Wag op die Here

Jesus het sy dissipels gewaarsku: moenie meegevoer raak en in geloof die hele Jerusalem probeer bekeer nie. Dit gaan nie werk nie! : "Wag eers op die Heilige Gees. Wanneer Hy oor julle kom, sal julle krag ontvang. Eers dan sal julle my getuies wees." Die sleutelwoord was ‘WAG’. Hoekom moes die dissipels so lank wag? Dit is een van die geheime van God. Dit is duideik dat die hemele voorbereid was en gewag het op hierdie oomblik. Die Heiige Gees was gereed. Alles was gereed. Tog moes die dissipels vir tien dae wag voordat hulle die Heilige Gees ontvang het. Toe die Heilige Gees egter beweeg het, het niemand daaroor gewonder nie. Almal het beslis geweet. Jy kon dit nie mis nie. Daarna het dinge gebeur amper sonder enige moeite van die dissipels.

Die Heilige Gees en Pinkster

Party mense sien die Heilige Gees is ‘n soort mistieke mag of krag. Die siening word veral versterk omdat ons lees dat die Heilige Gees soos vlamme op mense se koppe gaan sit het. Wanneer ons egter die Woord bestudeer, sien ons dat Hy ‘n Persoon is. Hy is die derde Persoon van die Drie-enige God. Reeds in Gen 1:1 lees ons van Hom. Hy is nie meer Here of minder Here as wat Jesus of God die Vader is nie. Ons het geleer dat Jesus die Here is, maar Paulus noem ook die Heilige Gees “Here”.

Jesus se Hemelvaart

Die Hemelvaart is die klimaks van Jesus se koms en bediening op aarde. Sy goddelikheid is op daardie dag bevestig. Sy werk op aarde is voltooi, Hy het die Heilige Gees na ons gestuur om ons te help en op te pas terwyl Hy besig is om ‘n plek vir ons te berei. Hy het die verantwoordelikheid vir die verspreiding van die Goeie Nuus van die Koninkryk van God aan ons oorgedra. Self het Hy aan die regterhand van God Sy plek gaan inneem waar Hy intree vir ons. Ons sien dus dat die Hemelvaart nie maar net nog ‘n dag is nie. Dit is ‘n belangrike dag in die geskiedenis van ons as kinders van God.

Wandel met God

Een ding wat ek gesien oor die Teenwoordigheid van God is dat dit mense laat soek na nog meer. Daar is min mense in die geskiedenis wat die teenwoordigheid van God so intens ervaar het as Moses. Hy het God in die brandende bos ervaar. Hy het Hom met die 10 plae in Egipte ervaar. Hy het God ervaar met die wonderbaarlike voorsiening in water en kos vir 3 miljoen mense in ‘n woestyn, vir 40 jaar lank. Hy het gesien hoedat God die Farao en sy weermag vernietig by die Rooi See. Hy het Hom ervaar in die vuur en donder op die berg Sinai. Net ‘n bietjie tyd in God se Teenwoordigheid laat mens soek na nog meer.