Past. Tommie Lessing

13/5/2015

Hoe om ‘n geestelike aanval te herken en af te weer (deel 3)

Hoe om ‘n aanval te herken

  • Die Simptome van ‘n Geestelike Aanval

Die vyand sal jou liggaam, siel en gees aanval. Hier is drie simptome van iemand wat aangeval word:

  • Hulle verloor hulle geestelike honger na God.

Net soos iemand nie honger is wanneer hy fisies siek is nie, verloor mens jou geestelike aptyt wanneer jy geestelik aangeval word. Sulke persone wil nie kerk toe gaan nie, hulle wil nie Bybel lees nie en hulle wil nie bid nie. Hulle is geestelik afgestomp en gee regtig nie veel om vir God op daardie oomblik nie.

Omdat ons geestelike honger na God die eerste ding is wat aangeval word, moet ons dit ten alle koste beskerm.

STRATEGIE:

Geestelike honger word aangeleer, dit is nie vanself daar nie. Wie kan onthou hoe sleg daardie eerste bier was? Ek onthou nog hoedat ek suiker in myne gegooi het om die bitterheid weg te probeer neem. Later van tyd egter, het daardie selfde bier vir my heerlik geword. Hoekom? Want dit is ‘n aangeleerde smaak.

Dwing jouself om Bybel te lees, elke dag! Die Bybel lewe, al voel jy dood. ‘n Soldaat is ook nie altyd lus om sy wapen skoon te maak en daarmee te oefen nie, maar hulle weet en verstaan dat daardie wapen hulle gaan red in ‘n kontak situasie. Dieselfde is waar van die Woord van God.

Hoe word mens geestelik honger? Dit is nie altyd maklik nie, maar dit is eenvoudig:  Jy loop in jou binnekamer rond en sê hardop met jou mond, ‘Ek wil meer van U hê, God!’ Selfs al sê jou kop, ‘Nee, is nie!’, dan antwoord jy terug, ‘Ja dit is, shut up!’

Praat hardop met jouself en leer jouself om reg te dink. Dit is hoe jy beheer neem van jou gedagtes.

In ‘n onderhoud met Smith Wigglesworth is hy gevra hoedat hy sy dag begin. Hy het geantwoord dat hy dadelik uit die bed spring en vir 10 minute lank dans en die Here loof. Toe hulle hom vra of hy dan nie soms lus is om nog bietjie te lê nie, het hy geantwoord dat Smith Wigglesworth  geen sê in die saak het nie!

Wanneer jy onder ‘n aanval is en nie lus is vir Bybel lees of bid nie, is dit juis die tyd om dit MEER te doen!

  • Die tweede simptoom van iemand wat aangeval word, is dat hulle, hulle krag verloor.

Hulle glimlag en doen alles nog dieselfde, maar hulle het hulle ‘zing’ verloor. Hulle geestelike slaankrag en energie is weg.

STRATEGIE:

Ons lees in die Woord:

(Ef 6:10)  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.

Mens kan nie die geveg wen van buite jou gees nie. Ware vreugde, krag en lewe kom vanuit die gees. Nou is die tyd om te bely, ‘Let the weak say, I am strong’. In hierdie tyd moet ons versigtig wees om nie die geveg met ons natuurlike talente of krag te probeer wen nie. Ons moet leer om die vyand se aanval te herken aan sy area van geestelike sterkte. Pasop dus om nie oor te gaan vanaf geestelike oorlog na natuurlike oorlog (veral teen jou broers en susters in die Here) nie. Die wapens van natuurlike oorlogvoering is

  1. Skinder en laster
  2. Vrees

Lees die Psalms. Koning Dawid was uitstekend met geestelike oorlogvoering en byna elke Psalm van hom bely of verkondig die oorwinning nadat hy sy lot bekla het. Jy mag jou lot bekla by die Here, maar moet nie net daarop fokus nie.  Deur die oorwinning te bely en op God se beloftes te konstrentreer, verkry jy innerlike krag.

Bring daagliks tyd in aanbidding voor God deur. Sit ‘n mooi CD op en raak stil voor die Here. Wag op Hom en voel hoedat Sy krag deur jou vloei.

