One Sunday, a young pastor decided to use the 23rd Psalm for his children’s sermon. He began to tell the children about sheep—that they aren’t smart and need lots of guidance and that a shepherd’s job is to stay close to the sheep, protect them from wild animals and keep them from wandering away.

He pointed to the little children in the room and said they were the sheep and needed lots of guidance. Then the pastor put his hands out to the side, palms up in a dramatic gesture, and with raised eyebrows said to the children, “If you are the sheep, then who is the shepherd?” He was pretty obviously indicating himself.

A few seconds of silence followed, then one little boy said, “Jesus is the shepherd.”

The young pastor, obviously caught by surprise, said to the boy, “Well, then, who am I?”

The boy thought for a moment and then said with a shrug, “I guess you must be a sheep dog.”

Ons Skrifgedeelte vir vandag is uit

Joh 10:1-10  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower.  (2)  Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape.  (3)  Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.  (4)  En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.  (5)  Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.  (6)  Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.  (7)  Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.  (8)  Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.  (9)  Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.  (10)  Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

Om die beelde wat Jesus in die eerste tien verse gebruik te verstaan, moet ons onthou dat dit in die groter verhaal pas. Daarom is dit belangrik om te onthou dat Jesus nie sommer eendag uit die bloute oor skape begin praat het nie. Sy woorde oor skape en herders was gerig op sy kritici, die godsdienstige leiers van die tyd. Jesus het hierdie vergelykings oor skape en herders en diewe en vreemdelinge vertel om te verduidelik hoe ‘n man, wat nog nooit in sy hele lewe iets gesien het nie, onmiddelik die verskil tussen ware gelowiges en valse profete kon sien. Om sy punt te maak, het Jesus gebruik gemaak van een van die mees algemene beelde in die skrif: skape wat hulle herder volg.

Sheep are mentioned more than 200 times in the Bible, more than any other animal. Sheep were important as sources of wool, milk, and meat, and throughout the Bible, sheep served as symbols for God’s people. God is portrayed as the shepherd of his chosen flock in the prophetic words of Isaiah and Ezekiel, and most famously in the 23rd Psalm, which we read earlier in the service. Why sheep? Well, they do share certain characteristics with people, especially people who claim to be set apart, belonging to one Good Shepherd.

Daar is n paar eienskappe oor Skape waaroor ek vandag wil praat.

Skape is volgelinge. Hulle sal ander skape volg, selfs om geslag te word, of oor ‘n krans. Lammers word vanaf geboorte gekondisioneer om ouer skape te volg. Volg is nie iets waaraan skape moet dink nie, dit is ‘n instink. Hulle kan opgelei word om ‘n kenmerkende oproep te volg, of ‘n unieke melodie wat op ‘n fluit gespeel word. ‘n Skaap kan leer om sy eie naam te herken en te kom as hy geroep word. Skape sal ‘n herder volg wat hulle goed ken, maar hulle is meer geneig om ander skape te volg.

I’d like to share this little news snippet with you:

ISTANBUL: Hundreds of sheep followed their leader off a cliff in eastern Turkey, plunging to their deaths this week while shepherds looked on in dismay. Four hundred sheep fell 15 metres to their deaths in a ravine in Van province near Iran but broke the fall of another 1,100 animals who survived, newspaper reports said yesterday. Shepherds from Ikizler village neglected the flock while eating breakfast, leaving the sheep to roam free, the Radikal daily said. The loss to local farmers was estimated at $74,000 or just over a million Rands.

This is an incredible illustration. But here is what makes this illustration so powerful. It demonstrates what Jesus knew to be true about every human heart not connected to the Good Shepherd. We simply follow what we’ve seen. We look at the person next to us and do what they do. We follow what our dad did and what his dad did and what his dad did. Those who are without Christ aren’t deliberately and intentionally seeking destruction. They are hoping the person they are following will lead them to their hearts desire. They are hoping they will finally be led to green pastures. Sheep, like every human heart, cannot function properly unless led and tended to by the Good Shepherd.

Skape onthou gesigte. Hulle herken gesigte van ander skape, en selfs van mense wat gereeld daarmee werk. Skape onthou wie hulle goed behandel, en nog meer, hulle onthou wie hulle hard hanteer. Skape sal toelaat dat ‘n sagmoedige herder naby kom, maar hulle sal wegvlug van iemand wat hulle in die verlede rofweg hanteer het.

Skape vind veiligheid in getalle. Aangesien roofdiere die uitskieters, diegene aan die buitekant van die trop, aanval, bly skape naby mekaar. Wanneer hulle wei, sal skape minstens 4-5 ander skape in sig hou. Hulle is baie sosiale diere en die kudde instink is sterk.

Skape loop selde in ‘n reguit lyn. Deur eers na die een kant en dan aan die ander kant te loop, kan hulle altyd sien wat agter hulle is. Hulle kan gevaar tot 1500 meter weg sien, maar hulle het probleme om ‘n half oop hek te vind sonder hulp.

Skape is verbasend vuil diere. Lammers lyk dalk oulik op poskaarte, maar die werklikheid van volwasse skape is dat allerhande modder en gemors in hul wol vassit en klonte vorm.

Dit is nie ‘n baie vleiende prentjie as mens daaraan dink dat die kinders van die Here met skape vergelyk word nie, maar daar is dit. Ons is geneig om mekaar meer instinktief te volg as wat ons ons Goeie Herder volg, selfs wanneer ons geleer is om ons eie naam en God se kenmerkende roep te herken. Ons is ongelukkig ook geneig om ou sere en wrokke te onthou, en ons vlug weg van potensiële ontmoetings met diegene wat ons in die verlede seergemaak het. Dit is hoekom daar so ’n groot groep mense is wat kerke vermy. Hulle onthou dat hulle daar seergekry het en vermy eerder om terug te gaan daarheen.

