Geeste wat beskuldig (‘accusing spirits’) val mense aan deur die mens te isoleer van sy ondersteunings-basisse sodat hy weerloos word en dus maklik oorrompel kan word. Hulle fokus op drie vlakke van isolasie:

  1. Isolasie van God en Sy Woord, Sy Persoon en Sy Liefde.
  2. Isolasie van jouself ¬– jy aanvaar nie jouself soos jy is nie, jy is nie lief vir jouself nie of neem jouself kwalik en kan jouself nie vergewe nie.
  3. Isolasie van andere –  verhoudings word verbreek en vervang deur wantroue, bitterheid, jaloesie, afguns en nog ’n lang lys van verwante sondes.

In hierdie aflewering kyk ons na die isolasie van die mens vanaf homself en hoe dit hom oopstel vir konstante geeste aanvalle.

Die meeste volwassenes, veral Christene, werk hard om te verhoed dat hulle as self-geabsorbeerd en selfgesentreerd bestempel word. Vir Christene word die vrees vir self liefde aangevuur deur die Bybelse vermanings om andere voor onsself te plaas. In die kerkgemeenskap is ons altyd op die uitkyk om juis dit te doen – om diensbaar te wees. Ons hoor dikwels preke oor dat ons moet dien, oor volharding, opoffering, om die sondaar lief te hê, om ons naaste lief te hê en selfs om ons vyand lief te hê. Maar ons praat selde oor om onsself lief te hê. Ons beskou enige voorbeeld van selfversorging as verdag, omdat ons bang is om ons te veel op die voorgrond te stel.

In Markus 12:31 beveel Jesus ons egter om ons naaste lief te hê soos onsself. Dit veronderstel ‘n mate van selfliefde. En dit is nie net daar nie. Hierdie bevel om ander lief te hê soos ons self kom ook elders in die Bybel voor (soos bv. in Lev. 19:18; Lev. 19:34; Jakobus 2: 8).

Waar op die skaal leef jy?

Ons mense het lankal bewys dat ons enigiets, selfs ‘n goeie ding, tot uiterstes kan neem en dit kan verwoes. Ons doen dit met kos, vryheid, seks. Byna enige goeie ding wat God ons gegee het, het ons tot op die randjie gedruk of dit in verwronge vorme verander.

Selfliefde is nie anders nie. Aan die een uiterste van die skaal sien ons die self-gesentreerdes wat optof en pronk, die drama queens wat eis en ontken en onnodige drama skep waar hulle ook al gaan. Hulle gee baie vir hulself om en skroom nie om so op te tree nie. Dit is hulle wat eie liefde ‘n slegte naam gee.

Aan die ander kant van die skaal weer is die selfhaters, ‘n groep vir wie ons jammerkry as ons sien hoedat hulle sukkel om enigsins eiewaarde te vind. Hier is die probleem nie ‘n oormatige selfliefde nie, want hulle haat hulself eintlik, en dit kom dikwels na vore in erge selfvernietigende gedrag.

Dan is daar iewers in die middel – dalk ’n bietjie links of ’n bietjie regs – die plek waar die meeste van ons in leef. Ek vind dit meer dikwels as nie, dat hierdie mense maklik genade gee aan ander, maar baie hard op hulleself is. Dit is hierdie selfde groep wat ook maklik aan andere sal gee, maar moeilik self kan ontvang – en dit sluit liefde in.

Die dubbele maatstaf

Die meeste Christene wat ek ken, werk baie hard om ander bo hulself te stel. Dit is immers ‘n kernwaarde in die liggaam van die kerk. Waarmee ons skynbaar meer dikwels sukkel, is hoe en wanneer ons aan onsself genade moet gee, dieselfde genade wat ons maklik aan diegene rondom ons gee.

Kom ons neem ’n voorbeeld: Dit is jou vriendin se beurt om tee te maak by die werk. Sy doen alles perfek reg, maar toe die mense die kookwater wou ingooi, het sy vergeet om die ketel aan te sit en die water is nog koud. Toe hulle probeer het om ’n grap te maak daarvan, het sy haar humeur verloor.

Maatstaf 1

Wat sou jy vir haar sê? Seker dinge soos …

  • Jy is net menslik
  • Dit was net ’n fout, dit kan enigeen oorkom
  • Ek sou ook kwaad geword het
  • Een fout definieer jou nie

Met ander woorde, jy sou haar aanmoedig om haar menswees te omhels en haar vertroos het soos dat dit met jou ook al gebeur het. Op die een of ander manier is dit goed om te hoor dat ander mense ook van ons hou, ondanks ons foute. Dit is soos balsem vir ‘n gewonde siel.

