Past. Tommie Lessing

20/5/2015

Hoe om ‘n geestelike aanval te herken en af te weer (4)

Weerstand

Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.  (Jak 4:7 AOV)

Die eerste wapen tot ons beskikking om ‘n aanval af te weer, is gebed.

HOEKOM BID?

Baie mense vra tereg, ‘As God almagtig is, hoekom gryp Hy nie eenvoudig in en maak die verkeerde dinge reg nie? Wat sukkel Hy dan so?’

Die beroemde prediker John Wesley het gesê dat God niks kan doen op aarde is daar nie eers gebed voor is nie. Hoekom nie? Om dit verstaan moet ons teruggaan na die Skeppingsverhaal:

En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. (Gen 1:28 AOV)

God gee hier ‘n mandaat aan die mens om oor die aarde en alles wat daarop is, te heers. Toe die Sondeval plaasgevind het, het die duiwel op ‘n baie slinkse wyse hierdie mandaat gesteel by Adam en Eva. Vandag is hy die heerser oor die aarde (met die die mens se mandaat), en kon hy daarom vir Jesus ‘n baie werklike aanbod maak:

Weer neem die duiwel Hom saam na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid. (Mat 4:8-9 AOV)

Mens kan nie gee wat nie joune is nie, derhalwe word dit duidelik dat die Genesis mandaat nou deur die duiwel bedryf word.

Net soos ‘n Verhuurder (landlord) nie sommer in sy uitverhuurde eiendom kan ingaan nie, so kan God ook nie sommer net oorneem en doen op aarde nie. Iemand op aarde (huurder) moet Hom ‘toestemming gee’ (gebed) voordat Hy kan optree en ingryp.

Daarom is dit vir ons nodig om te “Bid sonder ophou.” (1Th 5:17 AOV)

Die tweede doelwit wat die duiwel in Eden bereik het, was om die mens se intimiteit met God te vernietig. Dit het die mens in isolasie geplaas en weggekeer van die Een wat hulle die liefste het.

INTIMITEIT MET GOD

“Every Christian needs a half-hour of prayer each day, except when he is busy, then he needs an hour.” – Francis de Sales

Gebed, in sy eenvoudigste definisie, is ‘n tweegesprek met God. Dit is geneig om te ontaard in ‘n oneindige lys van klagtes en versoeke as mens nie daarteen waak nie, maar dit was nooit God se bedoeling nie. Sy begeerte het sedert Adam en Eva nog nie verander nie: Hy wil graag in die tuin saam met jou wandel en kwaliteit tyd by jou geniet – tyd waarin jy met Hom gesels en jy dan weer luister en dit geniet as Hy met jou gesels.

Om met vrymoedigheid tyd saam met God deur te bring en dit geniet het ons eerstens nodig om te glo en aanvaar dat God jou persoonlik belangrik genoeg ag dat Hy tyd met JOU wil deurbring. Die sorge van die lewe en die frustrasies oor dinge wat maar net nie wil uitwerk vir ons nie, het begin maak dat ons ophou glo het dat God ons liefhet en net die beste vir ons wil gee (sien ook die gelykenis van die saaier in Matt 13).

Die herstel van ons intimiteit van God begin met selfdissipline om daagliks ‘n afspraak met God na te kom.

“Don’t pray when you feel like it. Have an appointment with the Lord and keep it.” – Corrie Ten Boom

In hierdie tyd (anders as versoeke tyd) vra ons dan niks, ons prys Hom, dank Hom, word stil voor Hom, ervaar Hom en probeer hoor wat Hy vir ons sê (ook deur Bybel lees). Dit is goeie praktyk om sulke gedagtes in ‘n gebedsjoernaal  te skryf vir beoordeling en toekomstige verwysing.

ONVERGENOEGDHEID is ‘n groot vyand van intimiteit met God. Ons raak ontevrede met alles om ons en hou God daarvoor verantwoordelik. Hy is after all mos die Een wat moet toesien dat dinge in my lewe uitwerk, right? Hierdie aanname maak dat daar ‘n groot verwydering kom tussen baie mense en God (‘ek bid en gee my tiende en gaan kerk toe. Wat meer moet ek nog doen?’) en die element van intimiteit wat effektief vernietig omdat ons nou ons woede na God toe rig. In ons gemoed begin ons ophou glo dat God net die beste vir ons wil hê.

Die duiwel is egter die vader van leuens (Joh 8:44). Hy is die dief wat gekom het om te steel, verwoes en vernietig (Joh 10:10). Maak daarom seker dat jy kwaad is vir die regte een en moenie toelaat dat ‘n geestelike aanval jou geestelike honger na God op hierdie manier steel nie.

Die teenvoeter vir Onvergenoegdheid is ‘n leefstyl van prys en dankbaarheid.

“We should spend as much time in thanking God for his benefits as we do in asking him for them.” –Vencent de Paul, Roman Catholic priest and spiritual writer.

Om dit te verstaan moet ons GLO dat, die oomblik toe ons gebid het oor ‘n saak, God ons gebed gehoor het en prosesse in plek gestel het om dit te laat gebeur. Deur die Here te loof en prys vir Sy goedheid, en deur Hom elke dag te dank vir dinge waaroor ons dankbaar kan wees, bou ons ons geloof op en verskuif ons dan ons fokus van die reuse (probleme) na die Antwoord (Jesus) toe.

Merlin R. Carothers (skrywer van “Prison to Praise”) het gesê,

“The very act of praise releases the power of God into a set of circumstances and enables God to change them if this is His design… I have come to believe that the prayer of praise is the highest form of communication with God, and one that always releases a great deal of power into our lives.”

Volgende keer

Tipes gebed

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.