Baie mense glo dat God, deur die Corona virus, die mensdom straf vir hulle wandade en sondes. Is dit egter die geval? Die eerste vraag wat hieroor by my opkom, is dit: As gelowiges op so ‘n wyse gestraf word vir hulle sondes, wat het dan van Jesus se kruisigingswerk geword? Hierdie virus diskrimineer nie. Gelowiges sowel as ongelowiges kry dit en sterf selfs daaraan. As Hy alreeds gestraf is vir gelowiges se sondes, hoekom word hulle dan weer daarvoor gestraf? Dit sou vir my eerder sin gemaak het as slegs ongelowiges dan siek geword het.

Die tweede vraag wat ek hieroor het, is God die outeur van siektes soos die Corona virus?

As die Corona nie ‘n bestraffing van God is nie, is die tyd om te vra wie dan die outeur daarvan is? Deut 28:27-28 sê dat sekere siektes a.g.v. ’n vloek die mens sal tref as hy die wette van God nie gehoorsaam nie, maar dan lees ons in Kol 3:13 dat Christus ons losgekoop het van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word. Ek is daarom oortuig dat God nie die outeur van die Corona Virus is nie, maar dat dit demonies van oorsprong is en daarom demonies van aard is. Sy vrug sal sy oorsprong aandui; want, het Jesus ons geleer, “aan hulle vrugte sal julle hulle ken.” (Matt 7:16)

Die Demoniese Aard van die Corona Virus onthul

1. Die Tydsberekening

DIe virus piek tydens Lent – die aanloop na die herdenking van Jesus se kruisiging op Goeie Vrydag. Gedurende hierdie tyd vas duisende Christene wereldwyd maar hierdie jaar is dit asof daar ‘n erger demoniese aanval as andersins op diesulkes is. Dit is duidelik dat die Corona Koning, die fokus wil wegneem van Christus af en op hom wil plaas. Deur dit te doen word die effek van Lent en Paasfees totaal vernietig of verswak en word hy daarenteen op die troon van die wêreld se aandag geplaas.

2. Die Corona kroon vs die Doringkroon

Corona kom van die Latynse woord vir kroon. Die virus is na bewering so genoem vanweë verskeie punte op die molekule wat uitstaan sodat dit soos ‘n kroon lyk. Daardeur word sy vader – die Antichris – onthul. Hy probeer die antitese wees van dit wat die Doringkroon is. Koning Corona bring dood, die Koning met die Doringkroon bring lewe. Corona regeer deur vrees. Die Doringkroon heers deur liefde. Corona hou mense in gevangeskap en isoleer hulle. Die Doringkroon maak mense vry.

Die Corona virus poog om deur n strategie van vrees en isolasie, Paasfees en die vieringe ter herdenking van Christus se werk aan die kruis, te ontwrig of totaal uit te stel.

3. Isolasie

Dit is ‘n eeue oue en welbekende strategie dat jy jou vyand eers probeer isoleer van versterkings of hulp voordat jy aanval. In beradingsessies is dit welbekend dat mense geneig raak om te isoleer wanneer dit nie geestelik of sielkundig goed gaan met hulle nie, bv. mense wat begin depressief raak, wil die heeldag net in ‘n donker kamer bly of niemand sien nie. Hulle isoleer, en daardeur word hulle ‘n maklike teiken vir hulle vyand. Die Corona virus isoleer op groot skaal mense, gemeenskappe, dorpe, stede, provinsies en lande baie effektief. Selfs kerke, selgroepe en gebedsgroepe word effektief geisoleer deur hierdie demoniese koning of prinsipaliteit. Jesus Christus daarenteen, wil graag hê dat die samelewing funksioneer met ‘n gesonde kerklewe.

4. Vrees

Die Corona Koning heers deur vrees, ‘n oppressiewe vrees wat hoop vir die toekoms wegneem en mense moedeloos en willoos laat. Een van sy luitenante is ‘n Gees van Vrees. Ongelukkig veroorsaak die groepsdruk van die samelewing dat baie Christene meegesleur word deur die gees van vrees. Hierdie vrees is nie noodwendig ‘n vrees om die virus op te doen nie, maar eerder ‘n vrees vir die toekoms: hoe gaan ons ekonomies oorleef te midde van ‘n nasionale ‘lockdown’? Baie mense maak ‘n lewe deur ‘n diens te lewer aan die gemeenskap, soos haarkappers en motorwerktuigkundiges. Hulle manier om inkomste te genereer, is egter weggeneem. Hulle mag nie klante ontvang en inkomste genereer nie. Daar is geen manier om geld bymekaar te maak vir die huur, selfone, brandstof, elektrisiteit en ander noodsaaklikhede nie. Die isolasie dryf hierdie vrees en dit neem ons fokus weg van Christus en na die branders van omstandighede. Dieselfde is die geval met motorwagte of in die ‘townships’, waar die broodwinners met ‘n weekloon van R800 of minder skielik vir ‘n gesin van 4 of meer moet sorg vir drie weke lank. R800 is eenvoudig net te min en baie van hulle is ongelowiges. Dit is die ideale omstandighede vir vrees om te heers. Vrees verslaaf n mens. Dit neem jou vrye wil weg en dwing jou in rigtings waarin jy nie wil gaan nie. Die dwing jou bv. om skuld te maak wat jy nie wil he of kan bekostig nie en daardeur word jy verder verslaaf.

Die effek van die vrees word verder versterk deurdat ‘n teenmiddel oënskynlik nie beskikbaar is nie.

Gevolgtrekking

Die Corona virus openbaar al die geestelike eienskappe van ‘n demoniese entiteit of van Satan self. Dit is nie van God gestuur nie maar toon die klassieke karaktereienskappe waarvan Jesus ons geleer het in Joh 10:10  “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.” Die virus bring beslis nie lewe in oorvloed nie maar voldoen baie duidelik eerder aan die eienskappe van die dief.

Hoe die kind van God moet optree in die situasie

Ek is oortuig daarvan dat Martin Luther die regte pad aangedui het toe daar ‘n uitbraak van die builepes plaasgevind het in Europa in Augustus 1527. Die siekte het na raming byna 60% van Europa se bevolking uitgewis. Toe pastor Hess vir Luther gevra het hoe Christene moet optree in die situasie, het hy aan hom ‘n brief geskrywe wat ‘n klassieke werk geword het en wat vandag nog net so van toepassing is as wat dit 500 jaar gelede was. Hy skrywe hierin hoedat die Christen met sterk geloof moet optree sowel as hoe die Christen met swakker geloof moet optree. Wat belangrik is, is dat hy sterk aanbeveel dat jy moet doen wat jy kan – jou medikasie drink, jouself en jou besittings ontsmet en omsigtig optree – sodat jy nie dalk die Here deur jou optrede versoek of toets nie. Hy voel dat, nadat jy dit gedoen het, jy nietemin nie bang moet wees om jou naaste te help en by te staan op watter manier jy ookal kan nie. As die Goeie Herder Sy lewe vir die skape afgelê het, waarom dan nie jy ook nie? Sy brief is deurspek met goeie en wyse raad en jy kan dit hier lees (ek moedig jou aan om dit tog te doen).

Ek sluit af met hierdie bemoedigende woorde in 1 Kor 10:13  “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.