Past. Tommy Lessing

2015/11/29

Inleiding

Jare gelede het ek en ‘n vriend langs die Etosha wildtuin gery. Daar het ‘n pragtige olifantbul alleen naby die draad gestaan en my vriend het gevra dat ek moet stilhou sodat hy die olifant kan afneem.  Ons het versigtig tot teen die draad beweeg en my vriend het begin fotos neem. Ek dink die geluid van die kamera moes die bul ontstel het want skielik het hy sy ore geflap, sy slurp gelug en getrompetter terwyl hy op ons begin afstorm. Ek onthou net hoe ek my rug hol gemaak het en die volgende oomblik was ons in die voertuig en besig om vinnig weg te ry. My liggaam se veg-of-vlug respons het in werking getree en my uit die situasie gered.

Ons praat vandag oor twee duiwels wat mens se lewensvreugde steel. Hulle name is Vrees en Angs. Ons teks vir vandag kom uit  Jes 41:10

Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. (Jes  41:10 AOV)

Tipes Vrees

Daar kan tussen twee tipes Vrees onderskei word:

  • Gesonde eerbied of ontsag vir iemand of iets, bv. wanneer jy vir ‘n olifantbul weghardloop, of die vrees van die Here; en
  • Vrees as ‘n ongesonde emosie wat skade kan aanrig.
  • ‘n Groot aantal siektes word veroorsaak deur ongesonde vrees, angs en langdurende spanning wat nie opgelos nie.

Ongesonde vrees ontstaan:

  • wanneer daar ‘n fisiese risiko van verlies of ernstige besering is, en
  • ons natuurlike interpretasie van omstandighede op die negatiewe uitkomste fokus en
  • ons dan hopeloos voel weens ‘n gebrek aan ‘n ervaring van God se liefde;

Angs kom vanuit

  • onbewuste gevoelens of emosionele reaksies –
  • sonder dat daar ‘n werklike gevaar op die huidige oomblik is.

Beide vrees en angs het dieselfde uitwerking op ons liggame. Dit aktiveer ons veg-of-vlug response.  Ongesonde Vrees en Angs is altyd leuen-gebaseerd.

Twee tipes ongesonde vrees

  • Identiteit – ek het nie waarde nie (bv. ‘ek is net ‘n las vir ander’)
  • Welsyn – my behoeftes gaan nie ontmoet word nie – ‘fear of abandonment’ (bv. ‘hulle gaan my net so los en ek sal self moet regkom.’)

Drie leuens van die duiwel wat vrees kweek:

  1. God het my nie lief nie en ook niemand anders nie
  2. Ek het nie waarde nie
  3. God gee ook nie om nie en Hy gaan my nie help nie

Eienskappe van vrees

  • Vrees is ‘n emosie
    • Irrasionele vrees ontstaan wanneer ons begin mediteer oor wat moontlik in die toekoms kan gebeur. As jy bang is dat die vliegtuig gaan val, is dit net die emosie en die ongeluk self nie, wat die vrees vir vlieg veroorsaak.
  • Vrees is sonde. (Rom 14:23(b)  … alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.)
  • Vrees martel. (1Joh 4:18  KJV There is no fear in love; but perfect love casteth out fear: because fear hath torment. )
  • Vrees bring binding. (Heb 2:15  en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny [verslawings] onderworpe was. )
  • Vrees, net soos geloof, projekteer in die toekoms. (Job 3:25 As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe. )
  • Vrees kan ‘n gees wees. (2Tim  1:7  Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. )
  • Vrees kan oorerflik wees.

Hoe oorwin ek ongesonde vrees en angs?

Vrees is in essensie ‘n diepgewortelde onvermoë om op die Here te vertrou.  Ons lees in Jer 17:5  So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk.

Dit stam meestal vanaf slegte ervarings uit ons verlede wat opeenvolgend gebeur het en die afleiding versterk het dat mens nie die Here kan vertrou nie. Die wortel-leuen wat ek die meeste teëkom, is dat “God mos Almagtig is, hoekom het Hy dan niks gedoen nie?” Die stelling klink dalk op die oog af reg, maar dit bevat ‘n inherente fout. Is dit by jou ook ‘n probleem is, maak asb. ‘n afspraak met my sodat ons die leuen daaragter kan identifiseer en vervang met die waarheid.

Vrees lewe in die toekoms

  • Vrees is altyd oor iets wat in die toekoms dalk mag gebeur.
  • As die vrees kom, vra jouself ‘word ek op hierdie oomblik bedreig deur dood of besering?
  • As die antwoord ‘Nee’ is, is dit dalk nie vrees nie maar eerder Angs.

Vra aan jouself vrae soos:

  • Watter ander moontlike uitkomste kan daar wees? Dalk is my vrees eintlik ongegrond. Ek kan ook vrees (stres) uit selfsug want ek hou nie van die ander moontlike oplossings nie.
  • Wat is die slegste wat in elk geval kan gebeur? Ek kan doodgaan. Maar dan is ek vir altyd by Jesus.
  • Sal die Here my werklik tot hier gebring het net om my nou te los? Psalm 50:15.

Soms is daar ook vrees wat van die voorgeslagte kom wat ons verhinder om te vertrou. Ons kan dit vasstel deur te kyk na ons ouers se optrede. As hulle ook so was, moet ons vasstel wat dit is; dit voor God bely en Hom vra om ons vry te maak daarvan.

Die teenmiddel teen vrees is daaglikse en kwaliteit gemeenskap met God. Wanneer ons kwaad is vir God, of Hom kwalik neem vir iets sleg wat gebeur het; is dit moeilik om daagliks gemeenskap met God te hou. Ons moet ons verhouding met God bo alles bewaar.

SLOT

Ons wandel met God moet wees soos in Psalm 34:9  Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil! Ek wil u bemoedig  om wakker te wees om die leuens wat ons oor God en onsself glo, betyds raak te sien en nie langer ‘n slaaf van angs of  ongesonde vrees te wees nie:

Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. (2Tim 1:7 AOV)

Amen.

Advertisements

2 thoughts on “TWEE DUIWELS WAT ONS LEWENSVREUGDE STEEL

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.