Maatstaf 2…?

Wat daarvan as die persoon in die voorbeeld egter jyself was? As dit jyself is wat dieselfde fout (wat nou net menslik was) gemaak het, is ons dikwels nie bereid om dieselfde genade vir onsself te gee nie. Ons sal in ons gedagtes met onsself raas met gedagtes soos:

  • Wat het jy gedink?
  • Ek sal nooit die einde daarvan hoor nie
  • Jy het dit nou maar een maal nie
  • Ek skaam my dood
  • Plaas ek eerder my mond gehou het.

Toe dit jou vriendin was wat die slagoffer was in ons voorbeeld, was jy bereid om genade te gee en dit oor jou gewonde vriendin uit te stort. Toe jy egter die slagoffer word, het jy dit skielik nie vir jouself gehad nie. So het ons een maatstaf waarmee ons andere meet en dan ’n baie strenger maatstaf waarmee ons onsself meet.

Ek dink dat ons as Christene nie moet leer hoe om ons naaste lief te hê soos onsself nie; ons moet dalk eerder leer hoe om onsself lief te hê soos wat ons ons naaste het.

Dit is ons geneigdheid om ‘n hiper-rigiede standaard wat ons nooit op ander sal toepas nie, op onsself toe te pas, wat ‘n ietwat arrogante verborge boodskap dra: ek verwag meer van myself as wat ek van andere verwag. Dit is hierdie geneigdheid wat lei tot isolasie van onsself.

Ek sê nie hiermee dat ons nie verantwoordelikheid vir ons dade moet aanvaar nie. Besluite het immers gevolge. Ek sê wel dat ons die balans tussen sonde belydenis (erken my fout en neem verantwoordelikheid daarvoor) en selfliefde (vergewe jouself soos wat God jou vergewe het en gaan aan) moet vind. Wanneer ons op daardie plek is, het ons ’n goeie balans gevind.

Simptome van Selfhaat

Die hoeveelheid binding wat voortspruit uit selfverwerping, selfhaat, die onwilligheid om jouself te vergewe en so meer, is hartverskeurend. Hieronder is ’n paar van die simptome:

  • Selfverwerping: jouself nie aanvaar nie, jouself kasty of sny of beseer, nie gelukkig is met die persoon wat God jou gemaak het nie, ens.
  • Selfhaat: jy haat die persoon wat God in jou gemaak het, en beskou jouself as lelik, onnosel, lomp, ens.
  • Onvergewensgesindheid of bitterheid: jy weier om jouself oor iets in jou verlede te vergewe, soos iets wat ’n verleentheid was.
  • Om hard met jouself te wees: jy sal jouself geestelik, fisies of emosioneel kasty of jouself as waardeloos sien, of irrasionele doelwitte stel net om goed oor jouself te voel.
  • Lae selfbeeld: jy sien jouself as ‘n mislukking of as minder suksesvol as diegene rondom jou of as jy lelik of dom voel, ens.

Ongeag wat ons in ons verlede gedoen het, of dit nou aborsie, rondslaap of een of ander verleentheid was, is dit noodsaaklik dat ons onsself vergewe. Ons kan dit onthou en daaruit leer, maar daar moet nie ’n negatiewe emosie aan wees nie. As God gekies het om ons sondes ter wille van Hom te vergeet, dan dink ek dat ons dit ook teenoor onsself moet doen. As ons onsself steeds met ons sondige verlede bly assosieer, dan moet ons die manier waarop ons dinge sien, verander. Hoekom? Want Spreuke 23:7 sê  vir ons, soos ’n mens in sy hart bereken, so is hy.

Hoe Jesus se self liefde lyk

Jesus gebruik ons liefde vir ons self as die vertrekpunt om ons te help om te sien hoe medelye vir ander moet lyk. Hoe lyk die self liefde waarna Jesus verwys? Dit is beslis nie selfsug of narcissisme nie. Nee, dit is eerder ons inherente geneigdheid om onsself te versorg. As ons dors is, sal ons moeite doen om water te bekom. As ons honger is, sal ons moeite doen om voedsel te kry. As ons geld benodig, sal ons moeite doen om geld te bekom en as ons koud kry, sal ons moeite doen om onsself te verwarm. Dit is die wyse waarop ons ons naaste moet liefhê. Wanneer ons nie vir onsself lief is nie, sal ons ook nie vir ons naaste kan liefwees nie en is ons oop vir aanvalle van ons vyand, die duiwel, om ’n wig tussen ons en God in te drywe.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.