Was jy al ooit honger? Ek praat nie van maak-die-yskas-oop-en-kyk-wats-te-ete honger nie. Ek praat van regtig honger. Hongerder as wanneer een van jou bure in die middel van die week vleisbraai en julle net Salticracks en tee vir aandete gehad het. Nog hongerder as wat Esau was toe hy uit die veld gekom en sy broer se lensiesop geruik het. Regtig honger. Maar nie ‘n kos-honger nie. ‘n Ander honger. ‘n Verslawende fassinering, ‘n brandende verlange, ‘n begeerte wat jou dring om alles te los waarmee jy besig is en [weereens!] met daardie een ding besig te raak.  Iemand wat al dolverlief was, sal weet waarvan ek praat. Hierdie tipe honger oorheers jou wakker denke en jou slaap patrone. Jy bou naderhand jou lewe rondom die tye wanneer jy hierdie honger kan voed. So ‘n tipe honger ontstaan gewoonlik wanneer jy iets of iemand leer ken en dit jou baie fassineer, soos ‘n nuwe rekenaar of ‘n motorfiets of iemand waarop jy verlief raak.

Of God.

Diè wat weet, sê dat daar niks so fassinerend is soos wat God is nie. Hy fassineer jou totale menswees en Hy hou jou van balans af. Kort-kort is daar een van daardie wat-gaan-nou-gebeur-eks-bietjie-bangerig smaails op jou gesig; soos wanneer jy en jou meisie of ou die Big Dipper gaan ry vir die eerste keer. Jy weet nooit watter avontuur volgende wag nie maar jy het nog nooit so onseker-veilig gevoel nie. En jy kan nie wag vir die volgende keer nie.

God wil graag so ‘n verhouding met jou hê. Op baie maniere het God dit duidelik gemaak dat Hy Sy goedheid aan ons wil openbaar en aan ons Sy krag gee om wonderlike dinge tekens en wonders op die aarde te laat gebeur. Hy wil hê dat jy drome moet droom en visioen moet sien; engele moet vir jou amper iets alledaags wees. Hy wil hê dat siekes moet gesond word en gebroke verhoudings herstel word wanneer jy bid. Hy wil verborge dinge vir jou wys sodat mense verwonderd vir jou moet vra, ‘maar hoe het jy dit geweet?’ Die groot vraag is: Is jy gereed? Is jy gereed om op ‘n reis te gaan om hierdie fasinerende Persoon te onmoet?

‘n Onversadigbare Honger

Een van die belangrikste maniere waarop jy jouself kan voorberei om God se glorie te ontvang, is deur honger en dors te wees vir meer van Hom. In Matt 5: 6 vertel Jesus ons, Geseënd is die wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word. ” Die Bybel sê in Jak 4:8 , “Nader tot God, en Hy sal tot julle nader.” As jy honger is vir meer van Hom, sal God jou met meer van Homself vul, insluitend Sy heerlikheid.  Baie van die groot herlewings deur die geskiedenis is gebore uit die honger en dors van enkele toegewyde individue in ‘n plaaslike kerk. Ek glo dat ons baie uit hulle kan leer in ons eie soeke na ‘n God wat graag deel van ons alledaagse lewens wil wees.

Die herlewing in Argentinië

Een so ‘n verhaal is die verhaal van die herlewing Argentinië. in In die laat 50er jare het daar ‘n herlewing uitgebreek in Argentinië. ‘n Sekere pastoor RE Miller het ‘n sleutelrol in hierdie herlewing gespeel. Nadat hy lank sonder sukses probeer het om nuwe lewe in ‘n paar kerke te blaas, het hy ‘n nuwe strategie probeer. Hy het die Here begin vra vir ‘n honger na God. Sodoende het hy begin deur agt ure per dag , elke dag, te bid vir herlewing in sy eie lewe en ook in die dorpie waar hy gewoon het – Mar del Plata. Hy het steeds die Sondagdienste by sy kerk waargeneem, maar het die meeste van die res van die week in voorbidding voor God deurgebring. Na ses maande se wag op God, se deursoek van die Skrif; en van  vas en bid, het die Here uiteindelik met Edward Miller gepraat. Dit was ‘n eenvoudige boodskap: Hou aan met wat jy doen! So het hy dit toe gedoen… asof sy lewe daarvan afhanklik was.

Maande het verbygegaan na die oenskynlike woord wat hy van God af ontvang het. Miller het voortgegaan om die agt uur lange daaglikse gebedsessies te hou. Hy was gedetermineerd om aan te hou totdat God weer met hom sou praat, en God het! Hierdie keer het die Here vir hom gesê dat hy openbare weeklikse gebedsbyeenkomste moet aankondig, wat die volgende Maandagaand by die kerk vanaf 8:00 die aand tot middernag sou begin. Miller het met die Here geargumenteer en gesê dat as hy so ‘n gebedsbyeenkoms sou hou, die enigste een mense wat sou kom, ‘n paar ou dames sou wees. En al wat hulle sou doen, is om te sit en te kyk hoe hy bid. Die Here het hom gevra om nogtans die bidure te lei.

So het Miller die eerste biduur aangekondig. Sekerlik genoeg, was drie ouerige tannies die enigstes wat gekom het. Miller was ook reg oor sy volgende beswaar: die dames het naamlik net gesit en vir hom gekyk terwyl hy vir die volgende vier ure gebid het. Maar bid het hy gedoen. Aan die einde van daardie eerste biduur het hy gevra of iemand iets van God ontvang het. Een van die vroue, die vrou van ‘n teruggevalle Christen, het haar hand opgelig. Sy het vreemde begeerte gevoel om na vore te kom en op die houttafel voor in die kerk te klop. Sy het egter gevoel dis dwaas; en so het sy geweier. Pastoor Miller het die biduur verdaag en almal het huis toe gegaan.

