Daar is verskillende fases van geestelike groei, net soos wat ‘n kind deur verskillende fases tot volwassenheid groei. Deur die fases te ken, sal dit jou help om vir jouself te onderskei waar jy tans geestelik is. Nadat jy jou plek gevind het, sal dit jou help om geestelik uit daardie stadium na ‘n ander stadium te groei.

Ons lees in  1 Joh 2:12-14  Ek skryf aan julle, my kinders, omdat die sondes julle vergewe is om sy Naam ontwil.  (13)  Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het. Ek skryf aan julle, kinders, omdat julle die Vader ken.  (14)  Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.

Hier is duidelik stadiums van die Christelike lewe wat onderskei kan word. Dit kom nogals baie ooreen met die stadiums in ons fisiese lewens.

Eerste Fase – die Babajare

Die eerste fase waarvan ons in vers 12 lees, is dié van ‘n baba-Christen. Dit is die persoon wat homself as ‘n sondaar gesien het, verlore, sonder God en sonder hoop. Hy het die evangelie – die goeie nuus dat Here Jesus Christus na hierdie aarde gekom het om sondaars te red; geglo. Hy het hom tot God gewend en sy geloof in die Here Jesus alleen gevestig. So ‘n persoon is in God se familie gebore en het; net soos wat ‘n pasgebore baba melk nodig het; dadelik die melk van die Woord van God nodig. Hul eerste stap as ‘n pasgeborene is om gedoop word in water waardeur hulle identifiseer met die lewe, dood, begrafnis en opstanding van die Here Jesus Christus.

Die Kerk, die Liggaam van Jesus Christus, is veantwoordelik om hierdie kinders op te voed in die koestering en vermaning van die Here Jesus Christus. As geestelike babas moet hulle leer hoe om in die Gees te wandel en nie die begeerlikheid van die vlees te vervul nie. Geen baba word volwasse gebore nie en hulle moet leer om te groei in genade en in die kennis van ons Here Jesus Christus.

Diegene wat wedergebore word en nie begin groei nie, bly vleeslik of soos kinders (1 Kor 3:1-4). Hulle bly babas en leef ‘n vleeslike lewe in plaas van ‘n geestelike lewe waar hulle voortdurend met die Heilige Gees vervul word. Hulle kan nie die vaste spys van die Woord van God soos in vers 2 sien nie, en daar is twis en verdeeldheid onder hulle soos in vers 3 gesien.

Daar is drie karaktertrekke wat tipies is van ‘n baba-Christen:

Onskuld

Die eerste ding wat mens van ‘n baba opval, is sy onskuld. Niemand dink aan ‘n baba as ‘iemand met ‘n verlede’ nie want ‘n baba het nie een nie. Kyk wat sê die Bybel oor nuwe Christene:

2 Kor 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Kan ek jou iets vertel?  As jy ‘n pasgebore baba in Christus is, het jy geen verlede meer nie. Miskien was jy so agteraf soos die duiwel homself. Miskien was jy was dalk die ergste ou kwaadstoker wat ooit rondgeloop het. Hoe jy ook al geleef het, toe jy weer gebore is, het jy ‘n nuwe mens geword in Christus Jesus en het jy geen verlede meer nie. God kyk na jou asof jy  ‘n onskuldige baba is. Alhoewel hierdie onskuld by die kinderjare van ons Christelike lewe behoort, is dit een kenmerk wat ons nooit moet ontgroei nie. Ons moet hierdie onskuld behou vir die eenvoudige rede dat ons dit nie doen nie; ons weereens onder die veroordeling van die duiwel sal val en in die geestelike lewe verslaan sal word. ‘n Nuwe Christen is ongekompliseerd, vol geloof, gereed om te doen en gewillig om te leer. Ons moet altyd daardie leerbare gees behou en onderhou.

