Past. Tommie Lessing

10/6/2015

Intimiteit met God (1)

God se uitnodiging aan jou

Elkeen van ons ken iemand wat ‘n spesiale plekkie in jou hart het en by wie dit altyd lekker is om te gaan kuier. Die lekkerste is natuurlik is so iemand jou uitnooi om te kom kuier! Ons doen dan sommer moeite om ander planne te maak sodat ons daardie afspraak kan nakom. In Jak 4:8 lees ons

Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. (Jak 4:8 AOV)

Dink gou vir ‘n oomblik daaroor: Die Skepper van die Heelal, die aarde en al sy bewoners – nooi JOU uit om tyd by Hom deur te bring! Meer nog as dit, begeer Hy om intiem naby aan jou te kom:

Want jy mag jou nie neerbuig voor ‘n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers—’n jaloerse God is Hy. (Ex 34:14 AOV)

You must worship no other gods, for the LORD, whose very name is Jealous, is a God who is jealous about His relationship with you. (Ex 34:14 NLT)

John Bevere, ‘n baie bekende skrywer, vertel hoedat hy eendag ervaar het dat die Heilige Gees met hom gepraat het oor hierdie ding:

Ek vertaal sy weergawe van hulle gesprek vrylik:

HG: “Het ek nie gesê dat julle moet ‘bid sonder ophou’ nie? 1 Thess 5:17

JB: “Ja Here, U het.”

HG: “Is gebed ‘n enkelgesprek of tweegesprek?”

JB: “Dit is ‘n dialoog Here, ‘n tweegesprek waarby beide partye betrokke is.”

HG: “Wel, as julle bereid is om sonder ophou met my te praat, is Ek bereid om sonder ophou met julle te praat!”

Dink weer vir ‘n oomblik na: hierdie is die meeste opwindende uitnodiging wat jy ooit sal kry!

God se gedagtes oor jou as individu

Wanneer jy verlief is op iemand of ‘n beste beste pel het, dan dink jy gereeld aan daardie persoon – wat hulle doen, waar hulle nou is, ens.

Or do you think the Scripture means nothing when it says that the Spirit that God caused to live in us jealously yearns for us? (Jak 4:5 ISV)

‘Yearns’ beteken “om intens te begeer en verlang”. Hier lees ons dat God ernstig was toe Hy gesê het dat Hy jaloers na ons verlang.

Lees wat skrywe koning Dawid oor God se gedagtes vir jou:

Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie! Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U. (Psa 139:17-18 AOV)

How precious are Your thoughts about me, O God. They cannot be numbered! I can’t even count them; they outnumber the grains of sand! And when I wake up, You are still with me!  (Psa 139:17-18 NLT)

MENS JAAG DIT NA WAARAAN JY WAARDE HEG

Oor die laaste 25 jaar het ek al baie liefdevolle gedagtes oor my vrou gedink, maar ek glo nie al daardie gedagtes saam sal meer as ‘n bottel vol sandkorreltjies kan vul nie. En hier leer ons dat Sy gedagtes oor jou meer is al al die sandkorrels op aarde!

‘n Mens besluit self wat die waarde van dinge rondom jou, vir jou is. Jou oupa of ouma se knipmes of trouringe is dalk baie meer werd vir jou as fisiese geld, waar dit vir iemand anders ‘net nog ‘n ding’ sal wees.

Die God van die Heelal is dieselfde. Hy besluit self hoeveel waarde Hy aan dinge heg. So, wat is die waarde wat Hy aan jou heg? Hier is die waarde wat Hy aan jou heg:

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.  (Joh 3:16 AOV)

Wat dink jy hiervan:

“I have given them the glory You gave Me, so they may be one as We are one. I am in them and You are in Me. May they experience such perfect unity that the world will know that You sent Me and that You love them as much as You love Me. Father, I want these whom You have given Me to be with Me where I am. Then they can see all the glory You gave Me because You loved Me even before the world began! (Joh 17:22-24 NLT)

“Ja maar ek is maar net een van baie!”mag jy dalk antwoord. Ek wil jou vandag sê dat selfs al was jy die enigste een, dan sou Jesus nog dieselfde vir jou gedoen het. Dink jy ek jok? Lees saam met my hierdie Skrifgedeelte: Mark 5: 1 -21.

Jy mis dit!

Kom ons kyk stadig hierna:

Jesus is moeg gepreek en het rus nodig, maar daar is iets wat nie kan wag nie. Hy beveel Sy dissipels om op ‘n boot te klim en na die oorkant te vaar. ‘n Geweldige storm steek op, maar Jesus is so moeg dat Hy deur dit alles slaap. Angsbevange maak Sy dissipels Hom wakker en Hy maak die golwe en wind stil.

Hulle kom doodmoeg aan die anderkant aan, net om ontmoet te word deur die besetene van Gadara. Vuil, kaal, mal – iemand wat baie energie vat en vir wie hulle nie krag het op daardie oomblik nie.

Jesus het egter empatie met die man en werp die duiwels uit. Die man hardloop met vreugde na sy dorpie en bring almal in rep en roer: Hy, die malle en vuile – hy was belangrik genoeg dat die God van die Heelal hom onthou het!

En bly nou by my en moet dit nie mis nie:

En toe Jesus weer in die skuit oorgevaar het na die ander kant, het ‘n groot menigte by Hom vergader. En Hy was by die see.  (Mar 5:21 AOV)

Kry jy dit? Wat was die rede hoekom hulle oor die meer gevaar het?

DIT is God se hart vir jou! Hy soek na jou en verlang na jou!

Volgende keer

Intimiteit met God (2): Om God te stem te hoor

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.