Miller en die drie ouerige dames het bly ontmoet vir die volgende twee nagte, met dieselfde resultate. Die vrou met die teruggevalle man het weereens ‘n sterk gevoel ervaar om aan die houttafel voor in die kerk te klop en weer geweier om dit te doen. Pastoor Miller het gefrustreerd geword. Hoekom sou God haar lei om dit te doen? Hoe kan hy haar kry om te voldoen? Op die laaste aand van die geskeduleerde gebedsbyeenkomste het dieselfde drie dames gekom en gaan sit en kyk hoe Pastoor Miller bid. Aan die einde van die biduur het hy dieselfde vraag gevra en dieselfde antwoord van dieselfde vrou ontvang. Maar hierdie keer het Miller gesê, gaan almal om die tafel loop en daaraan klop. Hy het gehoop dat sy op die manier genoeg moed sou kry om self aan die tafel klop.

Miller het sy plan in werking gestel en op die houttafel geklop, gevolg deur twee van die drie vroue. Toe, uiteindelik, stap die derde vrou na die tafel en klop daarop. Nadat sy dit gedoen het, het die Heilige Gees deur die kerkie gewaai en hulle oorweldig met Heerlikheid en die gevoel van Sy Teenwoordigheid. Al drie vroue is in die Gees gedoop en hulle het begin om God te aanbid in tale wat hulle nie geken het nie. Die nuus versprei en mense het elke aand begin kom. Uiteindelik het die herlewings versprei na die hoofstad, Buenes Aires; waar tienduisende in 1954 in ‘n buitelugspele-stadion vergader het. Die Here het baie gered en genees onder die magtige bediening van Tommy Hicks. Dit was die begin van die groot Argentynse herlewing van die vroeë 1950’s. Wat was daardie eenvoudige woord wat Pastoor Miller tydens sy toegewyde gebedstyd gehoor het? Hou aan met wat jy doen!

The God Chasers

Pastoor Tommy Tenney vertel in sy boek, The God Chasers, wat gebeur het in sy vriend se kerk toe die herlewing daar uitgebreek het. Ek haal graag kort gedeeltes daaruit aan:

“My friend is not a man given to any kind of outward demon-stration; he is essentially a man of ‘even’ emotions. But when he got up to walk to the platform, he appeared visibly shaky. At this point I so sensed something was about to happen, that I walked all the way from the front row to the back of the room to stand by the sound booth. I knew God was going to do something; I just didn’t know where. I was on the front row, and it could happen behind me or to the side of me. I was so desperate to catch Him that I got up and publicly walked back to the sound booth as the pastor walked up to the pulpit to speak, so I could see whatever happened. I wasn’t even sure that it was going to happen on the platform, but I knew something was going to happen. “God, I want to be able to see whatever it is You are about to do.”

 

My pastor friend stepped up to the clear pulpit in the center of the platform, opened the Bible, and quietly read the gripping passage from Second Chronicles 7:14:

If My people, which are called by My name, shall humble themselves, and pray, and seek My face, and turn from their wicked ways; then will I hear from heaven, and will forgive their sin, and will heal their land.

Then he closed his Bible, gripped the edges of the pulpit with trembling hands, and said, ‘The word of the Lord to us is to stop seeking His benefits and seek Him. We are not to seek His hands any longer, but seek His face.’

…At that instant the tangible terror of the presence of God filled that room… People began to weep and to wail. I said, “If you’re not where you need to be, this is a good time to get right with God.” I’ve never seen such an altar call. It was pure pandemonium. People shoved one another out of the way. They wouldn’t wait for the aisles to clear; they climbed over pews, businessmen tore their ties off, and they were literally stacked on top of one another, in the most horribly harmonious sound of repentance you ever heard. Just the thought of it still sends chills down my back. When I gave the altar call then for the 8:30 a.m. service, I had no idea that it would be but the first of seven altar calls that day.

When it was time for the 11:00 service to begin, nobody had left the building. The people were still on their faces and, even though there was hardly any music being played at this point, worship was rampant and uninhibited. Grown men were ballet dancing; little children were weeping in repentance. People were on their faces, on their feet, on their knees, but mostly in His presence. There was so much of the presence and the power of God there that people began to feel an urgent need to be baptized. I watched people walk through the doors of repentance, and one after another experienced the glory and the presence of God as He came near. Then they wanted baptized, and I was in a quandary about what to do. The pastor was still unavailable on the floor. Prominent people walked up to me and stated, “I’ve got to be baptized. Somebody tell me what to do.” They joined with the parade of the unsaved, who were now saved, provoked purely by encountering the presence of God. There was no sermon and no real song—just His Spirit that day.

Wat moet ons doen?

Leer saam met my om honger te word vir God. Die Heilige Gees kan reeds met jou praat. As jy skaars jou trane kan inhou, moet dit nie keer nie. Ek vra die Here nou om ‘n diep honger na Hom, in jou wakker te maak. In Jesus se naam roep ek jou nou van dooie godsdiens tot geestelike honger na ‘n lewende God. Ek bid dat jy so honger raak na God dat jy geen begeerte sal hê vir enigiets anders nie. Ek bid dat Hy daardie kooltjie in jou hart aanblaas totdat dit ‘n verterende vuur is.

Here, ons wil net U teenwoordigheid hê. Ons is so honger.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.