Sleutels tot die Koninkryk van God

https://www.youtube.com/watch?v=He7W5RRsURo&t=3s Ons teksvers vir vandag is uit Mat 16:19  En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. Ons praat vandag … Lees meer Sleutels tot die Koninkryk van God

Die Swaard van die Here (2): Gebruik jou swaard

Hoewel die ‘swaard van die Gees’, die woord van God is, beteken dit nie dat die blote besit van ‘n Bybel jou die besitter van ‘n swaard maak nie. Iemand sonder ‘n Bybel, maar wat verskeie Skrifte goed ken; kan byvoorbeeld baie meer effektief sy ‘swaard van die Gees’ gebruik as iemand wat ‘n Bybel besit maar dit swak of glad nie ken nie. Dit is waarom dit so belangrik is om die versies wat jy wel ken, op praktiese maniere te kan toepas.

Die Swaard van die Here(1) – Herstel jou swaard

Vibrasies in die gees word veroorsaak wanneer ons intersessie doen en lofprysinge tot die Here sing. Intersessie beteken om’ iemand se saak te bepleit’. ‘n Goeie voorbeeld waar hierdie tipe swaard tot groot effek in die Bybel gebruik is, vind ons in 2 Kron 20. Drie groot leermagte het teen Juda saamgetrek om hulle uit te wis. Hulle leier, Josafat, het ‘n nasionale vasdag uitgeroep en die aangesig van die Here aangeroep vir hulp. Josafat het die volk se se saak voor God bepleit (intersessie). God het die gebed gehoor en profeties daarop geantwoord (‘rema’ woord).

Hier is wat die volgende dag gebeur het: