Wette beheer ons gedrag in die samelewing. Daar is basies twee soorte – iets wat jy moet doen en iets wat jy nie mag doen nie. Die vereistes vir die oortreding van wette is gewoonlik straf, soos ’n boete of gemeenskapsdiens of gevangenisstraf. Ek neem aan dat die meeste van ons probeer om wetsgehoorsame burgers van ons land te wees. Maar is ons werklik? Weet jy dat, onder Suid-Afrikaanse wetgewing

  • Dit onwettig is om met ’n beer te stoei?
  • Dit onwettig vir kinders wat jonger as 12 is, om nader as 30cm aan mekaar te sit as hulle swemklere aan het?
  • Voertuie swaarder as 9 ton nie gedurende spitsverkeer op ons hoofwee mag ry nie?
  • As jy ooit in Suid-Afrika ry en ‘n veewagter en sy vee die pad wil oorsteek, moet jy altyd toegee. Veewagters het die eerste reg op padgebruik. Daar is egter ‘n beperking op die reël. Die diere moet donkies, bokke, varke, volstruise, muile of perde wees. Skape en beeste – wat meer algemeen voorkom – is klaarblyk van die reël uitgesluit.

Wanneer jy na ’n ander landreis, kan jy selfs in die moeilikheid kom oor sekere wette daar:

In Pennysilvania in Amerika is dit glo onwettig vir ’n vrou om vuilgoed onder ’n mat in te vee. Dit is ook onwettig daar om buite te slaap bo-op ’n yskas. In Suid-Australië mag ‘n persoon nie ‘n gevaar vir enige persoon of voertuig veroorsaak wanneer hy of sy ‘n voertuigdeur oop maak nie; en in Denemarke mag ’n restaurant glo nie ophou om jou te bedien voordat jy nie verklaar het dat jy, in jou opinie, versadig is nie.

Die wette waaroor ons hier praat, is egter alles sekulêre wette; wette wat dwarsdeur die jare ontwikkel is om spesifieke situasies aan te spreek wat as ernstig beskou word – of dalk nie so ernstig vir sommige mense nie. Maar wat van wette wat Bybels van aard is? Gewoonlik wanneer ons oor Bybelse wette dink, dink ons natuurlik dadelik aan die Tien Gebooie, wat dalk die mees volmaakte wette is wat ooit ontwikkel is. Hulle dek alles – alles vanaf respek vir God en respek vir jou ouers tot oor hoe om bure te respekteer. Hulle is so volmaak dat hierdie wette gebooie genoem word, en as almal deur hulle en in hulle gees sou leef, sou die wêreld absoluut in ‘n utopiese samelewing leef. As ‘n mens die Pentateug – die eerste vyf boeke van die Bybel – deeglik ontleed, sal jy vind dat die wette daarin vervat meer as 600 is. Trouens, in die In die derde eeu nC het die Rabbi Simlai bepaal dat daar 613 wette beskrywe word wat in twee dele verdeel is; 248 van hulle is positiewe gebooie – dinge wat ons moet doen – en 365 van hulle is negatiewe gebooie – dinge wat ons nie mag doen nie.

Ek wil vandag praat oor die verhouding tussen die Wette van die Ou Testament en die Genade van die Nuwe Testament. Sommige mense plaas die Wet voor die Evangelie: ander plaas weer die Evangelie in die plek van die wet; sommige verander sommer die Wet en die Evangelie en verkondig geen Wet of Evangelie nie; terwyl andere die Wet heeltemal verwerp deur slegs die Evangelie in te bring. Baie   dink weer dat die Wet die basis van die Evangelie is en daardie mense leer dat jy deur jou goeie werke soos welwillendheid, eerlikheid, geregtigheid en goeie gewoontes, kan gered word. ‘n Sekere groep glo weer dat die Wet en die Evangelie vermeng is, en dat mens deels deur die nakoming van die Wet en deels deur God se genade gered word. Ons teksvers is uit

Rom 5:20  “Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword”

Ek verdeel hierdie teksvers vir ons doeleindes vir vandag, in twee:

