Sola Scriptura

Ons lewe in ’n tyd wat die gesag van die Heilige Woord van God al hoe meer bevraagteken word. Die Bybel word toenemend beskou as ’n boek met goeie lewenslesse, maar wat foute bevat en wat nie as die finale gesag alleen oor die Woord van God beskou kan word nie. Ons word vinnig 'n … Lees meer Sola Scriptura

God se Naam geopenbaar(2): Die Naam bo elke ander naam

Tommy Lessing 2017/07/30 Die Naam bo elke ander naam Ons het verlede week gesien hoedat Jesus, God se verbondsname op verskillende, kreatiewe maniere aan die mense geobenbaar het deur fisiese manifestasies daarvan. Hierdie week gaan ons kyk na die openbaring van ‘n naam wat baie besonders vir God is. Dit is die naam Jesus. Die … Lees meer God se Naam geopenbaar(2): Die Naam bo elke ander naam

Die Swaard van die Here (3): Gordel jou swaard

Stilte op die regte tyd, is ‘n voorbeeld van die gebruik van die Swaard van Stilte. Dit is ‘n ongesproke woord of ongeneemde aksie. Wanneer die situasie stilte vereis, behoort al jou wapens gegordel te wees.

In die gees word hierdie wapen gebruik wanneer ons, ons reg om onsself te verdedig, eenkant toe skuif in plaas daarvan om onsself te verdedig of te red. Dit gebeur wanneer ons onsself totaal oorgee aan God in die betrokke situasie. Jesus gebruik hierdie swaard wanneer hy voor die goewerneur gedaag word kort voor sy kruisiging. Hy het Sy reg om Homself te verdedig of te red, opgegee en Homself totaal op die Here gewerp om Hom deur te dra