Die Leer van die Doop

Ons is besig met ’n reeks oor die Doktrine van Christus en ons teksvers is uit Heb 6:1-2  Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in … Lees meer Die Leer van die Doop

Die Bloed van Jesus (2)

Ons sien dus dat bloed praat. Wanneer ons deur die Bybel lees, lyk dit of alle bloed met God praat. In hierdie geval het Abel se bloed om wraak geroep. Wanneer ons die Bloed van Jesus pleit, praat Sy Bloed met God en pleit dit vir genade, barmhartigheid en beskerming. Dit is beter dinge as wraak. Wanneer ‘n Christen die Bloed van Jesus hardop praat, sing of pleit, veroorsaak dit ook konsternasie in die geesteswêreld. Satan het baie moeite gedoen om die mens te verblind sodat hy nie die krag van die Bloed van Jesus raaksien nie. Vandag nog is daar baie mense wat sê dat hulle niks met ‘n ‘slagpale godsdiens’ te doen wil he nie. Daar is godsdienste sonder die Bloed (en daarom die Lewe) van Christus in dit. Daarteen het die Satan geen beswaar nie. Sodra ons egter aktief en daagliks die Bloed van Jesus gebruik en ons eie maak, is dit soos ‘n vuur in ‘n perdebynes.

Intimiteit met God (2)

Die arme man het nakend in die begraafplaas rondgedwaal en het al moed opgegee dat iemand hom ooit sal help. Die beste van alles? Hy was waarskynlik nie 'n Jood nie, want in Gadara het hulle met varke geboer. Wat doen Jesus hierna? Hy gaan terug oor die meer, na waarmee Hy besig was. Daardie man was vir God belangrik genoeg dat Hy Sy Seun gevra het om alle bediening te stop en hom eers te gaan bevry. Dit is die waarde wat God aan hom geheg het. Hoeveel te meer ook aan jou!