Die verhaal word vertel dat, baie jare voordat Abraham Lincoln tot president verkies was, hy ’n winkelier was. Abe het ‘n geweer in sy winkel uitgestal wat een van die mooiste gewere was wat toegemaak was. Die loop was gemaak van die beste staal, die kolf van die beste okkerneuthout en ‘n wêreldbekende wapensmid het die geweer aanmekaargesit. Die prys was ook uiters billik. Langs hierdie pragtige geweer was ‘n rak met gewone gewere van die staat Kentucky. Hulle was gemaak van gewone geweerstaal en gewone houtkolwe. Die prys was egter baie hoër.

‘n Klant het op ’n dag die winkel binnegekom op soek na ‘n nuwe geweer. Hy was beïndruk  met die mooi geweer, maar was verbaas dat dit baie laer geprys was as die ander, minder aantreklike gewere. Abe het toe verduidelik dat die mooi geweer slegs vir die skou was, terwyl die ander vir werklike skietery bedoel was. Die klant het toe ’n eerder ’n geweer van Kentucky gekoop.

‘n Rukkie later wou ‘n ryk boer sy studeerkamer versier. Hy wou ‘n geweer bokant die kaggel hang, saam met sy grootwildtrofeë. Abe se spoggeweer was presies wat hy nodig gehad het. Die feit dat dit nie kon skiet nie, was irrelevant. Die doel van die geweer het verander.

God het ook aan elkeen van ons ‘n doel gegee. Ons kan kies om vir God se eer te werk en dissipels vir Christus te maak, of ons kan kies om, net soos Abe se mooi geweer, versierings in die kerk te wees.

My vraag daarom vandag aan jou is, ‘Watter doel dien jou verhouding met Christus?’ of ‘Wat is jou intensie in jou verhouding met Jesus Christus?’

Roetines

Om 2021 te oorleef, sal ons oor die antwoord op hierdie vraag moet reflekteer, want dit is die jaar waarin ons as kinders van God, sal moet begin om meer intensioneel, of doelgerig, te leef sodat ons leefstyl, die intensie van ons verhouding met Jesus Christus begin weerspieël.

Ons leefstyl bestaan grootliks uit ’n aantal roetines wat later gewoontepatrone vorm. Ons word almal elke oggend wakker, die meeste van ons gaan werk of gaan skool toe en dan gaan slaap ons weer snags. Ons eet almal en volg daardeur ’n sekere dieetstyl. Ons woon almal in huise en ons het almal verhoudings.

Wat uiteindelik met ons almal gebeur, is dat ons al hierdie dinge neem wat ons almal het en dat ons in roetines kom. Sommige van ons roetines is om elke dag werk toe te gaan. Sommige van hulle gaan oor waar ons woon en sommige van hulle betrek ons ​​gesinne.

Roetines laat ons gemaklik en veilig voel. Ons werk gee vir ons geld. Ons vriende beskerm ons teen eensaamheid en deel ons ervarings. Ons gesinne gee weer stabiliteit en ons motors gee aan ons beweeglikheid.

Die totaal van hierdie roetines vorm gewoontepatrone wat ongelukkig daartoe lei dat gemak en sekuriteit verander in vergeetagtigheid. Ons vergeet dat alles wat ons het van God kom. Ons vergeet dat ons eens heeltemal verlore was. Ons vergeet dat daar andere rondom ons is wat ly. Ons raak selfvoldaan en tevrede. Dit is ‘n gereelde patroon en die doel van vandag is nie om jou skuldig te laat voel daaoor nie, maar eerder dat ons gewoontepatrone het wat ons moet leer om te herken en te probeer vermy.

Soveel van ons lewe is vervat in roetines. Ons hoef nie meer te dink aan die meeste dinge wat ons doen nie. Ons doen dit vanself. Soms besef ons dat ons vasgevang is in ‘n slegte roetine en dan probeer ons om die roetine te verander. Gewoonlik werk dit nie, omdat die roetine outomaties gevolg word en as roetines outomaties is, moet ons iets doen wat moeite verg om dit te breek.