Ons is ook geneig om saam met dieselfde 4-5 mense wat ons die beste ken, te kuier en ons hardloop na hulle toe as ons bedreigd voel. Daarby spandeer ons, nes skape, baie tyd om agter ons te kyk, wat dit moeilik maak om ’n reguit pad te loop. Ons fokus so op wat ander mense rondom ons sê en doen, dat baie van ons ‘n verre bedreiging baie makliker kan raaksien as die oop hek hier reg voor ons.

Laastens is geneig om vullis na ons toe aan te trek, waar dit sulke klonte op ons maak. As die ‘skaaphond’ van ’n gemeente sien ek dit gereeld. Jy ontmoet hierdie oulike mens en dan, na ’n rukkie, begin jy die klonte raaksien. Hierdie ou vloek elke tweede woord wat hy sê. Daardie een het seergekry in sy verlede iewers, nou probeer hy dit wegdrink. Daardie een daar, sy of haar selfvertroue het ’n knak gekry iewers. Nou probeer hy of sy daarvoor opmaak deur hierdie macho ou of hierdie perfekte vrou te probeer wees.

Tog eien God ons as syne. Hy ken elkeen van ons by die naam om ons te lei na veilige weiding en soet water.

In ons Skrifgedeelte fokus Jesus egter nie regtig op skape nie. Hy fokus eerder oor die herkenning van die herder.

In die vorige hoofstuk word die verhaal vertel van ’n man wat blind was sedert sy geboorte, wie Jesus genees het. Aan die einde van die hoofstuk sien ons hoedat die Skrifgeleerdes Jesus verwerp.

Die man wat genees was, die blinde een, het egter onmiddelik nadat hy kon sien, sy Herder as God se Messias herken, terwyl die Fariseërs, wat mens sou dink wat die Een waarop hulle gewag het, dadelik sou herken het, blind was vir die krag van God wat onder hulle gewerk het. Hoekom was dit so?

Dit het daaroor gegaan dat skape hulle herder se roep ken. Ek het so ’n rukkie terug gekyk na ’n opname van ’n aantal toeriste in Israel. Hulle het op ’n platform gestaan en onder hulle, in die vallei, het ’n aantal skape geloop en wei. By hulle op die platform het die skape se herder gestaan. Die toeriste het elkeen ’n kans gekry om die skape te roep, maar die skape het onverpoosd aanhou bly wei. Selfs toe hulle die herder se roep probeer namaak het, het die skape steeds bly wei. Die herder het die heeltyd eenkant gestaan en vol selvertroue gelag. Toe almal klaar probeer het, het hy vorentoe gestap en sy kenmerkende roep gegee. Die skape het onmiddelik opgehou wei en na hom toe begin hardloop. Dit was presies wat Jesus bedoel het toe Hy gesê het dat die skape Hom volg, omdat hulle Sy stem ken.

Nou mag jy dalk vir my vra, ‘Maar hoe kan mens God se stem ken?’. Ek gaan vir jou dieselfde antwoord gee as wat iemand jare terug vir my gegee het toe ek die vraag gevra het: jy moet oefen! Oefen, oefen, oefen. Oefen totdat jy selfs die sagste fluister van jou Herder kan herken. Hoekom?  Want jy staan dalk eendag in ’n ‘bike shop’ en al die stemme rondom jou vertel jou van al daai  10 000 redes hoekom jy jou bike moet inruil vir daardie nuwe model. Diep in jou hart weet jy dat jy dit eintlik kan bekostig nie, maar daardie stemme roep so hard en oortuigend. En dan, tussen dit alles deur, is daar daardie een sagte stem wat vir jou sê, ‘Moenie. Jy kan dit nie bekostig nie. Jy gaan vasbrand vorentoe.’ Wanneer jy geoefen het toe jy alleen was, sal jy nou die stem van jou Herder herken wanneer Hy jou wil red.

The problem with sheep

Ken Bailey tells us in well known book on Psalm 23,

“Sheep have a special problem. They have no defenses. Cats have teeth, claws and speed. Dogs have their teeth and their speed. Horses can kick, bite and run. Bears can claw, bite and crush. Deer can run. But the sheep have no bite or claws and cannot outrun any serious predator. They can butt other sheep, but that ability will not protect them from a wolf or a bear. The sheep’s only security is the shepherd.”

In the same way, our only real security is our Shepherd. You can move around confidently in your good health or nice job, but once you’ve lost your health or your source of income, you cannot protect yourself. Your only security will be your Shepherd. And that’s a good thing to know, because many of us have lost our security. We are worried about what will become of us or who will look after us, but if we are sheep of God’s fold, then we have the assurance that Jesus Christ is our Shepherd.

Die probleem met skape, is dat hulle natuur sodanig is dat hulle ’n herder nodig het om te oorleef. Die probleem met jou is dalk dieselfde.

Miskien luister jy vanoggend na hierdie boodskap en jy dink, ‘ek wens ek het Iemand gehad wat na my kon kyk.’ Of dalk is jou omstandighede vanoggend van so ’n aard dat jy nie meer weet watter kant toe nie. Dan wil ek jou bemoedig, daar is ’n Goeie Herder wat jou naam ken. Hy ken jou omstandighede en Hy ken elke klont vullis op jou wol. Hy kan jou nou net help nie, Hy wil jou help. Hy het ’n plan vir jou. Al wat jy moet doen, as om na Sy stem te luister wanneer Hy jou roep; en Hy sal jou lei na plek waar jy veilig kan wees. Amen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.