Wonderwerke – Wat is daar in jou hand?

In een van Europa se groot stede was daar jare gelede geadverteer dat 'n groot violis op 'n viool ter waarde van duisende rand sou speel. Die teater was stampvol op die afgespreekte aand. Baie mense het gekom om die duur viool te sien en om die musiek te hoor. Uiteindelik het die violis uitgekom … Lees meer Wonderwerke – Wat is daar in jou hand?

Die Laaste Boom

Tydens die Eerste Wêreldoorlog was Suid-Afrikaanse troepe opgeroep om die Britte te help in die oorlog in die dorp Longueval, Frankryk. Uit die meer as 4 000 troepe wat Delville Woud verdedig het, het slegs 750 oorleef. Die Suid-Afrikaanse brigade is beveel om die woud te beset om die Britse troepe te help beskerm wat … Lees meer Die Laaste Boom

Engele om Ons

Tommie Lessing 2016/11/20 Wanneer ons die Bybel ondersoek, vind ons dat die woord ‘engel’, in 110 verse in die Ou Testament en 99 verse in die Nuwe Testament, gevind word. Abraham, Jakob en Moses is bekende figure in Ou Testament wat almal deur engele bedien is. Engele word selfs gevind in die oudste boek in … Lees meer Engele om Ons

Wandel met God

Een ding wat ek gesien oor die Teenwoordigheid van God is dat dit mense laat soek na nog meer. Daar is min mense in die geskiedenis wat die teenwoordigheid van God so intens ervaar het as Moses. Hy het God in die brandende bos ervaar. Hy het Hom met die 10 plae in Egipte ervaar. Hy het God ervaar met die wonderbaarlike voorsiening in water en kos vir 3 miljoen mense in ‘n woestyn, vir 40 jaar lank. Hy het gesien hoedat God die Farao en sy weermag vernietig by die Rooi See. Hy het Hom ervaar in die vuur en donder op die berg Sinai.

Net ‘n bietjie tyd in God se Teenwoordigheid laat mens soek na nog meer.