Onkunde

My vrou het ‘n dagsorg, waar sy na babas van verskillende ouderdomme kyk. Ek het van hierdie babas een ding geleer:  ‘n Baba dink blykbaar dat alles wat hy die hande kan kry, bedoel is vir sy mond. ‘n Pasgebore baba steek sy hande in sy mond. Wanneer leer om te kruip en hy ‘n skroef in sy handjie kry, sit hy dit in sy mond. As hy ‘n lepel kry, gaan dit na sy mond, as hy ‘n spinnekop vind, sit hy dit in sy mond. Babas is onkundig oor hierdie dinge. Hulle weet nie wat hulle in hul mond moet gaan en wat nie. En babas het al gesterf as gevolg daarvan dat hulle nie geweet het nie. Hulle het iets giftig gekry en dit het hulle doodgemaak. In een geval waarvan ek weet het ‘n 14 maande oue baba bederfde kos geëet wat ‘n paar dae vroeer deur ‘n ouer kind op die vloer gegooi is. Die kleintjie het nie geweet hy moet dit nie eet nie en het baie siek geword. Hy was onkundig oor die effek wat dit sou hê.

Dieselfde is waar van ons geestelike lewens. Ons moet versigtig wees wat in ons geestelike monde of ons oë of selfs ons ore ingaan. Ons moet net so versigtig wees oor wat ons lees of leer  as wat ons is oor wat ons fisies eet. Christene dink baie keer glad nie daaraan dat verkeerde lering hulle geestelik kan vergiftig, hulle van van hul spiritualiteit kan beroof en hul getuienis kan verwoes as hulle dit aanvaar nie.

Prikkelbaarheid

Babas word maklik bederf. Babas wat bederf is, word weer maklik geïrriteerd. Dit is byvoorbeeld baie maklik om hulle te bederf sodat jy altyd die lig moet aan hou. Dit is baie maklik om hulle te bederf om heeltyd in die arms te wees. Geestelike babas is ook prikkelbaar of liggeraak. Hulle bedank sommer eendag net skielik uit die gemeente vir ‘n rede soos die pastoor of iemand het hulle nie vriendelik genoeg gegroet nie of vir ‘n rede wat absurd klink. Hulle neem aanstoot die oomblik as iemand hulle eenkant toe neem en oor iets aanspreek. Hulle is babas.

Die Bybel sê egter iets oor babas wat moet grootword.  Die Bybel sê oor Isak in  Gen 21:8  “Die kind het grootgeword en die dag toe hy gespeen is, het Abraham ‘n groot fees gehou.”

Dit behoort ‘n wonderlike dag te wees – daardie dag wanneer Christene genoeg gegroei het om van die bottel af te kom. Dit behoort ‘n feesdag te wees.  Dit is vir my geen wonder dat ons nie meer volwassenheid in sommige van ons kerke het as wat daar tans is nie. As ons ‘n nuwe Christen baba kry, het ons nie ‘n bottel nie want elke bottel is in gebruik. En die ouer babas wil nie hul bottels opgee nie.

Ons behoort geestelik te groei sodat in plaas van iemand ons moet kom besoek, ons die heeltyd moet moed inpraat en met ons moet bid en ons neusies afvee, ons eerder andere kan help om hulleself te help. Wanneer die speentyd in ons lewens kom, behoort ons, net soos Abraham, God daarvoor te dank.

As ‘n kind behoorlik gespeen word, sal hy self sy gesig weg van die bottel draai wanneer speentyd kom. As dit nie so is nie, het jy ‘n woede uitbarsting op jou hande. As jy mense net op melk bly hou, sal hulle ophou groei. Die Apostel Petrus het gesê  (1 Pet 2:2)  “Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry.”

Wat moet ons doen?

God wil hê dat ons geestelik moet opgroei. Paulus praat met die gemeente in Efese oor geestelike volwassenheid in Ef 4:13-14  [Laat] ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.  (14)  Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie.

Vra die Heilige Gees om hierdie week aan jou te wys in watter areas jy nog geestelik moet groei.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.