  • Die derde simptoom van ‘n geestelike aanval is dat jy nie jouself voel nie.

As jou liggaam siek is, voel mens vreeslik. Behalwe vir die dik kop en seer keel, brom jy en is kortaf met die mense om jou. Jou natuurlike geneigdheid is om op die bed te lê en TV kyk, of om die dag om te slaap. Wanneer jy onder ‘n geestelike aanval is, sal jy ook simptome ervaar waaraan jy ‘n aanval sal kan herken.

Een van die simptome hiervan is paranoia.

Jy begin voel of almal jou oordeel of kritiseer. Dit voel of almal vir jou kyk of jou vertel hoe sleg jy is. Dit voel of jy niemand kan tevrede stel nie – ‘As ek iets reg doen sal niemand iets sê nie, maar boeta, laat ek net iets verkeerd doen…’  As jy ingee vir hierdie gevoelens (want dit is al wat dit is), sal jy ophou probeer en begin terug gly. Jy is nou onder ‘n aanval van die duiwel!

Gebeur dit, moet jy leer om dit te weerstaan. Moenie ingee en sê dat jy nooit goed genoeg sal wees soos al daardie ander ‘super christene’ nie. As jy dit begin doen, dan het jou vyand gewen!

Mens begin dink, ‘Vader, maar ek is moeg!’ Jy wil net bietjie wegkom, by die huis sit en TV of Series kyk. Dit is die verkeerdste ding wat jy kan doen wanneer jy onder ‘n aanval is. TV kyk is nie verkeerd nie, maar in hierdie besondere tyd sal al wees wat gebeur dat jy jou siel voed met swak voedsel (‘junk food’).

Andere weer, wil net op die bed gaan lê en voorgee dat die wêreld nie bestaan nie. Jy wil net gaan slaap en nie afreken met die realiteite om jou nie. Die waarheid is egter dat, wanneer jy wakker word, die aanval steeds aan die gang is en dalk sterker geword het omdat jy nie terugbaklei het nie.

‘n Oorlog bestaan uit baie groot en klein gevegte. Dit is moeilik om te bid in sulke tye. Mens voel dat jy eerder sal skottelgoed was of gras sny as om te bid! Geestelike oorlogvoering dreineer ook jou fisiese liggaam. Dit voel soms vir jou of jy in ‘n fisiese geveg was. Jou lyf is seer en jy is so moeg – dit is normaal om so te voel want dit is wat gebeur met jou in die geestelike realm.

Intimidasie

Dit is ‘n baie gewilde en belangrike wapen in die vyand se arsenaal.

Moet jou nooit laat intimideer in ‘n geestelike oorlog nie!

Die salwing breek jukke en laat gevangenes vry. Intimidasie plaas jou in ‘n boks van onsekerheid en keer dat die salwing in jou lewe kan vloei soos wat dit moet.

Isolasie:

Baie effektief om jou vyand te verswak, sal die vyand nie skroom om jou te isoleer van jou hulpbronne (bv. finansies) of kommunikasie (bv. Vriende versaak jou skielik, kerk) nie. Jy mag ook dalk geneig raak om jouself af te sonder van ander in hierdie tyd. Gevoelens van hulpeloosheid en depressie (waarmee jy gewoonlik nie sukkel nie of wat erger is altyd) sal jou aanval.

STRATEGIE:

Haal jou grootste geestelike geweer wat jy het, uit en blaas daardie aanval uit die kryt uit! Kry soveel vriende en familie as wat jy kan om saam met jou te vas en te bid en oorlog te voer. Nou is nie die tyd om skaam te wees nie. Lees Skrifte hardop, bid hardop en bestraf hardop.

Volgende keer

Wapens tot jou beskikking: Noudat jy ‘n aanval kan herken, beteken dit nie dat dit gaan ophou nie. Jy moet dit deursien tot by die oorwinning.  Ons kyk na verskeie geestelike ‘wapens’ tot jou beskikking  om jou te help in jou geveg.

13 thoughts on “Hoe om ‘n geestelike aanval te herken en af te weer (3)

      1. Middelburg Mpumalanga waar I’s jy ek het so veel navorsing op Web gedoen oor my probleem en jy is die enigste een wat sence pra

        Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.