‘n Voortreflike gees

Ek lees onlangs ’n artikel waar Paul Harvey die verhaal vertel het van 'n vrou wat die verbruikerslyn gekontak het en gevra het of sy nog ’n kalkoen wat al 23 jaar in haar vrieskas was, kon kook. Hulle het toe gesê dat dit nog reg sou wees om te eet mits die vrieskas vir … Lees meer ‘n Voortreflike gees

Die sluimerende gees

Tommy Lessing 2017/08/06 Wie van julle kan die verhaal van Sneeuwitjie of die Slapende Skoonheid onthou? Aan die einde van die verhaal het die pragtige prinses in ‘n diepe slaap geval. Na ‘n lang tyd het ‘n aantreklike prins haar gesien en lief geword vir haar. Op ‘n dag het hy haar gesoen en het … Lees meer Die sluimerende gees

Die Swaard van die Here (2): Gebruik jou swaard

Hoewel die ‘swaard van die Gees’, die woord van God is, beteken dit nie dat die blote besit van ‘n Bybel jou die besitter van ‘n swaard maak nie. Iemand sonder ‘n Bybel, maar wat verskeie Skrifte goed ken; kan byvoorbeeld baie meer effektief sy ‘swaard van die Gees’ gebruik as iemand wat ‘n Bybel besit maar dit swak of glad nie ken nie. Dit is waarom dit so belangrik is om die versies wat jy wel ken, op praktiese maniere te kan toepas.

Die Bloed van Jesus (2)

Ons sien dus dat bloed praat. Wanneer ons deur die Bybel lees, lyk dit of alle bloed met God praat.

In hierdie geval het Abel se bloed om wraak geroep. Wanneer ons die Bloed van Jesus pleit, praat Sy Bloed met God en pleit dit vir genade, barmhartigheid en beskerming. Dit is beter dinge as wraak.

Wanneer ‘n Christen die Bloed van Jesus hardop praat, sing of pleit, veroorsaak dit ook konsternasie in die geesteswêreld. Satan het baie moeite gedoen om die mens te verblind sodat hy nie die krag van die Bloed van Jesus raaksien nie. Vandag nog is daar baie mense wat sê dat hulle niks met ‘n ‘slagpale godsdiens’ te doen wil he nie. Daar is godsdienste sonder die Bloed (en daarom die Lewe) van Christus in dit. Daarteen het die Satan geen beswaar nie.

Sodra ons egter aktief en daagliks die Bloed van Jesus gebruik en ons eie maak, is dit soos ‘n vuur in ‘n perdebynes.

Intimiteit met God (2)

Die arme man het nakend in die begraafplaas rondgedwaal en het al moed opgegee dat iemand hom ooit sal help. Die beste van alles? Hy was waarskynlik nie 'n Jood nie, want in Gadara het hulle met varke geboer. Wat doen Jesus hierna? Hy gaan terug oor die meer, na waarmee Hy besig was.

Daardie man was vir God belangrik genoeg dat Hy Sy Seun gevra het om alle bediening te stop en hom eers te gaan bevry. Dit is die waarde wat God aan hom geheg het. Hoeveel te meer ook aan jou!