Jesus se verlore preek, die een wat Lukas nie vir ons neergeskrywe het nie; is juis die een wat vir ons hoop gee
Ongeloof
Iemand wat twyfel, is nie ten volle oortuig nie en kan nog oortuig word. So 'n persoon is onseker, nie ongelowig nie.
Ongeloof daarenteen, is 'n vrywillige keuse.
Sleutels tot Groot Geloof (1): Die Basis Van Ons Geloof
Die evangelis John Paton was baie jare gelede ‘n sendeling op die Hebrides eilande. Dit word vertel dat hy begin het om die Bybel in die plaaslike dialek te vertaal, maar hy kon net nie die regte woord vind om ‘geloof’ te beskryf nie. Eendag was hy op ‘n jagtog saam met sommige van dorpie se inwoners. Hulle het ‘n groot bok gejag en dit moeitevol met die bergpaadjie af na die dorpie toe gesleep. By die huis aangekom het die jagters hulle op sommige van die dekstoele op die stoel uitgestrek. Een jagter het uitgeroep, ‘Sjoe, dit is lekker om jouself hier uit te strek en te rus!’
John Paton het dadelik opgespring en die man se woorde neergeskryf. In sy finale vertaling van die Nuwe Testament was dit die woord wat hy gebruik het om die idee van vertroue en geloof oor te dra:
“Strek jouself uit op die Here Jesus Christus en jy sal gered word…” Hand 16:31
Hoe om te vat met die Vingers van Geloof (1) – Vra sonder twyfel
Hoewel elkeen dieselfde maat van geloof ontvang, is dit jou eie verantwoordelikheid wat jy daarmee doen. Hier dink ek aan die gelykenis van die talente. Ons doen soms met ons maat van geloof soos die een wat sy talent in die grond weggesteek het. Ons draai dit toe en steek dit weg: