Die dag toe God ‘n mens geword het

Die oggendson het verblindend en genadeloos gebrand op die onherbersame berghange van Juda. 'n Skaapwagter het langs die hange af gesoek na moontlike weiding vir sy skape en bokke. Om 'n slap draai het daar voor hom opeens die donker bek van 'n grot verskyn. Mohammed, want dit was sy naam, het versigtig nader gegaan, … Lees meer Die dag toe God ‘n mens geword het

Sola Scriptura

Ons lewe in ’n tyd wat die gesag van die Heilige Woord van God al hoe meer bevraagteken word. Die Bybel word toenemend beskou as ’n boek met goeie lewenslesse, maar wat foute bevat en wat nie as die finale gesag alleen oor die Woord van God beskou kan word nie. Ons word vinnig 'n … Lees meer Sola Scriptura

Die Swaard van die Here (3): Gordel jou swaard

Stilte op die regte tyd, is ‘n voorbeeld van die gebruik van die Swaard van Stilte. Dit is ‘n ongesproke woord of ongeneemde aksie. Wanneer die situasie stilte vereis, behoort al jou wapens gegordel te wees.

In die gees word hierdie wapen gebruik wanneer ons, ons reg om onsself te verdedig, eenkant toe skuif in plaas daarvan om onsself te verdedig of te red. Dit gebeur wanneer ons onsself totaal oorgee aan God in die betrokke situasie. Jesus gebruik hierdie swaard wanneer hy voor die goewerneur gedaag word kort voor sy kruisiging. Hy het Sy reg om Homself te verdedig of te red, opgegee en Homself totaal op die Here gewerp om Hom deur te dra

Intimiteit met God (3)

Honger is die sleutel na ons intimiteit met God. Ons moet altyd onthou dat ons in beheer is van ons aptyt, en nie God nie. Ons kan nuwe aptyte en voorkeure (‘cravings’) aankweek. Daar is ‘n belangrike geestelike beginsel wat hier werk:

Ons sal honger wees (‘lust’) na dit waarmee ons, onsself voed.

Hoe om ‘n geestelike aanval te herken en af te weer (3)

Baie effektief om jou vyand te verswak, sal die vyand nie skroom om jou te isoleer van jou hulpbronne (bv. finansies) of kommunikasie (bv. Vriende versaak jou skielik, kerk) nie. Jy mag ook dalk geneig raak om jouself af te sonder van ander in hierdie tyd. Gevoelens van hulpeloosheid en depressie (waarmee jy gewoonlik nie sukkel nie of wat erger is altyd) sal jou aanval. STRATEGIE: