Tommy Lessing

2016-05-08

Hemelvaartdag is vir baie mense nie ‘n belangrike dag, soos bv. Kersfees of Goeie Vrydag nie. Dit is ‘n dag waar ons dalk vir ‘n minuut of twee sal onthou wat die dag veronderstel is om te beteken, maar daarna gaan ons aan met ons lewens. Dit is nie eers ‘n vakansiedag nie.

Die Kerkvader St. Augustine het van Jesus se Hemelvaart gesê dat as die Verlosser nie opgevaar het na die hemele nie, dan het sy menswording, sy passie en sy opstanding geen betekenis nie. Jesus se Hemelvaart vorm dus ‘n belangrike deel van die Evangelie. Vandag gaan ons kyk na die betekenis van die Jesus se Hemelvaart. Ons Skrif is uit

Hand 1:9  En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

7 redes hoekom Hemelvaart belangrik is

Hoekom is die Hemelvaart dan so belangrik?

Eerstens is dit die finale daad wat Sy bediening op aarde voltooi. Hy het nie meer rede gehad om op aarde te bly nie. Op die kruis het Hy uitgeroep, ‘Tetelestai’ – dit is volbring! Hy het sy opdrag voltooi. Die mensdom het ‘n kans ontvang om gered te word van die ewige verderf.

Tweedens is dit die oomblik van Sy verhoging en die erkenning van Sy goddelikheid. Satan en die Dood is oorwin. Dit was die oomblik waarvan ons in Fillipense lees:

(Fil 2:10)  sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is

Derdens is dit die oomblik wat die aftelling begin het na die uitstorting van die Heilige Gees op Pinkster. Ons lees in

Joh 16:7  Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur

Vierde is dit wanneer Jesus gegaan om ‘n plek te berei vir ons. Ons lees in

Joh 14:2-3  In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.  En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Iemand van Joodse afkoms het aan my vertel dat hierdie woorde van Jesus deel gevorm het van die Joodse huwelikseremonie. Nadat die paartjie verloof geraak het, het die man hierdie woorde gespreek, waarna hy vir ‘n tyd na sy ouerhuis gegaan het en daar ‘n kamer gaan aanbou het waar hy met sy nuwe bruid kon woon. Na die voltooiing daarvan, het hy teruggekeer om haar te kom haal sodat sy ‘ook kon wees waar [hy] is’. Die ‘best man’ het intussen agtergebly en die bruid vir die bruidegom opgepas en beskerm. Dit is onder andere dan ook die werk van die Heilige Gees.

Vyfde is dit die dag waarop die opdrag om die Evangelie van Christus uit te dra, aan ons gegee is. Ons lees daarvan in

Hand 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Sesde is dit die dag waarop Jesus Sy verpligting as Hoëpriester opgeneem het. Hy sit nou aan God se regterhand waar Hy intree vir ons:

Heb 4:14-16   Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.  Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

As gevolg daarvan, lees ons in vers 16, kan ons “met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.”

Sewende en laastens, waarborg en verseker die Hemelvaart ook Jesus se Wederkoms:

Hand 1:10-11  En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,  wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.

Slot

Saamgeneem, is die Hemelvaart die klimaks van Jesus se koms en bediening op aarde. Sy goddelikheid is op daardie dag bevestig. Sy werk op aarde is voltooi, Hy het die Heilige Gees na ons gestuur om ons te help en op te pas terwyl Hy besig is om ‘n plek vir ons te berei. Hy het die verantwoordelikheid vir die verspreiding van die Goeie Nuus van die Koninkryk van God aan ons oorgedra. Self het Hy aan die regterhand van God Sy plek gaan inneem waar Hy intree vir ons. Ons sien dus dat die Hemelvaart nie maar net nog ‘n dag is nie. Dit is ‘n belangrike dag in die geskiedenis van ons as kinders van God.

2 thoughts on “Jesus se Hemelvaart

  1. Тhis design is wicked! You certainly know hߋw tߋ keep a reader amused.

    Between уour wit and your videos, I was аlmost moved to start my own Ƅlog (well, almost…HaHa!) Excelⅼent job.
    I really enjoyed what you had to say, ɑnd mоre than that, how you ρresented it.
    Too cool!

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.