https://www.youtube.com/watch?v=vvrwAugTEuE&t=18s Nadat ons op Goeie Vrydag die Brood van die Lewe van nader bekyk het, was dit vir my net paslik dat ons vandag baie kortliks kyk na wat tydens ‘n Joodse Paasfees ete of Seder plaasvind, sodat ons beter kan verstaan wat eintlik gebeur het toe Jesus die nagmaal ingestel het. Die eerste beker … Lees meer Die Derde Beker
Ek is die Brood van die Lewe
https://www.youtube.com/watch?v=Fvi9UcSpsLY&t=1008s In 'n tradisionele Joodse huisgesin tydens Paasfees plaas die vader van die huis, drie ongesuurde broodjies (matzot) in 'n doek. Die middelste van die drie stukke is gebreek. Een deel word met die oorblywende twee broodjies in ’n doek toegedraai, en die ander gebreekte deel word versteek. Die Joodse volk het baie sienings oor … Lees meer Ek is die Brood van die Lewe
Die Fees van Hoop
Vandag, op Opstanding Sondag, vier ons Jesus Christus se opstanding uit die graf en Sy oorwinning oor die dood. Sommige van ons broeders en susters herinner ons wanneer Kersfees naby kom: Geseënde Christusfees! Die Fees van Opstanding Sondag, glo ek, is op 'n manier die eerste Christus Fees! Sonder die opstanding van Christus is daar … Lees meer Die Fees van Hoop
Jesus en Paasfees
Die graf was egter leeg. Die Eersteling het opgestaan op die eerste dag van die Fees van Eerstelinge!
Ons kan daarom nagmaal hou met die wonderlike versekering:
Laat ons dan met vrymoedigheid na die Troon van die Genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word. (Heb 4:16)
Die Grootste Geveg
Oor die kruisiging van Jesus lees ons in Matt 27:45-46
En van die sesde uur af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur toe; en omtrent die negende uur het Jesus met ‘n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
Die duisternis was die eerste manifestasie van ‘n groot geestelike geveg wat begin het. Net na die duisternis het Jesus triomfantelik in ‘n groot stem geroep, “Tetelestai!”, wat as dit vertaal word, beteken “Dit is volbring!” Waaroor was Jesus dan so triomfantelik? Die prys vir sonde was vir die mensdom betaal. Hy wat geen sonde geken het nie, is ons sondes toegereken, sodat ons as die geregtigheid van Christus gereken kan word. Die sonde was gestraf, maar aan die sondaar was genade betoon.