Sleutels tot die Koninkryk van God

https://www.youtube.com/watch?v=He7W5RRsURo&t=3s Ons teksvers vir vandag is uit Mat 16:19  En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. Ons praat vandag … Lees meer Sleutels tot die Koninkryk van God

Die Bloedverbond

Ons teksvers is uit Heb 9:15  Daarom is Hy [Christus] ook die Middelaar van ‘n nuwe verbond. Sy dood het plaasgevind om mense te verlos van die oortredinge wat onder die eerste verbond begaan is, sodat dié wat geroep is, die beloofde ewige erfenis kan ontvang. Wanneer mens hierdie vers lees, dan val dit die … Lees meer Die Bloedverbond

Die Bloed van Jesus (2)

Ons sien dus dat bloed praat. Wanneer ons deur die Bybel lees, lyk dit of alle bloed met God praat.

In hierdie geval het Abel se bloed om wraak geroep. Wanneer ons die Bloed van Jesus pleit, praat Sy Bloed met God en pleit dit vir genade, barmhartigheid en beskerming. Dit is beter dinge as wraak.

Wanneer ‘n Christen die Bloed van Jesus hardop praat, sing of pleit, veroorsaak dit ook konsternasie in die geesteswêreld. Satan het baie moeite gedoen om die mens te verblind sodat hy nie die krag van die Bloed van Jesus raaksien nie. Vandag nog is daar baie mense wat sê dat hulle niks met ‘n ‘slagpale godsdiens’ te doen wil he nie. Daar is godsdienste sonder die Bloed (en daarom die Lewe) van Christus in dit. Daarteen het die Satan geen beswaar nie.

Sodra ons egter aktief en daagliks die Bloed van Jesus gebruik en ons eie maak, is dit soos ‘n vuur in ‘n perdebynes.

Die Bloed van Jesus (1)

Elke keer wanneer ons die Nagmaal gebruik, beroep ons, onsself op die Nuwe Verbond wat Jesus gesluit het. Ons kan ons beroep op die uitspraak van God die Vader, en ons het al die gesag en wapens van Jesus self tot ons beskikking.

Die gebruik van die Nagmaal is dus ‘n kragtige manier om kontak met die hemele te maak en om God aan Sy beloftes vir ons te herinner. Dit kan deurbrake bring wat al lank sluimer en dit kan selfs genesing bring