Daar word vertel dat die Markies De Sade grootgeword het in die tyd van die Franse Aristokrasie, toe hulle baie hoog gelewe het. Hy het ‘n baie immorele pa gehad en ‘n ma wat nie sy immorele vader langer kon duld nie, sodat sy die gesin verlaat het om in ‘n klooster te gaan woon en sodoende te ontsnap van so ’n immorele leefstyl. De Sade was grootgemaak as deel van die adel waar daar geen beperkings op hom was nie. Hy was vanaf kindsbeen gewoond daaraan om sy sin te kry in alles wat hy wou hê. Vroeg in sy lewe reeds het hy al agtergekom dat hy sy diensknegte kon byt, slaan of op hulle spoeg en niks sou met hom gebeur nie. Sodoende het hy op ’n vroeë ouderdom alreeds die begeerte ontwikkel om plesier te vind in ander mense se pyn. Uiteindelik het dit so gekom dat hy homself met sadisme in sy seksuele ondervindings uitgedruk het [die term “sadisme” kom uit sy naam “De Sade”].

Eendag het hy ‘n seun so erg geslaan dat die dorpenaars hom uit die dorp verban het. Hy was toe gestuur na ‘n oom wat predikant was. Dit was nie ongelukkig nie sy verlossing nie, want hierdie oom van hom was ook immoreel. As jong seun het hy sy oom se immorele eskapades dopgehou totdat hulle sy oom uitgevang het. Sy dade was in die publiek ontbloot en hy was skuldig bevind; maar hy het sonder enige straf daarvan af gekom. Daar was geen vergelding vir sy dade nie. De Sade het later geskryf dat die wete dat selfs ‘n man van God die laagste moontlike dade van perversie kon pleeg en nie daarvoor aanspreeklik gehou word nie, homself daarvoor oopgemaak het om die dieptes van sonde self te gaan verken. Dit het ‘n diepgaande uitwerking op hom gehad en dit het die verloop van sy lewe totaal verander. Hy het die toonbeeld van seksuele perversie geword.

Ons teksvers vir vandag is

Gal 5:19  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;

Jud 1:4  Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.

Daar is ’n sekere woord wat in hierdie twee verse voorkom, waarvan die betekenis onduidelik is. Ons het almal ’n goeie idee wat owerspel en hoerery is, maar wat is hierdie sonde waarvan Paulus en Judas praat? Wat is die sonde van ongebondenheid?

Wat is ongebondenheid?

Die Griekse woord vir ongebondenheid is aselgeia, wat die beste vertaal kan word as ‘om na te laat om te beheer’ – ’n lewe sonder grense. Ongebondenheid is ’n vreemde woord vir baie van ons. Die Engels daarvan is ‘lasciviousness’ en ‘wantonness’ – om opsetlik en moedswilliglik toe te gee aan jou drange en luste, selfs al weet jy dat dit verkeerd is.

Dit is juis die probleem vir baie Christene. Hulle kan hulle grense beheer nie. Wanneer hulle probeer om te sê “Nee” omdat hulle hulself ooreet, kan hulle hulleself nie beheer nie. Wanneer hulle probeer om die pornografie gewoonte te breek – geen beheer nie. Wanneer hulle probeer om hul taalgebruik te beheer, kan hulle dit nie beheer nie. Ongebondenheid kan manifesteer in enige area van jou lewe, vanaf finansies, hoe jy praat, jou eetgewoontes, die manier hoe jy dink tot by die manier hoe jy werk. Enige area van jou lewe waarin jy min of geen selfbeheersing het nie, is ‘n gebied waarin ongebondenheid probleme vir jou skep. Ongebondenheid is dodelik. Dit sal jou van jou krag beroof, dit laat jou oop vir aanvalle van die Duiwel en omdat jy jou getuienis kompromiteer, maak dit jou heeltemal ondoeltreffend as ‘n Christen.

