Die Rots met sewe Oë (4)

OORSIG Ons lees van ’n snaakse steen of rots in Sag 3:9 “Ek sit voor Jesua 'n klip neer, en op hierdie een enkele klip is daar sewe oë. Ek gaan nou 'n graveersel daarop aanbring, sê die Here die Almagtige, en Ek gaan die sonde van hierdie land op een enkele dag wegneem.” (1983 … Lees meer Die Rots met sewe Oë (4)

Oorkom jou gees van vrees

Een van die sterkste geeste en emosies om te oorkom, is Vrees. Vrees is ook die eerste emosie wat die mens ervaar het nadat hy gesondig het. Voordat hy geweet het van haat, twis, of jaloesie, het die mens gevrees. Ons lees in Gen 3:8-10 "En hulle het die stem van die HERE God gehoor … Lees meer Oorkom jou gees van vrees

Intimiteit met God (4)

(Ex 20:20 AOV)

Moses het gesê, “Wees nie bevrees nie” want God wil “dat Sy vrees voor julle oë mag wees”. Dit klink soos ‘n teenstelling maar dit is nie. Moses het onderskei tussen Bang vir die Here en die Vrees van die Here. Daar is ‘n groot verskil.

Die persoon wat bang is vir Here het iets om weg te steek of waarvan hy nie wil afstand doen nie. Hy is bang om nader aan God te kom uit vrees dat dit wat hy wegsteek, ontbloot gaan word en dat hy sodoende dalk iets sleg mag oorkom.

God wil nie dat ons bang vir Hom moet wees nie, maar wel dat ons Hom moet vrees.