Tommy Lessing

2016/05/01

Wanneer mense met God wandel, gebeur wonderlike dinge. Mense wat Hom beleef, se lewens verander onherroeplik. Met die Hebrides herlewing moes die donkies wat in die myne gewerk het, heropgelei word omdat mense met God leer wandel het. Die donkies het naamlik slegs die skelwoorde geken waarmee die mynwerkers met hulle gewerk het. Toe die mynwerkers tot bekering kom en nie meer gevloek het nie, het die donkies nie meer geweet wat om te doen nie. Hulle moes nuwe bevele leer ken voordat hulle verder in die myne kon werk. Wanneer iemand met God wandel, staan mense op uit die dood, fisies en geestelik. Biskop Ronald Coady en sy vrou het in Australië bedien in 1950. Hulle het by ‘n diakones met die naam van Mary tuisgegaan. Daar het hulle gelees van ‘n vrou genaamd Mary wat deur Smith Wigglesworth uit die dood opgewek is. Net toe hulle die wonderwerk opgewonde bespreek en wens dat hulle die vrou kon ontmoet, het hulle gasvrou die vertrek binnegekom. Sy het hulle gehoor en geantwoord dat hulle die vrou wel ken. Tot hulle verbasing en vreugde was dit hulle gasvrou wat uit die dood opgewek is. God het kom besoek en haar lewe onherroeplik verander. Die wonderwerk is bevestig deur ‘n mediese dokter wat teenwoordig was. F.F. Boshworth vertel van meer as 1000 gedokumenteerde wonderwerke wat plaasgevind het tydens sy bediening wêreldwyd. Kathryn Kuhlman se bediening van genesing het duisende mense aangeraak. Suster Maria Woodworth-Etter, Amy McPherson, Billy Graham, Reinhard Bonnke en oom Jacques en tannie Sannie de Ferrieres begin nie eers om die lys van bekendes wat met God gewandel het, te vul nie. Die Azusa straat herlewing het derduisende mense tot bekering sien kom. Deur dr. Andrew Murray en John. G. Lake se bedieninge het groot herlewings in Suid-Afrika uitgebreek.

Karakters uit die Bybel wat met God gewandel het

Adam en Eva (Gen 3:8) En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin.

Henog: (Gen 5:24) En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.

Noag: (Gen 6:9) Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ‘n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.

Abram: (Gen 17:1)  Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.

Dawid (2 Kron 7:17)  En wat jou betref, as jy wandel voor my aangesig soos jou vader Dawid gewandel het, deur naamlik te doen net soos Ek jou beveel het, en my insettinge en my verordeninge onderhou,

Jesus (Luk 2:52)  En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.

Petrus en die ander apostels, Paulus, Barnabas, Markus, dr. Lukas en ander bekende figure in die Nuwe Testament is almal bekend daarvoor dat hulle met God gewandel het.

Laat my U heerlikheid sien

Een ding wat ek gesien oor die Teenwoordigheid van God is dat dit mense laat soek na nog meer. Daar is min mense in die geskiedenis wat die teenwoordigheid van God so intens ervaar het as Moses. Hy het God in die brandende bos ervaar. Hy het Hom met die 10 plae in Egipte ervaar. Hy het God ervaar met die wonderbaarlike voorsiening in water en kos vir 3 miljoen mense in ‘n woestyn, vir 40 jaar lank. Hy het gesien hoedat God die Farao en sy weermag vernietig by die Rooi See. Hy het Hom ervaar in die vuur en donder op die berg Sinai.

Net ‘n bietjie tyd in God se Teenwoordigheid laat mens soek na nog meer. Dit is wat met Moses gebeur het. Hy het God op al hierdie plekke en maniere ervaar. Hulle verhouding wees iets besonders:

Ex 33:11  Dan spreek die HERE met Moses van aangesig tot aangesig soos ‘n man met sy vriend spreek.

Tog sien ons ‘n interessante verskynsel in Moses se verhouding met God: Daar was telkens ‘n wolk tussen God en Moses. Moses kon nie direk gemeenskap hou met God nie. Die wolk was God se beskerming vir Moses, want sonde kan nie in Sy Teenwoordigheid bestaan nie. Dit het Moses frustreer. Hy wou meer van God ervaar. Die wolk moes weg! Lees wat sê hy in Ex 33:18:  Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien.

Moses was desperaat in sy hongerte na God. God het vir Moses op ‘n wonderlike wyse ontmoet. God  begeer ook om dieselfde verhouding met jou te hê.

3 Maniere hoe jy met God kan leer wandel

1.      Aanbidding is ‘n leefstyl

Wanneer die Bybel praat van ‘wandel’, verwys dit dikwels na ‘n leefstyl. Ons kan bv ook wandel in die wee van die wêreld:

(Ef 2:2)  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk…

Om met God te wandel, beteken dat ons bewustelik kies om Hom te verheerlik en erken op elke moontlike wyse. Ontmoetinge met God moet nie net ‘n Sondag gebeurtenis wees nie, maar ‘n daaglikse, voortdurende bewustheid van Hom. Daardie bewustheid kweek ook die ‘vrees van die Here’.

2.      Beskerm die verhouding

Het jy al gedink hoe sal dit wees as jy en jou beste vriend gesels; en dan blaas hy kort-kort op ‘n vuvuzela terwyl jy praat? Of hy is die heeltyd besig op sy selfoon. Hoe sal dit vir jou voel? Dit is dieselfde in ons verhouding met God. Ons moet die verhouding beskerm deur te kies teen dinge wat voorheen nie so belangrik was nie. Wanneer jy ‘n beste vriend het, kies jy om nee te sê vir sommige dinge. Wanneer ons met God wandel, moet ons ook kies om nee te sê vir sommige dinge. Sy wil raak vir jou belangriker as die dinge van die wêreld, en jy moet leer kies om te doen wat Sy wil is.

3.      Sensitiweit vir die Heilige Gees

Deur sensitief te wees vir die Heilige Gees, vereis van ons om te leer luister. Sy Stem is daardie klein, stil stem wat mens net duidelik kan hoor wanneer die geluide van die dinge wat ons aandag aftrek, stil begin word. Ons kan oefen om meer sensitief vir Hom te raak deur op Hom te leer wag in ons stilte tye totdat ons Hom begin hoor. Dit is daardie sensitiwiteit wat ons lei na plekke en wat gebeur op tye wat wonderwerke laat gebeur.

Die Rus van die Here

Die Teenwoordigheid van God is nie ‘n plek wat ons kan besoek wanneer ons die behoefte het nie. Dit beweeg rond saam met ons:

(Exo 33:14)  And the Lord said, My Presence shall go with you, and I will give you rest.

Om te wandel met God sal aan ons vrede gee. Wandel met God begin wanneer ons ophou om te worstel en te strewe. Dit is dan nie langer om te swoeg om aan jou droom te bou nie. Luister wat sê die Bybel in Ps 127:1:  As die HERE die huis (jou visie of droom) nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.

As jy moeg is om te swoeg en te strewe, gee vandag oor aan God. Wandel met Hom, en Hy sal jou paaie voorspoedig maak (Spr 3:6). Kom ons bid saam:

Vader, ek is moeg geworstel en om te strewe. Leer my en help my sodat my droom en U droom dieselfde droom kan wees. Ek wil nie my eie huis of koninkryk bou nie, maar U sin. Wys my wat ek moet doen en hoe en wanneer ek dit moet doen. In U hande gee ek my lewe oor. Amen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.