Draai jou hopelose situasie om

Tommy Lessing 2017/04/30 Die Bybel is vol van mense wat in hopelose situasies beland het. Mens hoef nie noodwendig iets verkeerd te doen dat dit moet gebeur nie. Soms gebeur dit net. Die druk van die situasie word  soms so erg dat mens nie weet wat om verder te doen nie. Wanhoop neem oor. Jy … Lees meer Draai jou hopelose situasie om

Herlewing in die Begrafplaas

Tommy Lessing 2017/04/02 Vir baie het die land ‘n begrafplaas geword, ‘n plek sonder hoop en sonder ‘n toekoms. ‘n Plek waar reg verkeerd genoem word en waar verkeerd reg genoem word. Dit het ‘n plek geword waar werkloosheid daagliks eskaleer en almal iemand ken wat nie sonder hulp deur ‘n maand kan kom nie. … Lees meer Herlewing in die Begrafplaas

Engele om Ons

Tommie Lessing 2016/11/20 Wanneer ons die Bybel ondersoek, vind ons dat die woord ‘engel’, in 110 verse in die Ou Testament en 99 verse in die Nuwe Testament, gevind word. Abraham, Jakob en Moses is bekende figure in Ou Testament wat almal deur engele bedien is. Engele word selfs gevind in die oudste boek in … Lees meer Engele om Ons

Hakuna Matata – Dit staan in die Bybel

Die verhaal word vertel van ‘n man wat vasgekeer was in sy huis toe die rivier in vloed afgekom het. Mense het hom kom waarsku dat hy moet vlug terwyl daar nog tyd is. “Ek is nie bang vir die vloed nie, ek vertrou op die Here.” het hy gesê en in sy huis gebly. Mettertyd het die vloedwater sy huis oorspoel en was hy verplig om op die huis se dak te skuil. Daar het ‘n mense op ‘n boot by hom gekom om hom te red. “Ek is nie bang vir die vloed nie, ek vertrou op die Here.” het hy gesê en op sy huis se dak gebly. Die vloed het erger geword sodat hy later heel op die nok van die huis se dak vasgekeer was. ‘n Helikopter het verbygekom en hulle het ‘n tou afgegooi om hom te red. “Ek is nie bang vir die vloed nie, ek vertrou op die Here.” het hy gesê en op die nok gebly. Toe het die vloed die huis verswelg en die man het verdrink. In die hemel hy vir Jesus gevra hoekom Hy hom nie gered het van die vloed nie. Jesus het geantwoord, ‘Ek het betyds mense gestuur om jou te waarsku sodat jy kon vlug, maar jy wou nie. Toe het ek ‘n boot gestuur en daarna ‘n helikopter om jou te red. Jy wou nie die hulp wat Ek stuur aanvaar nie. Dit het jou lewe gekos.”

Gebed is soos om Tieners te hê

Wie van julle het al gesien hoe totaal ‘n kind homself kan oorgee aan sy ouers se voorsiening? Veral tieners kan ‘n yskas en koskas so erg stroop dat die ouers soms wonder wat van al die kos geword het. Tog het ek nog nooit ‘n kind elke dag op sy kniee voor sy ouers gesien smeek, ‘Gee groot asseblief vandag vir my kos en klere en slaapplek’ nie. Kinders aanvaar sulke dinge as vanselfsprekend. Wanneer hulle dit nodig het, sal dit maar daar wees. Ons leer in die Woord dat ons op dieselfde wyse die Here moet vertrou vir ons lewensnoodsaaklikhede.