Die verandering van hierdie sosiale norme word dikwels ‘vooruitgang’ genoem, maar wanneer mens terugkyk na die gemeenskappe 2000 jaar gelede, blyk dit eerder of dit dalk ‘agteruitgang’ genoem behoort te word...
Vry om liefde te ontvang
Ons het verlede week gesien hoe vernietigend die effek van geeste wat beskuldig (‘accusing spirits’), in mense se lewens is. Hierdie sataniese aanvalle se hoofdoel is om die mens te isoleer van sy ondersteunings-basisse sodat hy weerloos word en dus maklik oorrompel kan word. Hulle fokus op drie vlakke van isolasie: Isolasie van God en … Lees meer Vry om liefde te ontvang
Rasionele Geloof
’n Artikel van IOL vertel dat ’n man van Leeuwfontein, wat in 2016 deur die departement van binnelandse sake dood verklaar is, sê hy kan nie wag totdat die nasionale sluiting verlig nie sodat hy kan bewys dat hy leef. Nni Banny Banda (60) het sy eie doodsertifikaat ontvang toe hy na binnelandse sake se … Lees meer Rasionele Geloof
Liefde Wat Brand
‘n Bekende aanhaling wat aan die stigter van die Metodiste kerk, John Wesley, toegedig word, was sy antwoord toe hy om die geheim van sukses gevra was. Dit lui naastenby as volg: “I get alone with God. He sets me on fire with passion and enthusiasm and people come for miles to watch me burn!” … Lees meer Liefde Wat Brand
Honger na God
Was jy al ooit honger? Ek praat nie van maak-die-yskas-oop-en-kyk-wats-te-ete honger nie. Ek praat van regtig honger. Hongerder as wanneer een van jou bure in die middel van die week vleisbraai en julle net Salticracks en tee vir aandete gehad het. Nog hongerder as wat Esau was toe hy uit die veld gekom en sy … Lees meer Honger na God
Aan U behoort die koninkryk
Dit word vertel dat Louis Pasteur in 1938 uit Parys verban is omdat hy vertel het dat siektes deur kieme en bakterieë veroorsaak word en dat mens siektes kan keer deur inenting. Die mede-wetenskaplikes van sy tyd het minagtend gesê dat Pasteur se vertelling van ‘n wêreld wat te klein is om met die oog … Lees meer Aan U behoort die koninkryk
Vyande van Geloof – Deel 2
Tommy Lessing 2017/08/27 Vyand 2: Onkunde oor God Die tweede vyand van geloof is ‘onkunde oor God’. Ons lees hierdie bekende Skrif in Hos 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis… Is 'n gebrek aan kennis dan nie onkunde oor 'n spesifieke vakgebied nie? In die teksvers hierbo is dit Almagtige God … Lees meer Vyande van Geloof – Deel 2
Die Vaderskap van God
Tommy Lessing 2017/06/19 Ek het onlangs die verhaal gelees van iemand wat iets besonders vertel het oor haar pa se begrafnis. Sy vertel dat, nadat haar pa onverwags oorlede is, hulle almal in die kerk gesit het tydens die begrafnisdiens. Skielik het haar suster se selfoon in haar handsak vibreer. Sy het gewonder wie haar … Lees meer Die Vaderskap van God
Afgesonderd vir spesiale gebruik
Die bekende dr. Andrew Murray vertel dat die hoof van die sendingstasie by Wellington destyds tydens die opening daarvan iets gesê het wat hom altyd bygebly het:
“Toe ons verlede jaar byeen was, was dit om die fondasie te lê. En wat was daar om te sien? Net bourommel, bakstene en oorblyfsels van die ou gebou. Daar het ons die fondasie gelê, en net ‘n paar mense het geweet wat moes gebeur. Niemand het die nuwe gebou perfek in elke detail geken nie, behalwe een mens: die argitek. In sy gedagtes kon hy die hele gebou sien. Elke kontrakteur, bouer en werker het opdragte in gehoorsaamheid van hom geneem. Die struktuur is opgerig en uiteindelik het hierdie pragtige gebou tot stand gekom. Op dieselfde wyse is die opening van hierdie gebou vandag die eerste stap deur die Heilige Gees om ‘n nuwe werk op te rig en net Hy weet hoe dit uiteindelik gaan lyk.”