Die pad na ongebondenheid

Hoe verander iemand van ‘n redelik gedissiplineerde persoon na een wat oorheers word deur ongebondenheid? Aan die einde is daar net een manier hoedat ongebondheid jou kan oorheers. Dit is omdat jy jouself daaraan gegee het. Niemand was nog ooit onverwags oorval (blind-sided) deur ongebondenheid nie. Dit kom deur ‘n reeks keuses – keuses wat net jy kan maak. Het jy bv. al ooit gesukkel met ’n slegte gewoonte? “Druk” is die regte woord. Die slegte gewoonte is letterlik ‘n vorm van druk op jou vlees. Dit is hoe die Bybel dit beskryf:

Heb 12:1  Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê…

Let daarop dat dit sê, “ laat ons ook elke las aflê en die sonde… ” ‘’n Las is ’n gewig en gewig oefen altyd druk uit. Hier beskryf die Woord die versoeking om te sondig as ‘n vorm van druk op die vlees. Jy kan waarskynlik met daardie beskrywing identifiseer. Almal van ons het al op een of ander tyd die druk van die sonde op ons vlees gevoel. Die rede hoekom so baie Christene egter probleme met die sonde kry, is dat hulle nooit die las of gewig van versoeking eenkant neerlê nie. Hulle dink hulle kan speel met vuur en nie brand nie. ’n Goeie voorbeeld hiervan is die persoon wat sukkel met die sonde van wellus, maar dink dat hy pornografie kan kyk sonder om daaraan verslaaf te raak. Hy hou die druk of gewig van die sonde op sy vlees. Daardie druk lei altyd tot slawerny aan daardie spesifieke sonde. Nog ‘n voorbeeld is iemand wat verslaaf is aan alkohol. Dikwels sal hy gered word van die verslawing, maar nog steeds voortgaan om te assosieer met alkohol gebruikers. So ’n persoon sal altyd eindig terug in alkohol verslawing. Hoekom? Hulle het nooit die las of gewig afgelê nie. ‘n Gewoonte begin nie sommer net as ‘n gewoonte nie. Dit begin met jou heeltemal in beheer van die situasie. Soos wat jy egter voortgaan in daardie sonde, sal dit jou uiteindelik beheer.

Jy sal onthou dat die beste vertaling vir ongebondenheid is ‘om na te laat om te beheer’. Hierdie tipe van sonde gebeur nie sommer net oornag nie. Niemand word een oggend wakker en besluit dat hulle vandag alle beheer oor hul luste en begeertes gaan weggooi nie. Dit is ‘n proses wat stadigaan oor ’n tyd plaasvind. Ongebondenheid kan baie vorms aanneem. Dit kan manifesteer in ons aptyt vir kos. Dit kan die vorm van wellus neem. Soms is dit die onvermoë om ‘n mens se woorde te beheer, soos vloek of praat voor jy dink. Hoewel ongebondenheid homself anders in verskillende individue openbaar, het dit byna altyd sy bron op een plek – die mens se fisiese drange. Daar is drange na seks, eet, koop, goedkeuring, sukses, troos, wraak en baie ander dinge. Maak nie saak watter vorm dit aanneem nie, ongebondenheid eindig altyd dat ‘n persoon die vermoë verloor om hul gedrag te beheer.

Wat ook al jou swak punt is, is dat die plek waar ongebondenheid jou lewe gaan betree beheers. As dit suksesvol is, sal jy uiteindelik geestelik impotent en heeltemal ondoeltreffend as ‘n Christen word. Deur ongebondenheid sal jou vlees so sterk kan word dat dit jou gees so totaal oorheers, dat jy hulpeloos voel om jou aksies ten alle tye te beheer.

Selfs in ons eie land en in die rigting wat die wêreld leiers begin inslaan het, kan die gevolge van ongebondenheid – ‘life without limits’ – duidelik gesien word. Dit het nou tot op die punt gekom waar mens reg verkeerd begin noem en waar verkeerd reg genoem word.

