Past. Tommie Lessing

27/5/2015

Tipes Gebed: Die regte gebed op die regte tyd

Verskillende soorte gebed

Laat ek dit duidelik maak dat ek nie glo dat ons gebind is om spesifiek ‘n sekere gebed te resiteer vir ‘n sekere situasie nie. Nee! Ek glo dat die mees effektiewe gebed op ‘n spesifieke tydstip; die gebed is wat die Heiige Gees jou op daardie tydstip inspireer om te bid.

Tog vind ek dat die Bybel duidelik leer oor verskillende soorte gebed met verskillende reëls.

“terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges “ (Ef 6:18 AOV)

Hier ees ons van alle gebed.

Die International Standard Version lees:

Pray in the Spirit at all times with every kind of prayer and request there is. For the same reason be alert with every kind of effort and request for all the saints.

(Ef 6:18 ISV)

Die Amplified Bybel lees : “All MANNER of prayer”.

Daar bestaan dus wel verskillende tipes gebed en ons maak ‘n fout as ons nie daartussen onderskei nie.  Dit is byna soos om netbal te speel met rugby se reëls – almal gaan deurmekaar wees en nie verstaan wat moet wanneer gebeur nie.

‘n Voorbeeld is dat baie mense hulle gebed eindig met ‘soos U wil’. Die basis hiervan is dat Jesus dan so gebid het. In der waarheid het Jesus net een keer so gebid – dit was in die Tuin van Getsemane toe Hy die ‘gebed van toewyding’ gebid het.

So gebeur dit dan dat hulle die ‘gebed van geloof’ (die gebed wat dinge verander) wil bid maar dit eindig met “soos U wil”. Hulle gebede kan dan verhinder word want die manier waarop die gebed eindig wys dat hulle nie seker is van God se wil in die situasie nie  – en hierdie onsekerheid verhinder geloof (die sekere wete) dat God inderdaad besig is om in te gryp.

Hier is sommige soorte gebed wat die Bybel ons leer:

  • Die gebed van geloof – Die gebed wat dinge verander. (Mark 11:24, Matt 21:22). Hierdie gebed is gebaseer op God se geopenbaarde wil en bevat nooit ‘n ‘as’ nie.
  • Die gebed van toewyding – die gebed van afsondering en toewyding aan God om ons te gebruik soos Hy wil. Dit is wanneer ons bid ‘soos U wil’. (Luk 22:42)
  • Die gebed van verbintenis of vertroue – wanneer ons, ons sorge op Hom werp. (1 Pet 5:7)
  • Die gebed van aanbidding – (Luk 24:52-53, Hand 13:1-4)
  • Die gebed van ooreenstemming – (Matt 18:18-20)
  • Om in die gees te bid (tale) – (1 Kor 14:14-15)
  • Verenigde gebed – (Hand 4:23-31)
  • Vurige gebed (‘deomai’ smekinge en petisies) – Jak 5:16
  • Intersessie

Volgende keer

Intimiteit met God (1)

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.