Vertrou jou instrumente

In 1929 was daar nog nie voldoende instrumente ontwikkel vir vliegtuie om in die aand of in slegte weer te vlieg nie. Vliegtuie het in die oggende opgestyg en in die middae geland, waarna die passasiers op treine oorgeplaas was en op so ‘n wyse die res van hulle rit deur die nag moes voltooi het. Sonder die vermoë om die vlug van ‘n vliegtuig te beheer, vanaf opstyg tot landing, ten spyte van wolke, mis, rook, sneeu of ander verduisterings en veral sonder enige verwysing na ‘n horison wat reguit vlug kon aandui wanneer die aarde nie sigbaar is nie, sou die vooruitgang van lugvaart heeltemal verlam wees. Teen 1934 het die lugvaart voldoende ontwikkel dat daar heelwat betroubare instrumente in ‘n vliegtuig was. Amelia Earhart, ‘n vlieënier wat een van die pioniers van interkontinentale vlugte was, het oor instrumente gesê, ‘‘n Vlieënier se leuse behoort te wees, “Gewoonlik is die instrumente reg en jy is verkeerd.”’.

Ek kan die dag goed onthou toe my klein-neef geleer het om te vlieg en sy eerste solo navigasie vlug moes doen. Hy het niemand gehad om hom te help met waar hy is, hoe hoog hy is en wanneer hy moet draai en hoe baie hy moes draai nie. Hy moes dit alles daardie dag self doen. Toe hy kom land het, was sy klere letterlik papnat gesweet van die inspanning, maar op sy gesig was daar ‘n groot glimlag en sy gesig het gegloei van die trots. As sy oom en as die pa van ‘n dogter wat self sweeftuie gevlieg het, het ek noodwendig tussen hulle twee sommige van die dinge opgetel wat hulle geleer het. Ek het verder agtergekom dat mens dit in jou persoonlike lewe ook met goeie resultate kan toepas.

Die nood-kontrolelys

‘N Algemene scenario wat baie ingeoefen word, is die stol, wat nie die gevolg is van die enjin wat stop nie, maar eerder dat die vliegtuig se vlerke ‘n hoek en spoed het wat nie meer genoeg lugkrag of ‘lift’ genereer om die vliegtuig in die lug te hou nie.  Om ‘n vliegtuig of sweeftuig te vlieg is altyd ‘n bietjie senuweetergend, maar ‘n stol kry jou aandag. Jy begin vinnig hoogte verloor. ‘n Stol-waarskuwing weerklink teen ‘n frekwensie wat jou ore letterlik seermaak. En die korrektiewe aksie druis eweneens teen die normale reaksie in: Druk die vliegstang vorentoe, duik neus af, verhoog die spoed en herwin dan weer hoogte. Dis vreesaanjaend aan die begin. Soms sou die instrukteur opsetlik die enjin laat uitsny. Hy het geleer dat nood opleiding twee doelwitte het: Eerstens, om te leer hoe om noodsituasies op te los; maar tweedens, en belangriker nog, om die ware waarde van kalmte te leer ken as jy die ergste in die gesig staar. Dit het my laat dink aan die nood-kontrolelys wat ons in die Bybel vind vir wanneer ons vind dat ons spoed verloor het en besig is om te stol:

  • Dink aan ‘n manier hoe jy vinnig en veilig kan ‘land’ of uit die situasie kan kom indien dit nodig sou raak
  • Jak 1:5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
  • Jes 41:10 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
  • Psa 103:2-5 Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!  (3)  Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,  (4)  wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,  (5)  wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n arend.

Ek sal nooit my klein-neef se eerste “cross country” solo vlug vergeet nie. In hierdie scenario vlieg jy ‘n lang afstand (verder as 200 kilometers) en kom self veilig terug huis toe. Die belangrikste vaardigheid hier is navigasie. Maak nie saak wat jy doen nie, daar is altyd ‘n kans dat jy verlore raak. Vlieëniers  leer ‘n verskeidenheid van taktieke om hulself te heroriënteer. As ‘n vlieënier het sy instrukteur hom geleer dat as hy verlore raak en alles anders misluk, volg “die vier C’s”:

 

Kry hoogte (Climb)

Heb 13:17  Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.

