Van duikbote en ruimtereise

Wie van julle het al van Eighty Days Around the World gehoor? Baie van ons het al minstens ‘n fliek of strokiesprent daaroor gekyk. Dit is ‘n baie bekende verhaal waarvan baie mens al gehoor het. Jules Verne, wat Eighty Days geskryf het, was ‘n bekende skrywer in die laat negentiende eeu. Hy was bekend vir sy wetenskapfiksie en sy vermoë om dinge buite die normale verbeelding te sien. Mense onthou hom ook  vir Twenty Thousand Leagues Under the Sea.

Jules Verne het oor ruimte-, lug- en onderwaterreise geskryf nog lank voordat mense vliegtuie en duikbote uitgevind het of na die ruimte kon vlieg. Hy is naas Agatha Christie die tweede mees vertaalde skrywer van alle tye. Mense verwys dikwels na Verne saam met Herbert George Wells as die “vader van wetenskapfiksie.”

In ‘n wêreld voor vliegtuie het Verne geskryf van ruimtereise en ‘n reis na die maan. Skepe was toe net besig om van seil na stoomkrag te verander, maar Verne het geskryf van ‘n duikboot wat deur ‘n vreemde mag aangedryf is — hy het kernkrag voorspel. Die mense van Jules Verne se dag het nie geglo dat enige van die dinge waaroor hy geskryf het ooit sou gebeur nie, want dit was buite die grense van hulle verbeelding.

Soos wat julle sekerlik al agtergekom het, het mense nie net mooi en goeie verbeeldings nie, maar ook wat minder goed is. Donker dinge soos om mense wreed te vermoor of te verkrag of te verlei, begin gewoonlik met ‘n gedagte wat, as daar oor gedink word, naderhand ‘n fantasie word. Daardie fantasie groei dan totdat hulle dit in detail begin uitwerk en dit in ‘n finale ansgwekkende stap, tot vrug bring (sien Jak 1:14-15).

Ek het dalk na iets ekstreem verwys, maar almal van ons dink soms donker gedagtes en fanataseer selfs daaroor, soos om iemand wat jou te na gekom het, terug te kry op ‘n wrede manier ens. Gelukkig kom die meeste daarvan nooit tot vrug nie, maar ons fantaseer tog dikwels daaroor. Daarmee saam kom ook negatiewe oortuigings oor sekere dinge, wat ons vas glo dat dit die waarheid is.  Hoeveel van julle ken nie bv. iemand wat vir die dood nie onderdeur ‘n leer sal loop nie, of wat glo dat hulle net nie gebore is vir geluk of goeie dinge nie? Hulle glo dit net so vas of selfs meer as wat hulle die Evangelie glo. Dit is donker gedagtes wat in vesting verander het en is dan baie moeilik vir hulle om van te verander.

Ons onderwerp vir vandag is ‘Vestings en Donker gedagtes’ en ons teksvers is uit

2 Kor 10:3-5  Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;  (4)  want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,  (5)  terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus…

2Co 10:3-5  For though we walk in the flesh, we do not war after the flesh:  (4)  (For the weapons of our warfare are not carnal, but mighty through God to the pulling down of strong holds;)  (5)  Casting down imaginations, and every high thing that exalteth itself against the knowledge of God, and bringing into captivity every thought to the obedience of Christ;

Ons Verbeelding

Verbeelding is die vermoë om met die verstand te sien wat jy nie met jou natuurlike oë kan sien nie.

Een van die Hebreeuse woorde vir verbeelding is ‘zamam’ wat ‘n vormering of konsepsie beteken. Die menslike verstand word basies in twee verdeel: die geheue- en verbeelding kompartemente. Met die geheue gee ons gebeure van die verlede weer; en met die verbeelding visualiseer ons die uitkomste wat ons in die toekoms verlang. Hier is drie tipes verbeelding:

Ydele verbeelding (vain imaginations): Die woord ydel beteken nutteloos; iets wat geen resultaat lewer nie. Die Bybel sê omdat sommige mense weier om God te verheerlik, het hulle ydel geword in hulle verbeelding, en hulle dwase harte het verduister geword (Romeine 1:21). ‘n Onwedergebore persoon wat weier om genoeg ruimte aan God in sy of haar gedagtes te gee, val in hierdie kategorie. ‘n Bose verstand wat deur bose magte beheer word, val ook in hierdie kategorie. Hierdie soort verbeelding produseer bose uitkomste wat gevaarlik en nadelig vir die mensdom is.

