“Die Koning is dood, lank lewe die koning!” is ‘n tradisionele proklamasie wat gemaak word in sekere lande wanneer ‘n koning oorlede is en ‘n nuwe koning die troon bestyg. Die oorspronklike frase is vertaal uit die Franse “Le Roi est mort, vive Le Roi!”, wat vir die eerste gebruik is tydens die toetreding tot die Franse troon van Charles VII na die dood van sy pa, Charles VI in 1422.

Tweeduisend jaar gelede, buite die stad Jerusalem, op ‘n plek genaamd Golgota, het ‘n man met die naam Jesus op ‘n kruis gesterf. Net ‘n week voor die tyd, het hierdie Man Homself as Koning geproklameer toe Hy die stad op ‘n donkie binnegery het. Deur hierdie daad het Hy aan die Joodse Skrifgeleerdes die skietgoed gegee wat hulle nodig gehad het om die Romeinse goewerneur te dwing om Hom te kruisig. Dit was ‘n netjies uitgewerkte plan. Kruisiging was ‘n wrede dood wat net gebruik was vir rebelle teen die Romeinse Ryk, soos byvoorbeeld die Selote was. Die Selote was amper wat ons vandag sou noem, “The Jewish Resistance”. Sulke rebelle is in die openbaar gekruisig sodat mense moes sien wat gebeur met jou as jy teen die Romeinse Keiser in opstand kom. Die Skrifgeleerdes het geweet dat hulle dit nie durf waag het om teen Jesus op te tree by die Tempel nie. Maar as hulle Hom na die goewerneur kon bring as ‘n rebelle leier…

Dit sou hulle probleem perfek oplos. Indien Pilatus sou weier om Hom te kruisig omdat dit volgens hom ‘n Joodse godsdiens probleem was, sou hulle Pilatus eenvoudig dreig om hom te rapporteer aan Rome as iemand wat niks aan ‘n rebelle leier doen nie, want almal het geweet hoedat Jesus ‘n week gelede openlik aan die teenoorgestelde kant van die stad  en op dieselfde tyd as die Romeinse goewerneur; die stad as ‘n koning binnegery het en hoedat daar baie mense wat palmtakke voor Hom uitgesprei het. Pilatus was in ‘n hoek en sou nie anders kon as om Jesus as ‘n rebel te kruisig nie, al was dit teen sy sin.

Wat hulle nie geweet het nie, is dat daardie dag eintlik die dag was waarop God gesterf het. Die kruis was in die hart van God van alle ewigheid af. As ons regtig wil verstaan ​​waaroor Christenskap gaan, moet ons na die kruis gaan. As iemand vir my sou vra, ‘Wat is Christenskap?’ sou ek die kruis aan hulle moes verduidelik.

Ons Skriflesing vandag is uit 1 Korintiërs 1:18-25

“Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;  (19)  want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak.  (20)  Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?  (21)  Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red;  (22)  want die Jode vra ‘n teken en die Grieke soek wysheid,  (23)  maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke;  (24)  maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God.  (25)  Want wat dwaas is by God, is wyser as die mense; en wat swak is by God, is sterker as die mense.”

Sommige mense mag dalk verras wees om te hoor dat die Christendom nie altyd ‘n simbool gehad het nie. Heel aan die begin het hulle Bybelverhale uitgekerf teen die mure van die katakombes waar hulle aangehou was. Later het hulle mekaar gegroet met die teken van die vis. Die griekse woord vir ‘vis’ is ‘IXTHUS’, maar vir hulle was IXTHUS ‘n anagram wat gestaan het vir “Jesus Christus, God se Seun wat Red” (Iesous Xristous, Theou Uious Sotêr). Eers sowat tweehonderd jaar later het die kruis ‘n simbool vir die Christendom geword, toe Christene die teken van die kruis op hulle voorhoofde begin maak het. Oor die eeue heen het baie ongelowiges die Christendom gespot vir hulle aanbidding van ‘n man wat op ‘n kruis gesterf het. Die Duitse filosoof Nietzche het die Christendom ‘n godsdiens vir swakkelinge genoem. Hy het die idee bespot van ‘n God wat gekruisig kan word. Dit het ook baie onlangs in ons land gebeur, toe ‘n prominente politikus gespot het met die kruis van Christus. Vir die wêreld is die kruis ‘n simbool van nonsens; vir diegene wat dit glo, is dit ‘n simbool van verlossing. Wat beteken die kruis vir die wêreld? Hier is drie antwoorde op daardie vraag:

Die wêreld neem aanstoot deur die Kruis.

maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke;” (1 Korintiërs 1:23). Die Jode het oor die kruis gestruikel omdat die meeste van hulle ‘n politieke leier soek wat hulle as ‘n nasie sou red van die Romeinse Ryk. Jesus het hierdie misverstand baie keer in sy bediening hanteer. Daarom het hy herhaaldelik aan mense gesê om nie die nuus van sy wonderwerke te versprei nie. Hy wou nie ‘n politieke beweging begin wat die Romeinse oorheersing sou omverwerp nie. Hy wou ‘n geestelike revolusie begin wat Satan se mag sou omverwerp. Op ‘n stadium het ‘n groep mense na hom gekom en probeer om hom koning te maak. Hy het hulle weggestuur omdat hy geen tyd gehad het of vir sulke dinge nie. Hy het geweet dat die soeke na politieke mag ‘n afwyking van sy missie sou wees.

Die Grieke was ‘n ander saak. Hulle was geneig om na die filosofie te kyk as die antwoord op die lewe se probleme. Die idee van ‘n man wat op ‘n kruis hang om die wêreld te red, was vir hulle suiwer nonsens.