Die wet het gekom sodat die misdaad meer sou word

God het die wet gegee “sodat die misdaad meer sou word”. Let wel, nie sodat die misdaad (of sonde) moes begin nie, maar sodat dit meer sou word. Sonde het lank voor die wet, alreeds begin. Daar was sonde in die wêreld lank voor die wet, niemand het net geweet dat dit sonde was nie. Eers toe daar ’n wet kom wat beskrywe wat sonde is, het die mense verstaan wat sonde was. Selfs daar waar die wet nog nooit gehoor is nie, in die heidense lande waar die Woord nog nooit heen uitgegaan het nie, is daar sonde, want hoewel mense nie kan sondig teen ’n wet wat hulle nog nooit gesien het nie, het almal ’n ingeboude bewustheid van goed en kwaad. Alle mense, in elke land, het ’n gewete, en daarom kan alle mense sondig. Die rede is dat die oorspronklike mens, in die tuin van Eden, geëet het van die boom van kennis van goed en kwaad. Daardeur het die kennis van goed en kwaad deel geword van die natuur van elke mens. Die onkundige lid van die verlore stam wat nog nooit van ‘n God gehoor het nie, het net soveel kennis van wat uiterlik goed of sleg is, as ’n kind van God. Die apostel Paul sê daarom tereg in Rom 1:20  “Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie”. Sonder ‘n goddelike openbaring kan en sal mense nietemin sondig – en soos wat dit vandag al hoe meer duidelik word, verloor hulle totaal hulle morele kompas in hulle gewetens, natuur, tradisies en redenasies. Die wet maak daarom van niemand ‘n sondaar nie; want alle mense is reeds so weens die sondeval. Dit wet is net geskrywe “sodat die misdaad meer sou word”.

Hoekom het God dan die wet ingegee?

Op die oog mag dit lyk asof God hardvogtig teenoor die mens was toe Hy die wet ingegee het. Dit mag op die oog af selfs lyk dat ’n genadige God liewer nie die wet sou openbaar nie, maar eerder sou teruggehou het. God se wysheid is egter vêr bo die van mense en selfs hiermee is daar ’n doel om sy genade te beklemtoon, soos wat ons weldra sal sien. Die natuurlike mens het naamlik ’n ingeboude behoefte om sy sukses te bereik deur die werke van sy eie hande. Dit sluit die verkryging van genade in. Indien iemand genade moet verkry, sal hy uit sy natuur poog om dit te verdien deur iets daarvoor te doen. Die huweliksmaat wat ontrou was en uitgevang is, sal poog om genade te verdien deur iets te doen soos om te wys dat hy of sy van nou af mooi soet sal wees. Die dief wat uitgevang is, sal poog om deur sy beloftes om op te hou steel, genade te ontvang en nie gestraf te word nie. Die porno of dwelm verslaafde sal allerhande wetenskaplike maniere probeer om genade te vind en vry te kom van sy verslawing.

God sê egter: “Ek sal aan hulle hul dwaasheid wys deur ‘n wet in te gee wat se standaard so hoog is dat hulle sal wanhoop om daardie standaard te bereik. Hulle dink dat hulle werke voldoende sal wees om hulle te red; maar hulle dink verkeerd, en hulle sal deur hulle eie pogings verwoes word. Ek sal hulle ‘n wet ingee so verskriklik in sy standaard, dat hulle dit onmoontlik sal kan gehoorsaam, en in hulle wanhoop, sal kom en My genade deur my Seun Jesus Christus aanvaar.” Die doel van die wet is om mense tot die besef te bring hulle dit nie self perfek sal kan onderhou nie en ’n Verlosser benodig om hulle te red.

Oorvloedige genade

Iemand het die voorbeeld gebruik van groep van jou vriende wat oorsee wil gaan in ’n seiljag. Jy waarsku hulle dat die weermodel wys dat ’n supertornado hulle op pad gaan oorval en hulle totaal gaan vernietig. Hulle luister nogtans nie en vertrek op hulle reis. Hoe gaan jy as kind van God hulle beskerm in hulle hardnekkigheid? Een manier is deur die Here te vra om ’n baie kwaai storm te stuur voordat hulle deur die supertornado oorval word. Wanneer hulle, kort nadat hulle vertrek het, dan deur hierdie {baie kwaai) storm oorval word en daardeur gedwing word om te draai na die veiligheid van die hawe, is hulle op so ’n manier beskerm teen die supertornado wat hulle sou vernietig het. Die Bybel sê dat die loon van die sonde die dood is – dit is die supertornado. Die wet is daardie baie kwaai storm wat mense betyds dwing om te vlug na die veiligheid van die hawe toe en daardeur gered word.

