Wanneer die Kerstyd nader, dan hoor ek al hoe meer gereeld hoedat gelowiges vra, ‘Moet Christene nog Kersfees vier?’ of ‘Hoe moet 'n Christen Kersfees vier? Hierdie is kommerwekkende vrae vir baie opregte gelowiges. Trouens, baie gelowiges vier nie meer die Kerstyd nie en sommiges weier glad om dit te vier. Daar word 'n aantal … Lees meer Moet ons nog Kersfees vier?
‘n Vaste fondament
Die verandering van hierdie sosiale norme word dikwels ‘vooruitgang’ genoem, maar wanneer mens terugkyk na die gemeenskappe 2000 jaar gelede, blyk dit eerder of dit dalk ‘agteruitgang’ genoem behoort te word...
Hoe ek kan weet dat my Christenskap waar is
Mat 7:24-27 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. (25) En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie … Lees meer Hoe ek kan weet dat my Christenskap waar is
Rasionele Geloof
’n Artikel van IOL vertel dat ’n man van Leeuwfontein, wat in 2016 deur die departement van binnelandse sake dood verklaar is, sê hy kan nie wag totdat die nasionale sluiting verlig nie sodat hy kan bewys dat hy leef. Nni Banny Banda (60) het sy eie doodsertifikaat ontvang toe hy na binnelandse sake se … Lees meer Rasionele Geloof
31 Oktober en die Hervorming
Ek sien dat die mense ‘n groot ophef daarvan maak dat 31 Oktober ‘n sataniese fees is en nie deur Christene gevier moet word nie. Voordat ons by vandag se boodskap kom moet ons eers vinnig stilstaan by Halloween. Die Halloween vieringe, wat oorspronkik ‘n Rooms Katolieke fees was, het baie van die karaktertrekke van … Lees meer 31 Oktober en die Hervorming
Die geheime boodskap van Jesus se grafdoeke
Tommy Lessing 2017/04/16 Nadat Jesus gesterwe het, het Josef van Arimatea en Nikodemus na die Romeinse goewerneur Pontius Pilatus gegaan en gevra of hulle die liggaam van Jesus mag kry om dit te begrawe. Heel eerste moes hulle Hom van die kruis afhaal. Dit was op sigself nie ‘n maklike taak nie. Hulle moes hulle … Lees meer Die geheime boodskap van Jesus se grafdoeke
Die Hel – Deel 1
Jesus beskryf die Hel as ‘n duisternis wat so erg is dat daar ‘n geween sal wees en ‘n gekners van tande. Hoekom is daar hoegenaamd so ‘n buitenste duisternis as dit dan nie God se hart is nie? Dit is omdat persone wat gekies het om sonder God te wandel, noodwendig alles wat deel is van God se eienskappe, verbeur.
Die Graf is Leeg – ‘n Apologie
Iemand kan nie opstaan uit die dood as hy nie in die eerste plek dood is nie. As die persoon in ‘n skyndood of ‘n koma was, sal dit nie tel nie. Paulus het hierdie feit self erken. Jesus se kruisdood staan daarom sentraal. Is die kruisdood dan ‘n historiese feit? Hoe kan ons so seker wees daarvan?
Ons kan seker wees daarvan want die bewyse en getuienis daarvoor is oorweldigend, selfs vir agnotici en skeptici wat die geskiedenis bestudeer het. Kom lees gerus saam!