Die verhaal word vertel van ’n gevangene wat eendag tydens ’n uitreik, ’n Bybel ontvang het. Die bladsye van die Bybel was lekker sag en ideaal om sigarette mee te rol en die storie gaan dat hy elke dag ’n bladsy van die Bybel gelees het en daarna die betrokke bladsy uitgeskeur en ’n sigaret … Lees meer Apostels van Liefde
Vry om liefde te ontvang
Ons het verlede week gesien hoe vernietigend die effek van geeste wat beskuldig (‘accusing spirits’), in mense se lewens is. Hierdie sataniese aanvalle se hoofdoel is om die mens te isoleer van sy ondersteunings-basisse sodat hy weerloos word en dus maklik oorrompel kan word. Hulle fokus op drie vlakke van isolasie: Isolasie van God en … Lees meer Vry om liefde te ontvang
Kan mens nog jou naaste liefhê?
Ek en ’n paar manne gesels nou die dag oor die oënskynlike redelose geweld wat deesdae deel van ons alledaagse lewe geword het. Een van die manne vra my toe of ek, as bedienaar van die Woord, eerlik dink dat mens nog steeds jou naaste kan liefhê as mens lees en hoor van al die … Lees meer Kan mens nog jou naaste liefhê?
Geestelike Bewuswording
Het jy al ooit gesit en dink, 'daar moet meer wees in die lewe as die lewe wat ek ken?', ‘n dieper wete na die sin van die lewe, om te behoort en om ’n doel te hê waarvoor jy gebore is? Dit is heel waarskynlik ’n aanduiding dat daar ’n geestelike bewuswording by jou … Lees meer Geestelike Bewuswording
Die Vrug van die Gees (2)
Ons gaan voort met ons mini-reeks oor die Vrug van die Gees en ons teksvers is uit Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Wanneer ons die eerste gedeelte van hierdie vers lees, dan sien ons dat die vrug van die Gees is liefde. … Lees meer Die Vrug van die Gees (2)
Getugtig maar nie gestraf nie
En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. As julle die tugtiging verdra, … Lees meer Getugtig maar nie gestraf nie
My Verhouding met Jesus
Wanneer mense in ‘n verhouding moet staan met iemand wat hulle vrees of nie vertrou nie, is hulle meer geneig om ‘n veilige spasie binne die verhouding te probeer skep deur middel van allerhande reëls wat so ‘n verhouding moet reguleer. Om hierdie rede is vrees-gebaseerde verhoudings dikwels gestruktureerd, gebaseer op spesifieke doelwitte en is … Lees meer My Verhouding met Jesus
Drie Toetse van jou Geloof
Die enigste oorlewende van 'n skipbreuk het op 'n klein, onbewoonde eiland uitgespoel. Hy het angstig tot God gebid om hom te red, en elke dag het hy die horison vir hulp deursoek, maar niemand het gekom nie. Uitgeput, het hy uiteindelik daarin geslaag om 'n klein hut uit opdrifsels te bou om hom teen … Lees meer Drie Toetse van jou Geloof
Die Teenoorgestelde van Liefde is nie Haat nie
Waar hierdie virus werk, is daar nie meer langer ‘n doel om saam te wees nie. Dit vernietig redes om op te offer, doelwitte, jare en jare se opoffering en ploeg en hard werk.