Sir Terry Pratchett, ’n bekende Engelse skrywer, het gesê, “If you do not know where you come from, then you don’t know where you are, and if you don’t know where you are, then you don’t know where you’re going. And if you don’t know where you’re going, you’re probably going wrong.”

Quo Vadis is ’n Latynse term wat beteken, ‘waarheen gaan jy?’  en in die lig van die land se huidige afsluiting is dit dalk net ’n goeie ding om vir ’n oomblik oor Sir Terry se woorde te besin terwyl ons, as kinders van die Here, vir onsself afvra, ‘Quo Vadis  – waarheen is ons op pad?’ Ons wil nie graag by die verkeerde bestemming eindig nie, daarom wil ek Sir Terry se aanhaling opbreek in drie dele of vrae sodat ons, onsself reg kan oriënteer.

Waar kom ons vandaan?

Toe ek na die antwoord op die vraag, ‘waar kom ons vandaan?’ begin soek het binne die konteks van die Covid 19 pandemie en die enorme invloed daarvan op ons land; was my aandag getrek na die profetiese woorde wat aan die einde van 2019 en die begin van 2020, oor ons land gegee was. Ek wil daarom graag kortliks na ’n paar van hulle kyk:

Met my intreepreek vir 2020 het ek gesê, “Wat van wêreldgebeure in die komende tyd? Persoonlik glo ek dat daar verskeie skuddings gaan plaasvind – wêreldleiers, moondhede en ekonomieë gaan geskud word.”

Op 28 Februarie 2020 profeteer Kirsten Rossiter oor ’n groot skudding van die land en die kerk wat wag:

For I am demolishing church as you know it. I am levelling every high place that has been built, bringing it to nought. For I have a mountain on which I dwell, and I am calling My Bride to ascend into My Heavenlies to meet with Me as Moses met with Me. For with the increase of My Presence I will bring a great shaking. I will shake everything that has lifted itself above the knowledge of Christ. The fear of the Lord will be your protection, but those who become familiar will be consumed by My Fire. For I am a Holy God and I am calling nations to bow down to Me in this hour. This is an era where My Blessings and Curses will be evident. Those who bow down to Me, turning away from all idolatry, will inherit My Blessings as a nation. Those who bow down and lift up their idols will be cursed and will fall in the shaking. (Isaiah 46) – Kirsten Rossiter, 28 Februarie 2020, Suid-Afrika

Die volgende woord is deur Maria Parker gebring in Desember 2019:

“We will begin to see answers to prayers prayed over many years. Suddenlies will happen, so much so, we will be shocked. I’m hearing prodigals will suddenly be jolted into a return to Christ. I’m hearing too, some people are going to be convicted of lifestyle complacency, God will convict people and say ENOUGH IS ENOUGH, choose you this day Who you will serve, you can no longer be a fence sitter, or participate in areas He has said no to.” – Maria Parker, Desember 2019, Suid-Afrika

Die Covid 19 pandemie het Suid-Afrika inderdaad skielik en onkant betrap – soveel so dat ons wel geskok was deur die omvang en erns daarvan. Ek glo dat die afsluiting van ons land vir 21 dae die grond voorberei sodat baie wat teruggeval het, se oë sal oopgaan oor die werklikheid van Bybelse profesie en sal terugkeer na Christus. Daardeur sal die ‘slapende kerk’ begin wakker word en sal sy haar lig laat skyn in ’n wêreld wat donker en paniekbevange is.

Waar is ons nou?

Wanneer ons terugkyk na die intensiteit en spoed waarmee politieke besluite deurgedruk en uitgevoer word; asook die reelmaat waarmee mislukte staatsprojekte gerapporteer word, dan is duidelik dat ons as ’n land, ’n breuk nodig het – ’n tyd om diep asem te haal, terug te tree en net weer objektief na alles te te kyk:

“In this season the Lord is calling the Church in South Africa to arise and to declare and herald all the words of prophecy that have been released over the nation in recent years. The Lord is ready to perform His word. He is looking for those who will believe and stand on the side of the Lord. The Lord has chosen the Church to lead in this season. He has given her the grace to govern. For too long the baby has been in the birth canal, it is time for the Church to bring forth. It is time to birth the move of the Spirit in SA, there has never been a better time than this. As evil abounds grace is abounding and God is raising the standard. The Church must not be quiet when she hears what the enemy is planning to do, she must rise and refute the plan of the enemy and proclaim what the Lord has said He will do in SA.” – Linda Gobodo, Vuka Afrika, Suid-Afrika

Kirsten Rossiter sê profeties oor ons land:

“The Lord is calling His Bride into her position on the battlefield, for she has stepped into her Kairos time, where she will shine, as prophesied in Isaiah 60, for she has been created and called for a time as this.”  – Kirsten Rossiter, Suid-Afrika

Ek glo dat ons nou op die plek is om profeties uit te roep oor ons land die woorde van die profeet Jesaja:

Jes 60:1-3  Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.  (2)  Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóu sal die HERE opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.  (3)  En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang.

Ons kan hierdie 21 dae gebruik om ons tuinwerk, instandhouding, series en flieks op te vang, of om minstens ’n deel daarvan te gebruik om die profetiese woorde vir ons land elke dag uit te roep oor ons land.

