Ons sien dus dat bloed praat. Wanneer ons deur die Bybel lees, lyk dit of alle bloed met God praat. In hierdie geval het Abel se bloed om wraak geroep. Wanneer ons die Bloed van Jesus pleit, praat Sy Bloed met God en pleit dit vir genade, barmhartigheid en beskerming. Dit is beter dinge as wraak. Wanneer ‘n Christen die Bloed van Jesus hardop praat, sing of pleit, veroorsaak dit ook konsternasie in die geesteswêreld. Satan het baie moeite gedoen om die mens te verblind sodat hy nie die krag van die Bloed van Jesus raaksien nie. Vandag nog is daar baie mense wat sê dat hulle niks met ‘n ‘slagpale godsdiens’ te doen wil he nie. Daar is godsdienste sonder die Bloed (en daarom die Lewe) van Christus in dit. Daarteen het die Satan geen beswaar nie. Sodra ons egter aktief en daagliks die Bloed van Jesus gebruik en ons eie maak, is dit soos ‘n vuur in ‘n perdebynes.
Die Bloed van Jesus (1)
Elke keer wanneer ons die Nagmaal gebruik, beroep ons, onsself op die Nuwe Verbond wat Jesus gesluit het. Ons kan ons beroep op die uitspraak van God die Vader, en ons het al die gesag en wapens van Jesus self tot ons beskikking. Die gebruik van die Nagmaal is dus ‘n kragtige manier om kontak met die hemele te maak en om God aan Sy beloftes vir ons te herinner. Dit kan deurbrake bring wat al lank sluimer en dit kan selfs genesing bring
Intimiteit met God (4)
(Ex 20:20 AOV) Moses het gesê, “Wees nie bevrees nie” want God wil “dat Sy vrees voor julle oë mag wees”. Dit klink soos ‘n teenstelling maar dit is nie. Moses het onderskei tussen Bang vir die Here en die Vrees van die Here. Daar is ‘n groot verskil. Die persoon wat bang is vir Here het iets om weg te steek of waarvan hy nie wil afstand doen nie. Hy is bang om nader aan God te kom uit vrees dat dit wat hy wegsteek, ontbloot gaan word en dat hy sodoende dalk iets sleg mag oorkom. God wil nie dat ons bang vir Hom moet wees nie, maar wel dat ons Hom moet vrees.
Intimiteit met God (3)
Honger is die sleutel na ons intimiteit met God. Ons moet altyd onthou dat ons in beheer is van ons aptyt, en nie God nie. Ons kan nuwe aptyte en voorkeure (‘cravings’) aankweek. Daar is ‘n belangrike geestelike beginsel wat hier werk: Ons sal honger wees (‘lust’) na dit waarmee ons, onsself voed.
Intimiteit met God (2)
Die arme man het nakend in die begraafplaas rondgedwaal en het al moed opgegee dat iemand hom ooit sal help. Die beste van alles? Hy was waarskynlik nie 'n Jood nie, want in Gadara het hulle met varke geboer. Wat doen Jesus hierna? Hy gaan terug oor die meer, na waarmee Hy besig was. Daardie man was vir God belangrik genoeg dat Hy Sy Seun gevra het om alle bediening te stop en hom eers te gaan bevry. Dit is die waarde wat God aan hom geheg het. Hoeveel te meer ook aan jou!
Intimiteit met God (1)
Elkeen van ons ken iemand wat ‘n spesiale plekkie in jou hart het en by wie dit altyd lekker is om te gaan kuier. Die lekkerste is natuurlik is so iemand jou uitnooi om te kom kuier! Ons doen dan sommer moeite om ander planne te maak sodat ons daardie afspraak kan nakom. In Jak 4:8 lees ons
Tipes Gebed: Die regte gebed op die regte tyd
Laat ek dit duidelik maak dat ek nie glo dat ons gebind is om spesifiek ‘n sekere gebed te resiteer vir ‘n sekere situasie nie. Nee! Ek glo dat die mees effektiewe gebed op ‘n spesifieke tydstip; die gebed is wat die Heiige Gees jou op daardie tydstip inspireer om te bid. Tog vind ek dat die Bybel duidelik leer oor verskillende soorte gebed met verskillende reëls.
Hoe om ‘n geestelike aanval te herken en af te weer (4)
Die tweede doelwit wat die duiwel in Eden bereik het, was om die mens se intimiteit met God te vernietig. Dit het die mens in isolasie geplaas en weggekeer van die Een wat hulle die liefste het. INTIMITEIT MET GOD “Every Christian needs a half-hour of prayer each day, except when he is busy, then he needs an hour.” - Francis de Sales
Hoe om ‘n geestelike aanval te herken en af te weer (3)
Baie effektief om jou vyand te verswak, sal die vyand nie skroom om jou te isoleer van jou hulpbronne (bv. finansies) of kommunikasie (bv. Vriende versaak jou skielik, kerk) nie. Jy mag ook dalk geneig raak om jouself af te sonder van ander in hierdie tyd. Gevoelens van hulpeloosheid en depressie (waarmee jy gewoonlik nie sukkel nie of wat erger is altyd) sal jou aanval. STRATEGIE:
Hoe om ‘n geestelike aanval te herken en af te weer (2)
Die duiwel en sy trawante hardloop nie net planloos rond en kyk waar hy/hulle kan kattewaad aanjaag nie. Hy het ‘n strategie vir elke situasie. Hy sal sy strategie gewoonlik op een van twee maniere laat uitspeel. Hierdie kennis stel ons in staat om ‘n aanval te herken