Afgesonderd vir spesiale gebruik

Die bekende dr. Andrew Murray vertel dat die hoof van die sendingstasie by Wellington destyds tydens die opening daarvan iets gesê het wat hom altyd bygebly het: “Toe ons verlede jaar byeen was, was dit om die fondasie te lê. En wat was daar om te sien? Net bourommel, bakstene en oorblyfsels van die ou gebou. Daar het ons die fondasie gelê, en net ‘n paar mense het geweet wat moes gebeur. Niemand het die nuwe gebou perfek in elke detail geken nie, behalwe een mens: die argitek. In sy gedagtes kon hy die hele gebou sien. Elke kontrakteur, bouer en werker het opdragte in gehoorsaamheid van hom geneem. Die struktuur is opgerig en uiteindelik het hierdie pragtige gebou tot stand gekom. Op dieselfde wyse is die opening van hierdie gebou vandag die eerste stap deur die Heilige Gees om ‘n nuwe werk op te rig en net Hy weet hoe dit uiteindelik gaan lyk.”

Advertisements

Jesus en Paasfees

Die graf was egter leeg. Die Eersteling het opgestaan op die eerste dag van die Fees van Eerstelinge! Ons kan daarom nagmaal hou met die wonderlike versekering: Laat ons dan met vrymoedigheid na die Troon van die Genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word. (Heb 4:16)

Hakuna Matata – Dit staan in die Bybel

Die verhaal word vertel van ‘n man wat vasgekeer was in sy huis toe die rivier in vloed afgekom het. Mense het hom kom waarsku dat hy moet vlug terwyl daar nog tyd is. “Ek is nie bang vir die vloed nie, ek vertrou op die Here.” het hy gesê en in sy huis gebly. Mettertyd het die vloedwater sy huis oorspoel en was hy verplig om op die huis se dak te skuil. Daar het ‘n mense op ‘n boot by hom gekom om hom te red. “Ek is nie bang vir die vloed nie, ek vertrou op die Here.” het hy gesê en op sy huis se dak gebly. Die vloed het erger geword sodat hy later heel op die nok van die huis se dak vasgekeer was. ‘n Helikopter het verbygekom en hulle het ‘n tou afgegooi om hom te red. “Ek is nie bang vir die vloed nie, ek vertrou op die Here.” het hy gesê en op die nok gebly. Toe het die vloed die huis verswelg en die man het verdrink. In die hemel hy vir Jesus gevra hoekom Hy hom nie gered het van die vloed nie. Jesus het geantwoord, ‘Ek het betyds mense gestuur om jou te waarsku sodat jy kon vlug, maar jy wou nie. Toe het ek ‘n boot gestuur en daarna ‘n helikopter om jou te red. Jy wou nie die hulp wat Ek stuur aanvaar nie. Dit het jou lewe gekos.”

Die Graf is Leeg – ‘n Apologie

Iemand kan nie opstaan uit die dood as hy nie in die eerste plek dood is nie. As die persoon in ‘n skyndood of ‘n koma was, sal dit nie tel nie. Paulus het hierdie feit self erken. Jesus se kruisdood staan daarom sentraal. Is die kruisdood dan ‘n historiese feit? Hoe kan ons so seker wees daarvan? Ons kan seker wees daarvan want die bewyse en getuienis daarvoor is oorweldigend, selfs vir agnotici en skeptici wat die geskiedenis bestudeer het. Kom lees gerus saam!