Hierdie is ‘n inisiatief om ons bediening te help ondersteun terwyl ons ‘n kwaliteit produk aanbied om jou te help met die bereddering van jou boedel met die minste ongerief vir jou naasbestaandes. Dink asseblief daaraan om ons te ondersteun. Baie dankie!

WAT GAAN DIT JOU NAASBESTAANDES KOS INDIEN JY SKIELIK SOU AFSTERWE?

Die oorgrote meerderheid van ons land se inwoners het of nie ’n testament nie of dit is verouderd en moet opgedateer word. Daarby maak bitter min testamente voldoende voorsiening vir die afhandeling van die boedel, bv. jou gade erf die huis maar jou helfte van die huis moet op hom/haar naam oorgedra word en jy het nooit gedink aan die oordragkostes wat hulle in kontant daarvoor beskikbaar moet hê nie.

DIT IS VAN DIE FOOIE WAT JOU FAMILIE MOET DEK:

‘Watse fooie?’, vra jy. Hier is die top 5 fooie wat jou familie moet dek met jou afsterwe:

PRAAT MET ONS!

Hierdie fooie vreet aan die nalatenskap wat jy van plan is om agter te laat. Moenie jou gade of gesin belas nie. Beskerm jou nalatenskap nou, terwyl jy nog kan! Capital Legacy bied ’n een-stop opsie waar daar planne in plek is om die hele proses so pynloos as moontlik te maak terwyl jou gesin besig is om te rou:

  • Gratis opstel en berging van testament
  • In-huis span kundiges hanteer elke aspek van jou boedel, wat insluit die oprigting van ’n trust indien nodig
  • Daar is opsies in plek om al die bogenoemde uitgawes te ondervang sonder dat aan jou boedel geraak word, vir ’n minimale bedrag per maand
  • Daar is bv. voorsiening vir ’n kontant bedrag wat binne 48 uur uitbetaal aan jou naasbestaandes.
  • Daar is ook ’n opsie om jou salaris of ’n gedeelte daarvan, vir tot 6 maande na jou afsterwe, aan jou naasbestaandes uit te betaal terwyl die afhandeling van die boedel nog in proses is. Sodoende is daar kontantvloei beskikbaar vir die maandelikse lopende verpligtinge soos water en elektrisiteit, huur ens.

Kontak my deur ’n boodskap aan die onderkant van hierdie blog te laat of Whatsapp my vir ’n afspraak en een van ons kundiges kom sien jou persoonlik, per zoom sessie of telefonies om ’n produk saam te stel wat by jou unieke omstandighede sal pas. My nommer is op die video’s beskikbaar.

Hier volg n beskrywing van die onderskeie uitgawes wat tydens jou afsterwe betaalbaar mag raak (die lys is nie noodwendig volledig nie):

EKSEKUTEURSFOOIE

Dit is die standaardfooi wat deur die Eksekuteur of hulpverlener gehef word om jou boedel af te handel. ‘n Maksimum van 3,5% + BTW van jou boedel word gehef. Voorbeeld: ‘n Boedel ter waarde van R3 miljoen betaal R120 750 aan fooie.

AKTEBESORGER EN OORDRAGFOOIE

Dit is die fooi wat deur die Aktebesorger gehef word wanneer eiendom oorgedra moet word, bv. indien jou kinders die huis erf en dit op hulle name oorgedra moet word. ‘n Huis ter waarde van
R1 850 000 wat aan ‘n begunstigde oorgedra word, kos R30 544 aan oordragfooie. Dit is kontant wat jou gade of kinders moet neersit maar gewoonlik nie het nie.

TRUSTFOOIE

Dit is die fooi wat deur die Trustees gehef word om die Trust wat jou in terme van jou testament skep, te administreer, normaalweg om na die geld wat jou aan jou minderjarige Kinders agterlaat, te versorg. Gemiddeld word 1,15% van die netto batewaarde gehef om die Trust tot stand te bring, en 1,6% word jaarliks ​​gehef vir die voortgesette administrasie van die Trust. Voorbeeld: Die totale koste met R1,5 miljoen aan bates oor 15 jaar is R377 250.

MEESTERSFOOIE

Die fooi wat aan die Meester van die Hooggeregshof betaal word vir hul vervulling van hul rol in die administrasie van jou boedel.

KORRESPONDENSIEFOOIE

Gelde verbonde aan korrespondensie met die Meester van die Hooggeregshof.

UITKLARINGSFOOIE

Een van die vereistes om ‘n eiendom oor te dra, is die verkryging van ‘n klaringsertifikaat van die stadsraad of munisipaliteit. Dit sal slegs uitgereik word indien die tariewe en belasting vooraf betaal word. Sommige gebiede benodig tot 6 maande vooruitbetaling – geld wat jou naasbestaandes in kontant moet uithaal of anders is hulle verplig om jou bates te gelde te begin maak.

ADVERTENSIEKOSTE

Twee advertensies moet in ‘n plaaslike koerant en in die Staatskoerant geplaas word. Die koste kan wissel tussen R1 000 en R1 500, afhangende van die gekose publikasie.

BELASTING OP ERFLATINGS

Nie alleen sal alle uitstaande belasting uit die boedel betaal moet word voordat dit gefinaliseer kan word nie, maar die eksekuteur sal moet vasstel of kapitaalwinsbelasting (KWB) of boedelbelasting by die dood betaalbaar is.

LOPENDE REKENINGE

Mediese fondse, skoolgelde, motorversekering, water, ligte, tariewe, ens. moet steeds betaal word, alhoewel jou bankrekeninge gevries is.

ANDER ONMIDDELLIKE UITGAWES

Dit is die kostes verbonde aan die reël van ‘n begrafnis soos spyseniering, reis- en ander uitgawes.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.