Om intensioneel te lewe, beteken nie dat ons ons roetines opgee nie. Dit beteken eerder dat ons doelbewus dinge in ons lewens invoeg wat help om ons lewens te herkalibreer.

Gewoontepatrone

Gewoontepatrone bestaan uit drie dele. Elke gewoonte begin met ‘n sneller (soos om werk toe te ry soggens). Sodra hierdie sneller afgevuur word, word die aksie self – die roetine – uitgevoer (om die roete werk toe te volg). Laastens is daar die beloning aan die einde (jou salaris) wat jou brein help om te onthou dat hierdie gewoontepatroon gevolg moet word elke keer wanneer die sneller afgevuur word. Al in die rondte gaan dit: sneller, roetine en beloning.

Om roetines te verstaan, gaan eintlik daaroor dat ons van die snellers in ons lewens bewus moet raak. Gewoontes is eenvoudig aksies en roetines wat ons doen sonder om die resultaat daarvan bewustelik te bereken. Hoe meer instinktief en outomaties ‘n reaksie is, hoe minder het ons nodig om daaroor te dink. Hoe meer gewoonte iets is, hoe minder breinkrag word aan die aksie bestee.

Wanneer mense probeer om hul roetines te verander, is hulle gewoonlik geneig om op die roetine self te fokus. Dit is waarskynlik hoekom die meeste nuwejaarsvoornemens so klaaglik misluk. Iemand wat sy liggam so bietjie in vorm wil kry, kan byvoorbeeld by ’n Gim aansluit en dan  ‘Gaan gim’ in sy dagboek skryf, maar tensy die brein ‘n herkenbare sneller en beloning ontwikkel om te gaan oefen, sal die aktiwiteit (gim) nooit ’n gewoonte word nie. In plaas daarvan moet jy daarop fokus om nuwe snellers te vestig (soos om jou gim sak by die voordeur te sit) en belonings (soos om jou spiere se ontwikkeling neer te skryf sodat jy die vordering kan sien).

Die beste manier om ‘n gewoonte te verander, is om die beloningsentrums van jou brein te kaap deur nuwe snellers te skep en dit te koppel aan belonings waarvan jy hou. Ou gewoontepatrone is alreeds in jou brein gevestig en sal daarom nooit heeltemal uit jou gedagtes verdwyn nie, maar nuwe gewoonte patrone kan meer dominant as die oues raak en daarom sal jy meer geneig wees om dit te volg. Gewoonte-transformasie is dus die gevolg van die skep van nuwe siklusse van snellers, roetines en belonings, en nie net die verwydering van ou, verkeerde siklusse nie. As jy jou gewoontes wil verander, sonder om elke keer vooraf te beplan, moet jy die snellers en belonings verstaan ​​wat jou roetines tans ‘outomatiseer’. Roetines is stimulusgedrewe reaksies.

’n Geestelik intensionele leefstyl

Dieselfde is waar in ons geestelike lewens. Om jou gim sak by die voordeur te sit, is ’n intensionele aksie wat later ’n sneller kan word. Om Sondae kerk toe te gaan, is ’n intensionele aksie wat later ’n sneller kan word. Om jouself doelbewus aan ’n besoeker by die kerk voor te stel, is ’n intensionele aksie. Om iemand wat sukkel, vir koffie uit te vat en te luister na hulle, is ’n intensionele aksie. Om saam met jou vriende gereeld maandeliks of weekliks ’n ‘prayer walk’ te doen of om hospitale te gaan besoek, is alles intensionele aksies.

Wanneer ons verstaan dat ons intensioneel moet leef, dan raak dit makliker om ons oortuigings op so ’n manier uit te leef dat dit ander mense aantrek en vir hulle hoop gee. Om geestelik intensioneel te lewe, het ons eerstens nodig om te weet wat ons glo en hoekom ons glo wat ons glo; en tweedens om daardie oortuigings om te skakel in aksies wat dit weerspieël.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.