Heb 13:17  Obey your spiritual leaders and submit to them [continually recognizing their authority over you], for they are constantly keeping watch over your souls and guarding your spiritual welfare, as men who will have to render an account [of their trust]. [Do your part to] let them do this with gladness and not with sighing and groaning, for that would not be profitable to you [either].

In ‘n vliegtuig, koop hoogte vir jou tyd. Hoogte gee jou tyd om te dink en laat jou radio ook verder reik. In ‘n werklike situasie, beteken dit om afstand kry uit die situasie. Vra tyd om daaroor na te dink of tree effens terug sodat jy ‘n beter perspektief kan kry. Klankbord die situasie met jou toesighouer, geestelike leier of ‘life coach’. Soms raak mens so verlore in die detail dat jy die oplossing mis kyk.

Kommunikeer (Communicate)

Ps 50:15  en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.

Heb 4:16  Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Moenie stilbly en hoop dat die probleem sal weggaan nie. Wanneer jy ‘n in ‘n vliegtuig is, beteken dit dat jy met die Lugruim Beheerbeampte of Air Traffic Controller (ATC) moet praat. Ons ATC is die Here. Bid en vra die Here wat jy moet doen in die betrokke situasie. Gebed beteken ook om stil te bly en te hoor wat die Here sê. Skrywe neer wat jy glo wat die Here sê, en vergelyk dit met jou geestelike leier. Ek is ‘n sterk voorstander daarvan om ook deskundige advies in te win waar en wanneer moontlik.

‘n Ander klassieke fout wat mense maak wanneer hulle ‘n tweerigting radio gebruik, is om in hulle paniek te vergeet om die radio se ‘praat’ knoppie te los. Dit voorkom dan dat die persoon enige raad, hulp of advies kan hoor wat aan hom gestuur word. Net so moet ons in ons gebedslewe onthou om die ‘praat’ knoppie te los en te luister na die raad wat die Heilige Gees aan ons gee.

Erken (Confess)

1 Joh 1:9  As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Jak 5:16  Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

Sluk jou trots. Erken prontuit en eerlik dat jy ‘n probleem het en dat jy nie weet wat om volgende te doen nie, selfs al is jy skuldig. Dit is OK.  Dit is beter as dat jy teen ‘n ander vliegtuig vas vlieg of net verder verdwaal.

Volg die instruksies (Comply)

Spr 15:22  Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is.

Volg die raad wat die partye aan jou gee en kom so uit jou nood situasie. Dit gebeur baie gereeld dat mense om advies kom vra maar dan steeds hulle eie koppe volg en sodoende die situasie eerder vererger.

Vertrou jou instrumente en geloof

‘n Valskerm soldaat vertel dat hy deur die jare gesien het hoedat baie mense beseer word omdat hulle nie hulle opleiding en toerusting vertrou het nie.  Nie een van hierdie mans wou seerkry nie. Hulle het egter so paniekbevange geraak dat hulle eenvoudig nie instruksies kon volg nie, en hulle het nie geloof in hul valskerm gehad nie. God sê in Sy Woord dat ons nie angstig moet wees nie (Fil 4:6). God weet dat angs en vrees die teenoorgestelde van geloof en vertroue in Hom is. Hy wil hê ons moet leer om Hom te glo!

As ons nie sy instruksies kan volg nie, benader ons gebed met ‘n gespanne, angstige gees. God lyk dan ver weg. Die moontlike oorsake van angs is soveel soos die sand op die strand. Sommige valskermspringers is ernstig beseer omdat hulle angstig was en net so is baie gebede oënskynlik onbeantwoord wanneer ons angstig is. Ons paniek maak dat ons nie behoorlik kan hoor of instruksies kan volg nie

Ondervinding toon dat die persoon wat baie angstig is en bang is dat sy gebede nie beantwoord sal word nie, die persoon is wat mees waarskynlik min geloof het – en onbeantwoorde gebede. Dis hoe dit Is! Ons kan leer om die boodskap te glo dat Jesus gekom het om lewe aan ons te gee, en dit in oorvloed (Joh 10:10). Ons kan vreugdevol in die toekoms inspring en glo dat Hy by ons is en dat Hy ons sal voorsien van alles wat ons nodig het. Om uit ‘n vliegtuig te spring, is skrikwekkend as ons nie vertroue in ons valskerm het nie; net so is ‘n sprong in die toekoms ook  vreesaanjaend as ons nie vertroue in ons Verlosser het nie!

2 thoughts on “Vertrou jou instrumente

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.