geheime van God. Dit is duideik dat die hemele voorbereid was en gewag het op hierdie oomblik. Die Heiige Gees was gereed. Alles was gereed. Tog moes die dissipels vir tien dae wag voordat hulle die Heilige Gees ontvang het. Toe die Heilige Gees egter beweeg het, het niemand daaroor gewonder nie. Almal het beslis geweet. Jy kon dit nie mis nie. Daarna het dinge gebeur amper sonder enige moeite van die dissipels.

Die Heilige Gees en Pinkster

Party mense sien die Heilige Gees is ‘n soort mistieke mag of krag. Die siening word veral versterk omdat ons lees dat die Heilige Gees soos vlamme op mense se koppe gaan sit het. Wanneer ons egter die Woord bestudeer, sien ons dat Hy ‘n Persoon is. Hy is die derde Persoon van die Drie-enige God. Reeds in Gen 1:1 lees ons van Hom. Hy is nie meer Here of minder Here as wat Jesus of God die Vader is nie. Ons het geleer dat Jesus die Here is, maar Paulus noem ook die Heilige Gees “Here”.

Jesus se Hemelvaart

Die Hemelvaart is die klimaks van Jesus se koms en bediening op aarde. Sy goddelikheid is op daardie dag bevestig. Sy werk op aarde is voltooi, Hy het die Heilige Gees na ons gestuur om ons te help en op te pas terwyl Hy besig is om ‘n plek vir ons te berei. Hy het die verantwoordelikheid vir die verspreiding van die Goeie Nuus van die Koninkryk van God aan ons oorgedra. Self het Hy aan die regterhand van God Sy plek gaan inneem waar Hy intree vir ons. Ons sien dus dat die Hemelvaart nie maar net nog ‘n dag is nie. Dit is ‘n belangrike dag in die geskiedenis van ons as kinders van God.

Afgesonderd vir spesiale gebruik

Die bekende dr. Andrew Murray vertel dat die hoof van die sendingstasie by Wellington destyds tydens die opening daarvan iets gesê het wat hom altyd bygebly het: “Toe ons verlede jaar byeen was, was dit om die fondasie te lê. En wat was daar om te sien? Net bourommel, bakstene en oorblyfsels van die ou gebou. Daar het ons die fondasie gelê, en net ‘n paar mense het geweet wat moes gebeur. Niemand het die nuwe gebou perfek in elke detail geken nie, behalwe een mens: die argitek. In sy gedagtes kon hy die hele gebou sien. Elke kontrakteur, bouer en werker het opdragte in gehoorsaamheid van hom geneem. Die struktuur is opgerig en uiteindelik het hierdie pragtige gebou tot stand gekom. Op dieselfde wyse is die opening van hierdie gebou vandag die eerste stap deur die Heilige Gees om ‘n nuwe werk op te rig en net Hy weet hoe dit uiteindelik gaan lyk.”