Hoe om jou Skild van Geloof te versorg

Geloof is van die uiterste belang vir 'n Christen. Daar is niks waaroor ons 'n groter en 'n meer ernstige bekommernis moet hê as oor ons geloof nie. Geloof is die  gawe waardeur ons gered word. Ons word nie verlos deur liefde nie; maar deur genade;  en ons word deur die geloof gered. Ons word ook nie deur moed … Lees meer Hoe om jou Skild van Geloof te versorg

Die Skild van Geloof

Wanneer ons wedergebore word, bevind ons onsself onverwags op ‘n slagveld. Ons het nie ‘n keuse om daarby betrokke te raak of nie, want oorlog is dadelik teen ons verklaar deur Satan en almal wat God haat. Die enigste keuse wat ons wel het, is of ons vertrap wil word deur ons vyand en of ons wil leer om terug te veg en in oorwinning te begin wandel. Die sneller wat aanvalle teen ons aktiveer, is wanneer ons van God se beloftes in die Bybel begin bewus raak en dit begin opeis.