Vrugbare verbeelding: Dit is produktiewe verbeelding. Dit is die verstand wat die krag van verbeelding wat daarbinne woon, benut. Ons bereik goeie uitkomste wanneer daar ooreenstemming is tussen die beelde wat ons binne dra en die woorde wat ons spreek.

Goddelike verbeelding: Dit is goddelike drome en visioene. Dit is beelde wat God self in die doeke van die verstand skilder. Hy het vir Abraham baie sterre in die nag gewys en vir hom gesê sy nageslag sal so talryk wees soos die sterre van die uitspansel (Genesis 15:5-6).

Ons verbeelding is ons geestelike baarmoeder. Soos die moederhen wat op sy kuikens sit voordat hulle uitbroei, word ons ook swanger en broei dinge binne ons uit voordat dit manifesteer. God het ons ‘n verbeelding gegee om te help in ons wandel met Hom. Soos ons daagliks Sy grootheid, Sy Heiligheid, Sy dade voorstel, sal Hy verheerlik word in ons lewens.  Alles waarop ons fokus, kry gestalte in ons lewens.

Vestings

Ons moet ook besef dat ons oortuigings (die dinge wat ons glo oor onsself, andere en die omgewing) die kapasiteit het om ons siek te maak of ons gesond te maak. Navorsing het bewys dat die dinge wat ons as die waarheid glo, selfs ons immuunstelsels beïnvloed. Selfs nou, op hierdie oomblik, vorm jou persoonlike oortuigings hoe jy reageer op wat jy sopas gelees het en wat jy gaan doen met dit wat jy hier lees. Soms ontwikkel ons oortuigings wat ons inperk of sterk standpunte binne ‘n baie spesifieke konteks: byvoorbeeld hoe ons voel oor ons vermoë om te sing of dans, ‘n motor te herstel, of wiskunde te doen. Ander oortuigings is so veralgemeen dat hulle eintlik elke aspek van ons lewens oorheers, hetsy negatief of positief.

Neem byvoorbeeld die uiteenlopende dinge wat mense glo oor iets so eenvoudig as om ‘n motorfiets te ry of selfs te besit. Wanneer ons onwrikbaar sterk aan iets glo, dan noem ons daardie oortuiging ‘n vesting. ‘n Vesting is, net soos ‘n middeleeuse kasteel, moeilik om binne te dring en omver te gooi. Sê nou maar jy glo dat jy moeilik vriende maak. Jy het ‘n paar voorbeelde uit die verlede wat jy gebruik om jou oortuiging hieroor, te versterk. Indien jy dit baie sterk glo, sal selfs ‘n opgeleide persoon soos ‘n sielkundige, jou moeilik anders kan oortuig. Dit het nou ‘n vesting in jou gedagtes geword.

Die ‘gees van jou verstand’

God het jou gees, siel en liggaam geskep. Net soos God, is jy ‘n drie-enige wese. Met jou gees is jy verbind met die onsigbare geesteswêreld, met jou liggaam met die natuurlike wêreld, en met jou siel aan die wonderlike wêreld van jou verbeelding.

Toe jy wedergebore is, het jou gees ‘n “nuwe skepsel in Christus Jesus” geword. Jou liggaam en siel het egter onveranderd gebly. Hulle het hulp van jou nodig. Jy verstaan bv. ​​dat oefening en dieet is goed vir jou liggaamgesondheid, maar wat van die gesondheid van jou siel?

‘n Persoon kan wedergebore wees, fisies fiks, en tog geweldig binne hul verstand ly – dink bv. aan iemand wat erg OCD is en hoe dit hulle lewens kan bemoeilik.

Jou siel huisves jou verstand, emosie, verbeelding, redenasie en intellek. Die oorlogvoering wat jou gedagtes aanval, werk in jou siel, veral in jou gedagtes lewe en binne jou verbeelding. God het jou die vermoë gegee om ‘alle dinge as moontlik’ te sien binne jou verbeelding. Satan verstaan ​​hoe God jou geskep het en sal jou verbeelding en jou onkunde van God se Woord teen jou gebruik. Een van die mensdom se grootste stryd is geestelike oorlogvoering teen korrupte gedagtes en donker verbeeldings.

