Jesus en Paasfees

Die graf was egter leeg. Die Eersteling het opgestaan op die eerste dag van die Fees van Eerstelinge! Ons kan daarom nagmaal hou met die wonderlike versekering: Laat ons dan met vrymoedigheid na die Troon van die Genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word. (Heb 4:16)

Die Graf is Leeg – ‘n Apologie

Iemand kan nie opstaan uit die dood as hy nie in die eerste plek dood is nie. As die persoon in ‘n skyndood of ‘n koma was, sal dit nie tel nie. Paulus het hierdie feit self erken. Jesus se kruisdood staan daarom sentraal. Is die kruisdood dan ‘n historiese feit? Hoe kan ons so seker wees daarvan? Ons kan seker wees daarvan want die bewyse en getuienis daarvoor is oorweldigend, selfs vir agnotici en skeptici wat die geskiedenis bestudeer het. Kom lees gerus saam!

Die Grootste Geveg

Oor die kruisiging van Jesus lees ons in Matt 27:45-46 En van die sesde uur af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur toe; en omtrent die negende uur het Jesus met ‘n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? Die duisternis was die eerste manifestasie van ‘n groot geestelike geveg wat begin het. Net na die duisternis het Jesus triomfantelik in ‘n groot stem geroep, “Tetelestai!”, wat as dit vertaal word, beteken “Dit is volbring!” Waaroor was Jesus dan so triomfantelik? Die prys vir sonde was vir die mensdom betaal. Hy wat geen sonde geken het nie, is ons sondes toegereken, sodat ons as die geregtigheid van Christus gereken kan word. Die sonde was gestraf, maar aan die sondaar was genade betoon.