Hoe om vry te kom van ongebondenheid

Net voordat Kain vir Abel doodgeslaan het, het die Here vir Kain ’n belangrike dinge gesê en as Kain geluister het, sou hy waarskynlik nie die eerste moordenaar in die geskiedenis geword het nie:

Gen 4:7  …die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.

Daardie woorde is vandag nog net so waar as wat dit toe was. Die sonde loer steeds na ons en sy begeerte is steeds na ons, maar ons moet daaroor heers. Om te heers beteken om sekere reëls vir jouself daar te stel en om daardie reëls nie te oortree nie. Dit was ook God se doel met die Tien Gebooie. Dit was nooit bedoel as ’n straf of om die mense ’n lekker leefstyl te ontneem nie. Dit was bedoel om vir hulle grense te stel waarbinne hulle veilig kon leef.

Hier is ’n paar moontlike stappe wat jy kan volg om die sonde van ongebondenheid te oorwin:

  1. Die geveg is in jou gedagtes. ‘n Onbeduidende gedagte wat nie hanteer word nie kan ‘n denkpatroon geword. ‘n Denkpatroon kan weer ‘n gewoonte geword. ‘n Gewoonte maak volgende die deur oop vir die dodelike krag van ongebondenheid. (Jak 1:14-15)
  2. Jy word dit waarop jy fokus. Die Bybelse oplossing is om op te hou om op jou sonde te fokus (bv. verkeerd eet of ooreet) en op die Woord te begin fokus. Kan jy bv. iets so eenvoudig doen soos om die boeke van die Nuwe Testament in volgorde op te noem? Weet jy ooit hoeveel boeke daar in die Nuwe Testament is? Kan jy 10 versies uit die Nuwe Testament opsê met hulle verwysing waar hulle staan? As jy 10 versies ken, wat van 20? Lees jy minstens elke dag ’n paar verse uit die Bybel en dink jy daaroor na? Al hierdie is maniere wat jy kan gebruik om jou fokus te verander. (Ps. 1:1-3)
  3. Die teenoorgestelde van ongebondenheid is selfbeheersing. Selfbeheersing is ’n vrug van die Gees en Ongebondenheid is ’n werk van die vlees. Selfbeheersing is ‘n krag wat jou in staat sal stel om die drange van jou vlees te beheer. Dit is hoekom dit so ‘n kragtige wapen teen ongebondenheid is. (Gal 5:22-23) Stel vir jou reëls op om jou te help teen die area van ongebondenheid waarmee jy sukkel en moet dit nie oortree nie.
  4. Bely die areas van jou ongebondenheid aan God, vra Hom om jou te vergewe en begin op daardie oomblik om weg te draai daarvan. (1 Joh. 1:9)
  5. Vertel binne 72 uur vir minstens 5 mense naby aan jou wat jy gedoen het. Mense sal jou van nature wil help en sal jou ondersteun in jou onderneming.

Slot

Ek glo dat ware vryheid slegs moontlik is deur binne ’n bepaalde stel grense te lewe. Sonder grense verander ons lewens soos wat dit met die Markies De Sade gebeur het. Ons harte word verhard en ons daal na dieptes van sondes wat ons nog nie geken het nie. Ongebondenheid het byna die leuse geword in die wêreld waarbinne ons vandag lewe. Die ‘buzz word’ is vryheid of ‘freedom’, maar dit sê nie van wat nie. Die uiteinde daarvan is dat ons skynbaar vry is om volgens ons wil van geslag of seksuele orientasie te verander, dat dit ons liggame is en dat ons aborsies kan kry soos en wanneer ons wil en dat ons kinders nie getugtig hoef te word indien hulle die reëls oortree nie.

Ek glo nie vir ’n oomblik dat dit ooit God se bedoeling of enigsins die bedoeling van Sy Woord was nie; daarom is dit veral in vandag se tye belangrik dat ons die sonde van ongebondenheid sal ken en oorwin as God se Kinders.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.