Jou verbeeling is ‘n werklik plek wat soms die ‘gees van jou verstand’ genoem word, die wêreld van jou  onsigbare binneste. Die gees van jou verstand het niks te doen nie met jou wedergebore gees nie. Die gees van jou verstand is binne jou siel. Jou verbeelding is kragtig in die sin dat dit die dinge waaroor jy baie nadink of oor fantaseer, kan inkubeer totdat dit realiteit word – hetsy goed of sleg.

Iets wat net binne die verbeelding bestaan is ‘n virtuele wêreld wat nie werklik is nie totdat daar opgetree word. Verbeeldings skep werklikheid, selfs bose werklikheid. Daar is meer as 400 000 geregistreerde seks oortreders. Die pornografiebedryf, aangevuur deur vleeslike wellus en seksuele fantasie, is groter as die gekombineerde inkomste van Microsoft, Google, Amazon, eBay, Yahoo en Apple. Bestuur deur donker verbeeldings, is hierdie  smut is ‘n $1miljard industrie in Noord-Amerika alleen.

Ontwerp deur goddelose meesterbreine, is pornografie die skepping en verspreiding van seksueel onwettige beelde wat geen literêre of artistieke waarde nie – ‘n presiese beskrywing van ‘n ydele verbeelding of vain imagination. Deur erotika, gebruik Satan die verbeelding van die mens om te sondig teen God, homself en die samelewing. Onbeheersde sensuele prikkelings het ‘n donker kant wat lei tot  goddeloosheid, losbandigheid en geweld.

Ted Bundy oor donker gedagtes

Die berugte reeksmoordenaar Ted Bundy is ondervra deur Dr James Dobson voor sy teregstelling op 24 Januarie 1989. Bundy het 28 jong meisies en vroue vermoor. Hy het grootgeword in ‘n Christelike huis, kerk toe gegaan en liefdevolle ouers gehad. Hy beskryf pornografie as die begin ​​van sy val die afgrond in. In die onderhoud net ure voor sy teregstelling, vertel hy dat hy, as ‘n 13-jarige seun, ‘n pornografiese tydskrif in die asblik naby sy huis gekry het. Mettertyd het hy meer en meer verslaaf geraak aan pornografie, veral die beelde van gemartelde vroue.

Toe dit nie meer sy drange kon bevredig nie, het hy begin fantaseer oor seksuele aanranding en uiteindelik vrouens self vermoor. Hy het gesê: “Die mees skadelike soort pornografie—en ek praat uit harde, regte, persoonlike ervaring — is die soort wat geweld en seksuele geweld behels. Die troue van daardie twee magte bring gedrag teweeg wat te verskriklik is om te beskryf.”

Hy vertel verder, “Ek is in die gevangenis vir ‘n lang tyd alreeds, en ek het baie mense ontmoet wat gemotiveer is om geweld te pleeg. Sonder uitsondering was elkeen van hulle diep betrokke by pornografie — diep verteer deur die verslawing. Daar is die wat vry rondloop in hul dorpe en gemeenskappe, wie se gevaarlike impulse dag in en dag uit aangevuur word, deur die media in sy verskillende vorme— veral geseksualiseerde geweld.”

Oorwinning

Vestings in ons gedagtes is dinge wat ons glo wat nie noodwendig die waarheid is nie, maar wat waar vir jou persoonlik is. Saam met donker verbeeldings is dit kragtige wapens waarteen ons soms magteloos voel – dit is hoekom Paulus dan ook sê dat ons verdediging kragtig deur God is om vestings en verbeeldings neer te werp.

Die geveg is in ons gedagtes en nog meer wanneer ons vry voel om te dink wat ons lus voel om te dink. Die geheim is om jouself nie langer toe te laat om te dink wat jy wil nie, maar om jou gedagtes gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus. Weier om Satan demoniese fantasieë in jou verbeelding te laat voorstel. Bind elke beeld en gooi hulle neer. Jy kan kies hoe jy reageer. Bundy het nie, maar jy kan. In sy boek “Die pad na Xanadu” het Professor John Lowes geskryf: “Fantasie en verbeelding is nie twee kragte nie, maar een.”  Die goeie nuus is dat Christus jou gesag gegee het om elke gedagte en verbeelding neer te werp en te oorwin. Weier om Satan demoniese beelde in jou verbeelding te laat bring. Bind elke beeld en gooi dit neer.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.