Met Wie Identifiseer Jy?

Wat beteken dit om te identifiseer met iemand? Priester Al-Bazi van Irak het dit met ‘n skok uitgevind. Moslem terroriste het sy kerk en sy motor voor hom opgeblaas. Daarna het hulle sy tande, neus en sy rug met ‘n hamer gebreek. Identifikasie is nie net wanneer jou lewe in gevaar is nie. Wanneer jy vanaand saam met jou vriende kuier, met wie identifiseer jy?

Broei

Volgens die Strongs Konkordansie omvat die Hebreeuse woord vir oordink (ha-ga) die gedagte van ‘visualiseer, mediteer, prewel en hardop uitroep’. Ek hou van die belofte daaraan: “alles wat hy doen, voor hy voorspoedig uit.” Dit gee ook vir ons 4 leidrade oor hoe ons kan ‘broei’ of ‘rakaf’ oor ons gebede.

Geboortepyne

Persone wat baie in intersessie vir ander betrokke is, sal dikwels vertel dat hulle ‘n gebedslas vir ‘n sekere situasie of persoon sal ervaar. Dit raak soms so intens dat hulle nie kan bid met woorde nie, maar dat kreune en steune al is wat hulle kan uiter. Ander kere kan hulle wel bid, maar dit gaan gepaard met geestelike pyn en ongemak. Dit is wat ‘barensnood’ of in Engels ‘travail’ genoem word. Die Griekse woord daarvoor is oo-dien-oo en dit beteken ‘om letterlik die pyne van geboorte te voel’.

Gee ons meer geloof

Behoort ons bekommerd wees oor ons geloof.? Hoekom bekommerd? Want al die ander genadegawes van die Christen hang daarvan af. Het jy bv, al probeer om iemand lief te hê sonder om ook in daardie persoon te glo? In Heb 11:6 lees ons dat God ‘n beloner is van die wat hom soek. As jy nie kan glo dat God ‘n beloner is van die wat Hom soek nie, hoe kan jy Hom dan liefhê? Geloof kyk na die beloning van die daad en sê soos die Apostel Paulus vir die Romeine in Rom 8:28, Alle dinge werk ten goede vir die wat God liefhet.