Gebed is soos om Tieners te hê

Wie van julle het al gesien hoe totaal ‘n kind homself kan oorgee aan sy ouers se voorsiening? Veral tieners kan ‘n yskas en koskas so erg stroop dat die ouers soms wonder wat van al die kos geword het. Tog het ek nog nooit ‘n kind elke dag op sy kniee voor sy ouers gesien smeek, ‘Gee groot asseblief vandag vir my kos en klere en slaapplek’ nie. Kinders aanvaar sulke dinge as vanselfsprekend. Wanneer hulle dit nodig het, sal dit maar daar wees. Ons leer in die Woord dat ons op dieselfde wyse die Here moet vertrou vir ons lewensnoodsaaklikhede.

Afgedwingde Genade

Wanneer daar ‘n oorlog plaasgevind het, is die nasie wat oorwin is, onwillig om onder die heerskappy van die oorwinnaars te buig. Daarom moet die nuwe reels en wette afgedwing word. Die bevolking moet verplig word om die knie te buig voor die oorwinnaars. Dit is dieselfde met die koninkryk van duisternis. Hulle is onwillig om die nuwe reëls sommer net te aanvaar. Dit moet afgdewing word. Ons lees in Rom 5: 20-21 van die Heerskappy van Genade

Ken die stem van jou gees

Gilbert Stuart was ‘n beroemde skilder wat bekend was vir die helder kleure wat hy gebruik het wanneer hy skilder. Eendag het Benjamin West, ‘n mede skilder wat ook beroemd was, met sy studente gesels oor Gilbert Staurt. “Dit help nie om Stuart se verf te steel nie.” het hy gesê. “As jy soos Stuart wil skilder, moet jy sy oë steel!” Dit is dieselfde wanneer ons so hard probeer om soos Jesus te lewe, maar dit nie regkry nie. Ons kan nie die helder kleure waarmee Hy gelewe het, na-aap en dink dit gaan werk nie. Om soos Jesus te lewe, het ons Sy aard en Sy natuur binne ons nodig, sodat ons soos Hy kan sien en dink. Sonder die Heilige Gees hier binne kan ons nie soos Christus daar buite lewe nie.

Sleutels tot Groot Geloof (1): Die Basis Van Ons Geloof

Die evangelis John Paton was baie jare gelede ‘n sendeling op die Hebrides eilande. Dit word vertel dat hy begin het om die Bybel in die plaaslike dialek te vertaal, maar hy kon net nie die regte woord vind om ‘geloof’ te beskryf nie. Eendag was hy op ‘n jagtog saam met sommige van dorpie se inwoners. Hulle het ‘n groot bok gejag en dit moeitevol met die bergpaadjie af na die dorpie toe gesleep. By die huis aangekom het die jagters hulle op sommige van die dekstoele op die stoel uitgestrek. Een jagter het uitgeroep, ‘Sjoe, dit is lekker om jouself hier uit te strek en te rus!’ John Paton het dadelik opgespring en die man se woorde neergeskryf. In sy finale vertaling van die Nuwe Testament was dit die woord wat hy gebruik het om die idee van vertroue en geloof oor te dra: “Strek jouself uit op die Here Jesus Christus en jy sal gered word…” Hand 16:31