Ek het ’n pragtige verhaal gelees wat die verhouding tussen die wet en genade ook mooi verduidelik. Dit word naamlik vertel dat ’n Franse sluipmoordenares gestuur was om koningin Elizabeth te vermoor. Sy was egter uitgevang voordat sy haar doel kon bereik en voor die koningin gebring vir haar straf – wat die dood was. “Sal jy my lojale onderdaan wees as ek genade in plaas van geregtigheid aan jou betoon en jou misdaad vergewe?” het koningin Elizabeth aan die sluipmoordenaar gevra. “Dit sal geen genade wees, as u genade aan my betoon op grond van my verdienste, noudat ek alreeds teen u gesondig het nie.”, het die vrou geantwoord. “Dit is ’n wyse antwoord. Dan vergewe ek jou misdaad onvoorwaardelik.” het die koningin gesê. “Dit,” het die trotse Franse vrou geantwoord terwyl sy die koningin se voete gesoen het, “is koninklike genade, en nou is ek u slaaf vir res van my lewe.”

Die tweede deel van ons teksvers lees, “en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword”. Ek haal graag aan uit Paul Bunyan se beroemde boek ‘The Pilgrim’s Progress’ oor hierdie onderwerp:

“Then the Interpreter took Christian by the hand and led him into a very large parlour that was full of dust, because never swept; in which after he had reviewed it a little while, the Interpreter called for a man to sweep. Now, when he began to sweep, the dust became so abundantly to fly about, that Christian had almost therewith been choked. Then said Interpreter to a damsel that stood by, ‘Bring   hither water, and sprinkle the room’; the which when she had done, it was swept and cleansed with pleasure. Then said Christian, ‘What means this?’ The Interpreter answered, ‘This parlour is the heart of a man that was never sanctified by the sweet grace of the gospel. The dust is his original sin and inward corruptions that have defiled the whole man. He that began to sweep, at first, is the law; but she that brought the water and did sprinkle it, is the gospel. Now, whereas thou sawest that as soon as the first began to sweep, the dust did so fly about, that the room could not by him be cleansed, but that thou wast almost choked therewith; this is to show thee, that the law, instead of cleansing the heart (by its working) from sin, doth revive, Romans 7:9, put strength into, 1 Corinthians 15:56, and increase it in the soul, Romans 5:20, even as it doth discover and forbid it, for that doth not give power to subdue. Again, as thou sawest the damsel sprinkle the room with water, upon which it was cleansed with pleasure; this is to show thee, that when the gospel comes in the sweet and precious influences thereof to the heart, then, I say, even as thou sawest the damsel lay the dust by sprinkling the floor with water, so is sin vanquished and subdued, and the soul made clean, through the faith of it, and consequently fit for the King of glory to inhabit.'”

Die toestand van ons harte

Die hart van die mens is soos ‘n donker kelder, vol akkedisse, kakkerlakke, weeluise, en allerhande reptiele en insekte, wat ons in die donkerte van sonde nie sien nie, maar die wet maak die blinders oop en laat die lig in, sodat ons, ons boosheid sien. Sonde word dus deur die wet duidelik gemaak,    en deur die wet word die misdaad in oorvloed. Die wet sny tot in die kern van die bose, dit openbaar die setel van die kwaadwilligheid en wys ons die kanker wat diep binne ons lê.

Genade is verhewe bo sonde in sy maat en in sy doeltreffendheid. Alhoewel ons sondes baie is, het genade baie barmhartigheid vir ons. Dit is ons evangelie vandag. Dit is een van liefde. Dit is een van genade. Dit is een van vergifnis. Dit is een van die liefde en genade van ons kosbare Verlosser, die Here Jesus, ons hoop en ons verlossing. En dit is vandag my uitnodiging aan jou om Hom in jou hart te aanvaar; om die gemeenskap met die kinders van God nie af te skeep nie, en om God se roepstem in jou hart te beantwoord.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.