Die God van die Mier

Ek wil vandag begin deur te vra, “Kan jy God vertrou met jou hele lewe?”; en ek wil dit illustreer met drie verhale: Verhaal 1 – Die Mier, Die Gebed en Die Kontaklens In die Mei/Junie 1994 uitgawe van haar nuusbrief, het Elizabeth Elliot ’n artikel gepubliseer waarin Brenda Folz ’n byna ongelooflike ware verhaal … Lees meer Die God van die Mier

Vier Vyande van Geloof – Deel 1

Tommy Lessing 2017/08/20 Geleë in die hart van Amerika se Silicon Valley, is daar in die stad San Josè ‘n plek met die naam van ‘Santana Row’.  Santana Row is ‘n nuwerwetse tipe ‘mall’ wat amper 17 hektaar groot of so groot soos ongeveer 4 gemiddelde plotte of ‘n kleinerige plasie is. In plaas daarvan … Lees meer Vier Vyande van Geloof – Deel 1

Hoekom sukkel ek om God met my hele hart te vertrou?

Tommy Lessing 2017/07/09 Ek het ‘trust issues’, okay? Vir baie van ons is dit nie maklik om te vertrou nie. Ons word groot in ‘n samelewing waar jou woord lankal nie meer jou eer is nie. Tjekboeke is ‘n rariteit en vandag se jeug luister met verwondering na die ouer mense wat vertel van ‘n … Lees meer Hoekom sukkel ek om God met my hele hart te vertrou?

Die Swaard van die Here(1) – Herstel jou swaard

Vibrasies in die gees word veroorsaak wanneer ons intersessie doen en lofprysinge tot die Here sing. Intersessie beteken om’ iemand se saak te bepleit’. ‘n Goeie voorbeeld waar hierdie tipe swaard tot groot effek in die Bybel gebruik is, vind ons in 2 Kron 20. Drie groot leermagte het teen Juda saamgetrek om hulle uit te wis. Hulle leier, Josafat, het ‘n nasionale vasdag uitgeroep en die aangesig van die Here aangeroep vir hulp. Josafat het die volk se se saak voor God bepleit (intersessie). God het die gebed gehoor en profeties daarop geantwoord (‘rema’ woord). Hier is wat die volgende dag gebeur het:

Die Bloed van Jesus (1)

Elke keer wanneer ons die Nagmaal gebruik, beroep ons, onsself op die Nuwe Verbond wat Jesus gesluit het. Ons kan ons beroep op die uitspraak van God die Vader, en ons het al die gesag en wapens van Jesus self tot ons beskikking. Die gebruik van die Nagmaal is dus ‘n kragtige manier om kontak met die hemele te maak en om God aan Sy beloftes vir ons te herinner. Dit kan deurbrake bring wat al lank sluimer en dit kan selfs genesing bring

Intimiteit met God (1)

Elkeen van ons ken iemand wat ‘n spesiale plekkie in jou hart het en by wie dit altyd lekker is om te gaan kuier. Die lekkerste is natuurlik is so iemand jou uitnooi om te kom kuier! Ons doen dan sommer moeite om ander planne te maak sodat ons daardie afspraak kan nakom. In Jak 4:8 lees ons