Die wêreld het sy mening na tweeduisend jaar nog steeds nie verander nie. Dit verstaan ​​die kruis nog steeds nie. Die idee is óf afstootlik of belaglik. Sommige mense het die Christendom ‘n “slaghuis godsdiens” genoem. In die 1960’s het een prominente Protestantse denominasie sy psalmboek hersien en byna al die gesange wat na die bloed van Christus verwys, verwyder. Hulle het “Power in the Blood” verwyder, “Are you washed in the Blood” en “There is a fountain of Blood” omdat hulle gedink het daardie woorde was nie geskik vir die gevoelens van moderne mans en vroue nie.

Die wêreld word deur die kruis veroordeel.

Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan ” (1 Kor 1:18). Die kruis tref die hart van menslike trots. Dit kondig in bloedrooi letters aan dat jy nie jouself kan red nie – net God kan jou red.  Geen lering is moeiliker om te aanvaar as die leer van menslike onvermoë nie. Daardie lering leer ons dat daar niks is wat ons kan bydra tot ons verlossing nie. Ons is so verlore in ons sondes dat ons geen idee het hoe sondig ons werklik is nie. Wanneer ons na ons eie siele kyk en onsself sien, sien ons net die sonde wat op die oppervlak lê, maar God sien tot die onderkant – en wat hy sien is ‘n vuil put van ongeregtigheid. Ons is so verlore dat, tensy God die inisiatief neem om ons te red, sal ons nooit gered word nie. Die kruis staan ​​as ‘n stille Wagter wat verklaar dat jy op God se manier na Hom moet kom – of jy kom glad nie. Baie mense hou vas aan die vuil klere van hul eie geregtigheid en wonder dan hoekom God hulle nie wil aanvaar nie. Die kruis staan oordeel die sondige trots van die mensdom. Net soos Christus van sy klere gestroop is voordat hy gesterf het, moet ons ook van die klere van ons eie goeie dade afgestroop word.

Toe Christus gesterf het, het hy nie alleen gesterf nie. Twee diewe het met hom gesterf. Ons fokus dikwels op die dief wat uitgeroep het: “Onthou my wanneer U in U koninkryk kom.” Ons weet dat hy gered is omdat Jesus vir hom gesê het: “Vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (Lukas 23:43). Maar moenie vergeet nie, daar was ‘n ander man langs Jesus. Hy het die Seun van God vervloek en gesweer en gelaster. Hy het gesterf soos hy geleef het, ‘n ellendige sondaar, onvergeeflik.

  • Een dief isgered – sodat niemand sou wanhoop nie.
  • Een dief het verlore gegaan – sodat niemand homself sou aanmatig nie.
  • Die kruis wat die een gered het, het die ander gedood.

Die Wêreld word deur die Kruis gered

Let op die laaste gedeelte van 1 Korintiërs 1:18, “Vir ons wat gered word, is dit die krag van God.” Wat die wêreld dwaasheid noem, het God bepaal as die instrument van Verlossing. Dit wat deur die mens bespot word, word deur God gestel as die enigste manier van redding.

Byna almal van ons ken Johannes 3:16. Kom ons gaan twee verse terug en sien wat lei tot die bekendste van al die Bybelse beloftes. “Soos Moses die slang in die woestyn opgehef het, so moet die Seun van die mens verhoog word” (Johannes 3:14). Die eerste gedeelte van die vers verwys na ‘n oomblik in Israel se geskiedenis wat in Numeri 21 aangeteken is. Daar lees ons dat die Jode tydens hulle wildernis omswerwinge teen God en Moses begin murmureer het. “Waarom het jy ons uit Egipte uitgelei om in die woestyn te sterwe?” (Numeri 21: 5). Na 40 jaar in die woestyn was hulle moeg van die hitte en die sand en die lang reise van een plek na die ander. Selfs die manna was vir hulle walglik. Uiteindelik het hulle genoeg gehad. God het daarop giftige slange onder die mense ingestuur. Baie is gebyt en baie het gesterf. Paniek het oor die stamme gekom en hulle het na Moses gekom en gesê: “Ons was dom om te kla ná alles wat God vir ons gedoen het. Bid asseblief vir die Here dat hy hierdie giftige slange sal verwyder. “Toe Moses tot die Here gebid het, is hy opdrag gegee om ‘n bronslang te maak en dit op ‘n lang paal te plaas waar die Israeliete dit kon sien. Toe het God gesê: “Elkeen wat gebyt is, as hy dit sien, sal lewe.” En dit is wat gebeur het. Enigeen wat gekyk het, het geleef. Hulle het nie gesterf nie.

Wat is die betekenis van die slang? Onthou dat die mens deur die slang wat Eva mislei het, die sonde beërwe het (Genesis 3: 1-6). Vir die Jode sal ‘n slang wat op ‘n paal opgelig word, aanstootlik wees. In hierdie geval het dit beteken dat juis die simbool van die ding wat aan hulle aanstoot gegee het, opgehef was. Johannes het dieselfde beeld gebruik om aan ons te leer wat die dood van Christus werklik beteken. God het die gehate simbool van Romeinse onderdrukking  – die kruis – geneem en dit in ons verlossing verander. Hierna is die volgende vers – die vers net voor die bekendste vers in die Bybel, “sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê” (Joh. 3:15).

Lank lewe die Koning!

Op Goeie Vrydag, herdenk ons toe die Koning aan ‘n kruis gesterwe het vir die mensdom se sondes. Maar hierdie dag is nie net die verhaal van ‘n Koning wat gesterwe het nie, dit is ook die verhaal van ‘n Koning wat weer opgestaan het! Laat ons vandag nederig voor die kruis staan en vir mekaar sê, “Die Koning is dood, lank lewe die Koning!”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.