Krag van Bo

Die Geallieerde magte het byna 80 jaar gelede die Franse kus bestorm in die grootste amfibiese aanval in die mens se geskiedenis om wêreldoorheersing deur ’n diktator te voorkom. Daardie dag staan bekend as D-dag. Besef jy dat ons elkeen jou eie D-Dag-ervaring het? Daar is 'n aantal parallelle met soldaat-wees in 'n Christen se … Lees meer Krag van Bo

Die Borswapen van Geregtigheid

Kom ons neem as voorbeeld twee mans wat in die hof voor die regter staan. Albei mans word van ‘n misdryf beskuldig. Die getuienis bewys dat die eerste man geen skuld het aan die misdryf nie. Die regter “regverdig” dus die eerste man en bevind die eerste man onskuldig, m.a.w. die man is vry om te gaan en word geag as ‘n wetsgehoorsame persoon met die volle regte van sy land. Die tweede man word daarenteen deur direkte getuienis bewys dat hy wel die misdryf gepleeg het. Nou kom “regverdig” die regtig egter die tweede man ook en sê dat hy ook vry is om te gaan en geag word as ‘n wetsgehoorsame persoon.

Iets maak iewers nie sin nie, ne?