Die eerste hoofpunt van ons teks vandag is ‘n opdrag: HARDLOOP! Alles wat verder in die sendbrief geskrywe word, ondersteun hierdie hoofpunt. Hardloop die wedloop… Moenie ronddwaal nie, moenie net saam sluip nie, moenie wegraak in die massas nie. Hardloop soos in ‘n wedloop met ‘n wenstreep en asof jou lewe daarvan afhang.