Dr. Arno van Niekerk het ’n inisiatief begin waarin hy vra dat die universele kerk in Suid-Afrika, elke aand om 21:00 ’n gedeelte van Jesaja 61 oor ons land sal bid. Ek glo dat die korporatiewe gebede van die kinders van die Here, die sneller sal word om die profetiese woorde in wording te bid oor ons land. Daarom wil ek die vrymoedigheid neem om jou te vra om nie deel te word van die paniek en vrees oor ons land nie, maar eerder om te fokus op Christus en Sy beloftes as op die golwe wat besig is om die land te skud.

Quo Vadis – Waarheen is ons op pad?

Op 27 Januarie bring Kirsten Rossiter hierdie woord (ek haal ’n uitttreksel aan):

“South Africa, you will return to the Fear of the Lord. You will walk in holy reverence of Me, your Maker and Creator. For I have taken My Hand and blessing away from the Sauls, and I am anointing My Davids. My humble, faithful ones whom I have chosen and prepared in secret for a time as this. Put your ears to the ground and hear the Voice of Your Father. I am calling you forth! I am calling you forth! In the wide spectrum of gifting and influence, I will set up My faithful ones. You will build the ruins and will gather My people to be a people of unity and love. You will impart vision and direction, and will give the building blocks to those standing on the sides. For there is not one who will stand idle without purpose or function.” – Kirsten Rossiter, 27 Januarie 2020, Suid-Afrika

Cindy Jacobs profeteer oor ons land in Januarie:

“South Africa will be known as the country of reconciliation,” Cindy Jacobs, respected American prophetess, teacher and author, prophesied over the country. “God wants to heal the land; we just have to trust him. He heard the cries of the land,” she said. There was not a dry eye in the house as Jacobs said the land in South Africa is groaning under the indignities and violence of the past, “and there has been a lot of bloodshed here.” She said the people of the country should not look to the government for a workable solution but rather trust that God will bring healing, especially through a movement that is going to start through the church. – Cindy Jacobs, Januarie 2020, Suid-Afrika

Ek glo dat ons op pad is na die vervulling van hierdie woorde. Wat sy sê, is waar – die mense kyk na die regering vir antwoorde; maar die regering is besig om baie vinnig agter te kom dat die antwoorde wat hulle gedink het dat dit gaan werk, nie gaan werk nie. Die Here sê  dat ons Hom moet vertrou om genesing te bring vir die seer en geweld en ongeregtighede van die verlede – deur ’n beweging van die kerk.

Ja, ons lewe in moeilike en onseker tye. Ons ekonomie gaan waarskynlik nog moeiliker raak as wat dit reeds is. Werk gaan vir al hoe meer mense ’n voorreg word. Die vaste maandelikse sekuriteit van ’n inkomste gaan vir baie ’n luukse word. Nietemin sê God dat ons nie op die omstandighede moet fokus nie, maar op Hom – Hy wat die Waarmaker is van Sy Woord, die Werker van Wonderwerke en die Lig van die Wêreld.

In plaas van moeilike tye, het ons profete ander dinge raakgesien met hulle geestesoë as dit wat ons nou met ons natuurlike oë sien. Ek sluit af met ’n paar profetiese woorde van die Prophetic Round Table of South Africa, wat ’n baie omvattende profetiese woord oor die land gebring het oor heelwat areas. Ek fokus op die area van Families en Finansies omdat dit nou op die voorgrond getree het met die landswye afsluiting:

Family and Finance

There is currently tremendous financial pressure on families. Unfortunately, there will be continued pressure on families in 2020, which drives the children to violence and drug addiction as the parents don’t have solutions to their problems.

Family under attack

In 2020, spiritual attacks on families will increase with the enemy wanting to stir up racial conflict. News articles will report on such incidents in private and public schools. God wants to intervene, and the body of Christ really needs to pray for protection against these attacks on families. The church will play a very important role in assisting with the restoration of broken families and affected children.

Fathers

Furthermore, 2020 will be a year where God really gets hold of the hearts of fathers and mothers, and many of their priorities will be changed. Previously, parents have focused too much on what the news has published and have been negatively affected by the various challenges facing South Africa, resulting in them forcing their children in a direction that God does not desire for them to go. Their hearts will change to focus more on what God has planned for their children. They will hear more clearly on whether their children should stay in South Africa or go overseas and what their children should be studying. No longer will their decisions be based on what the news media report. Family challenges have become more prominent. Abuse and rape against women and children reflect how the people in the nation feel. They are not positive about one another, so they attack and abuse one another. There is much anger and frustration in families. Education at school level on how to treat one another and connect with one another is the only way to bring change.

Churches have a huge part to play in restoring families and bringing families into the right way through teaching, training and fellowship. For now, there is a huge vacuum on facing these issues, even in the church.

Stronghold Broken

South African families are in trouble. There is a sixty-year stronghold that hangs over South African families. God is going to break this stronghold in 2020. Families will reconcile and those that have been separated due to the apartheid years and ‘broken down’ will experience healing. The role of the father will be restored. Some of those who went overseas will return to South Africa due to this stronghold being broken.

The sixty-year stronghold caused an ‘overactive’ maternal structure in families and society. God is changing that; the change is starting in 2020. God will teach the fathers how to lead their families and how to bring up children. There was a lack of knowledge, which will be restored through the churches, schools and communities. This will lead to community projects, by which families will be helped and taught how to be families again.

Slot

Daar is ’n bekende Skrif in Rom 8:28 wat lees,  “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.” Ek glo dat dit ook die geval is met die Covid 19 virus en die landswye afsluiting. Wanneer ons dus vir mekaar vra, ‘Quo Vadis?’ glo ek dat die antwoord gevind kan word in Heb 12:1-2  “Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,  (2)  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof…”.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.