Past. Tommie Lessing

17/6/2015

Intimiteit met God (2)

Verhoudings verg harde werk. Sukses in verhoudings kom nie sommer vanself nie. Dit neem afsprake en toewyding. Dit is dieselfde in verhouding met God.

Mens jaag dit na waaraan jy waarde heg. Die God van die Heelal is dieselfde. Hy besluit self hoeveel waarde Hy aan dinge heg. So, wat is die waarde wat Hy aan jou heg?  Joh 3:16

Die besetene van Gadara – Markus 5. Jesus het die bediening waarmee hulle al heeldag besig was, gestop. Hy en sy dissipels was doodmoeg. Toe Hy die opdrag gee dat hulle op die skuit moet klim en van die land af weg moet vaar, het almal die ruskans verwelkom. Jesus was egter besig om te doen wat God die beste doen: Om ‘om te gee’! Toe hulle na ‘n erge (demoniese?) storm by Gadara land, het Hy die besetene van Gadara bevry tot sy (die besetene) se groot vreugde. Die arme man het nakend in die begraafplaas rondgedwaal en het al moed opgegee dat iemand hom ooit sal help. Die beste van alles? Hy was waarskynlik nie ‘n Jood nie, want in Gadara het hulle met varke geboer. Wat doen Jesus hierna? Hy gaan terug oor die meer, na waarmee Hy besig was.

Daardie man was vir God belangrik genoeg dat Hy Sy Seun gevra het om alle bediening te stop en hom eers te gaan bevry. Dit is die waarde wat God aan hom geheg het. Hoeveel te meer ook aan jou!

Om God te stem te hoor

Dit is moontlik om God stem te hoor. Dit

1 Kor 15:44 –  Ons het ‘n geestelike sowel as ‘n natuurlike liggaam.

Habak 2:1 – Sien om te hoor

Dit neem konstante oefening om Sy stem beter te hoor – voorbeeld van klein baba wat skrik vir harde geluide vs groter kind wat geluide dadelik kan herken – dieselfde geld vir jou gees. Verhoudings verg baie en harde werk…

God praat op baie verskillende maniere met mense, bv.

  • Drome en visioene
  • Harde stem van waarskuwing of teregwysing
  • Sterk ervarings of ‘rooi ligte’
  • Engele met boodskappe
  • Profetiese woorde
  • Ander mense om jou
  • Omstandighede, gebeurtenisse en tekens
  • Sagte stil stem (meeste gebruik)
    • Word beter gehoor as ‘geraas’ stilgemaak word
    • Oefen in ry by supermark, in motor, ens.

Stappe om mee te begin

  1. Notaboek, Pen, Bybel
  2. Geskikte plek
  3. Atmosfeer (musiek)
  4. Belydenis, Danksegging, Aanbidding
  5. Kry gedagtes stil
  6. Ontspan jou liggaam en jou siel
  7. Bid vuriglik oor issues as dit moet
  8. Skryf dinge wat jy moet onthou om later te doen, neer in jou notaboek
  9. Hoor wat Hy sê:
  10. Prentjie/beeld
  11. Gedagte vloei
  12. Besliste indrukke/ervarings
  13. Rema woord
  14. Skryf neer met datum vir latere verwysing en beoordeling
  15. Indien dit opdragte is, doen dit, bv bid vir iemand spesifiek

Volgende keer

Intimiteit met God (3): Honger na God

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.