Wat vrees ons dan regtig? Wat is dit in ons eie lewens wat Jesus se woorde vervul – mense se harte sal beswyk van vrees vir wat oor die wêreld kom?
Oorkom jou gees van vrees
Een van die sterkste geeste en emosies om te oorkom, is Vrees. Vrees is ook die eerste emosie wat die mens ervaar het nadat hy gesondig het. Voordat hy geweet het van haat, twis, of jaloesie, het die mens gevrees. Ons lees in Gen 3:8-10 "En hulle het die stem van die HERE God gehoor … Lees meer Oorkom jou gees van vrees
My Verhouding met Jesus
Wanneer mense in ‘n verhouding moet staan met iemand wat hulle vrees of nie vertrou nie, is hulle meer geneig om ‘n veilige spasie binne die verhouding te probeer skep deur middel van allerhande reëls wat so ‘n verhouding moet reguleer. Om hierdie rede is vrees-gebaseerde verhoudings dikwels gestruktureerd, gebaseer op spesifieke doelwitte en is … Lees meer My Verhouding met Jesus
Die Krag agter Jerigo
God het bonatuurlik ingegryp en vir Josua en die Israeliete gehelp om Jerigo in te neem. Jerigo was ‘n stad wat baie goed beskerm was. Dit was bekend as ‘n fort of ‘n vesting. Hy is nie net magtig om ons te help nie, Hy is ook gewillig om dit vir jou en vir my … Lees meer Die Krag agter Jerigo
God se Naam geopenbaar
Tommy Lessing 2017/02/23 In Johannes 17 vind ons een van die min opgetekende persoonlike gebede van Jesus. Ek glo dat daar baie seën vir ons in kan wees as ons die manier hoe Jesus gebid het, gebruik om daaruit te leer. Die trant van die gebed getuig van ‘n persoonlike, dog eerbiedige verhouding wat Jesus … Lees meer God se Naam geopenbaar
TWEE DUIWELS WAT ONS LEWENSVREUGDE STEEL
Daar kan tussen twee tipes Vrees onderskei word:
Gesonde eerbied of ontsag vir iemand of iets, bv. wanneer jy vir ‘n olifantbul weghardloop, of die vrees van die Here; en
Vrees as ‘n ongesonde emosie wat skade kan aanrig.
‘n Groot aantal siektes word veroorsaak deur ongesonde vrees, angs en langdurende spanning wat nie opgelos nie.
Intimiteit met God (4)
(Ex 20:20 AOV)
Moses het gesê, “Wees nie bevrees nie” want God wil “dat Sy vrees voor julle oë mag wees”. Dit klink soos ‘n teenstelling maar dit is nie. Moses het onderskei tussen Bang vir die Here en die Vrees van die Here. Daar is ‘n groot verskil.
Die persoon wat bang is vir Here het iets om weg te steek of waarvan hy nie wil afstand doen nie. Hy is bang om nader aan God te kom uit vrees dat dit wat hy wegsteek, ontbloot gaan word en dat hy sodoende dalk iets sleg mag oorkom.
God wil nie dat ons bang vir Hom moet wees nie, maar wel dat ons Hom moet vrees.