James Dobson vertel die verhaal van 'n moeder wat siek in die bed was met griep. Haar dogtertjie wou so graag 'n goeie verpleegster vir haar wees. Sy het vir haar 'n ekstra kussing gebring en uit 'n tydskrif vir haar gelees. Kort daarna het sy haar selfs verras met ’n koppie tee. Nadat haar … Lees meer Ma-wees is nie maklik nie
Die Bonus Pastoor
Dit is ongewoon dat Jesus, uit al die metafore tot Sy beskikking, gekies het om homself te beskryf as die 'Goeie Herder'. In Jesus se tyd was herders deur die rabbi's gesien as een van die beroepe wat geen ordentlike Jood aan sy kinders behoort te leer nie. Selfs in die Middeleeue was herders beskou … Lees meer Die Bonus Pastoor
Die Profeet wat in die wêreld sou kom
In Johannes hoofstuk 6 lees ons van ‘n wonderwerk wat Jesus gedoen het. Dit is ‘n baie bekende verhaal wat byna alle Christene sal ken. Dit is die verhaal van die vermeerdering van die brode: Joh 6:1-14 Daarna het Jesus na die oorkant van die see van Galiléa, dit is, van Tibérias, gegaan; (2) en … Lees meer Die Profeet wat in die wêreld sou kom
Die Kompassie van Christus
Suid-Afrika is land vol geweld en onverdragsaamheid. Die mense in die land is verdeeld en kwaad. Ek lees verlede week in ‘n internet koerant dat die daaglikse sterftesyfer in ons land meer is as die van ‘n land wat in ‘n oorlog verkeer. Die blootstelling aan sinnelose geweld, bedrog, rowery en diefstal het ons emosies afgestomp. Baie van ons het hard en veroordelend begin raak. Dit is veral wanneer daar iemand van ‘n ander ras betrokke is.
Hoewel ons nie uniek is nie, is die effek op die Christene in die land duidelik sigbaar. Ek glo dat dit vir die Heilige Gees belangrik is om weer ons kompassie terug te wen.