Past. Tommie Lessing

6/5/2015

Hoe om ‘n geestelike aanval te herken en af te weer (deel 2)

Ons moet die Woord van God ken en Ons moet die karakter van God ken sodat ons ‘n aanval kan herken.

  • Planne en Liste van die duiwel

Die duiwel en sy trawante hardloop nie net planloos rond en kyk waar hy/hulle kan kattewaad aanjaag nie. Hy het ‘n strategie vir elke situasie. Hy sal sy strategie gewoonlik op een van twee maniere laat uitspeel. Hierdie kennis stel ons in staat om ‘n aanval te herken:

  • Versoekinge (Jak 1:12-15)

‘n Versoeking is ‘n voor-die-hand-liggende, direkte tipe aanval. Dit is openlike en blatante woorde, blootstellings en situasies. Dink bv. aan daardie blokkie sjokolade wat jou gedagtes so verpes wanneer jy probeer dieet – hoe meer jy dit weg probeer dink, hoe erger raak dit totdat jy kas toe loop vir net daai een klein blokkie…

Die Bybel leer ons in Jak 1:14 dat versoekinge kom deur ons eie drange waar daar nie mee gedeel word nie. Die plan teen jou is om versoekinge teen jou gebruik uit ‘n area van jou verlede waarmee jy nog nie behoorlik gedeel het nie.

Versoekinge word teen jou gebruik as ‘n manier om jou weg te kry van God se plan vir jou lewe, of minstens om dit uit te stel.

Ons moet Jak 1:13 mooi verstaan – God versoek nie mense nie. Dit is mense se eie sondige drange en begeertes waarop hulle begin mediteer wat die versoeking ‘n realiteit maak.

‘n Versoeking is ‘n aanval met die doel om jou te laat sondig en om jou hart te laat verhard teen die Heilige Gees.

Versoekinge kan ‘n swaarheid van gees en selfs depressie veroorsaak. Mens kan ook terselftertyd deur meer as een versoeking verlei word.  Daar is egter hoop teen versoekinge:

(2Pet 2:9)       die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos…

The Lord knoweth how to deliver the godly out of temptations…

  • Liste (Ef 6:11)

‘n Lis is ‘n plan of strategie wat versteek is met die doel om te bedrieg.  Dit is nie openlik soos ‘n versoeking nie. Die Griekse woord vir ‘lis’ kan ook vertaal word as ‘trickery’ of ‘lê en wag’, soos in ‘n hinderlaag.

Die taal in Ps 10 herinner baie aan die beskrywing van ‘n Lis:

(Ps 10:8-9)  Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige. Hy loer in die skuilhoek soos ‘n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek…

 

Hoe herken mens iemand wat in die strik van ‘n Lis gevang is?

  • Hulle dink hulle het geen sondes nie (1 Joh 1:8)
  • Hul dink hulle is wys met die wysheid van die wêreld (1 Kor 3:18)
  • Hulle dink dat die onregverdige ook die Koninkryk van God kan beërwe ( 1 Kor 6:9)
  • Hulle dink dat gemeenskap met sonde geen uitwerking op hulle sal hê nie (1 Kor 15:33)
  • Hulle dink dat hulle kan lieg, onberouvol wees oor hul sonde maar steeds in die geloof kan bly (1 Tim 4:1-3)

 

Die beste stragegie teen hierdie tipe aanvalle, word beskryf in ‘Toets die bron’ hierbo: Beoordeel alles aan die hand van die Woord en God se karakter.  Dit sal jou teen elke vurige pyl van die vyand bewaar.

  • Demoniese range

Die laaste manier om ‘n aanval te herken, is om die vlak van jou vyand te onderskei. In Ef 6:12 kategoriseer Paulus die range van demone:

(Ef 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Elke bose gees het sy toegekende posisie of rangvlak. Om die rangvlak te onderskei, is die maklikste om te kyk na hul invloedsfeer:

  • Owerhede is gemoeid met nasies en regerings. Die ekonomie en die wyse waarop ‘n land regeer word, kan sterk beïnvloed word deur Owerhede.
  • Magte het gesag en krag om aksie te neem in enige sfeer wat die massas kan beïnvloed en wat oopgaan voor hulle.
  • Wêreldheersers is bose geeste wat die duisternis en blindheid van die wêreld beheer. Hulle hou mense in die duister en verblind hulle sodat hulle nie die boosheid en bedrog kan sien vir wat dit is nie.
  • Bose geeste werk vanuit die hemele (lug) rondom ons. Hulle hoof teiken is die Kerk. Hulle hoof metodes is Versoekinge en Liste. Vurige pyle teen kerkleiers en lidmate, aanslae, valse doktrines en twis en tweespalt; is maar etlike van die planne wat hulle maak en uitvoer.
    • Daar is ook bose geeste met ‘n lae rang. Sommige mense beskryf hulle as ‘imps’. Hulle raas, pla, skreeu en probeer mense bang en verward maak. Hulle het wel ‘n mate van krag, maar beteken nie veel nie. Hulle kan ons net pla as ons hulle vrees.

Die demone met hoër range is baie slim of ‘smart’. Hulle hoof strategie is om jou dop te hou en inligting te versamel. Hulle kyk na wat jy sê, waarna jy kyk en waarheen jy gaan. Daarna gebruik hulle die inligting (‘intel’) op ‘n eg militêre wyse om ‘n strategie teen jou te beplan. Hulle doel is om jou, jou huwelik en die Kerk te vernietig.

Hierdie is een van die hoof redes hoekom so baie bedieninge vernietig is. ‘n Hoë vlak aanval was teen hulle geloods en dit was nie herken voordat dit te laat was nie (verwys na ‘Opleiding’). Ons sal nooit ‘n aanval betyds herken as ons nie ons vyand se metodes ken nie.

Volgende keer

Die simptome van iemand wat geestelik aangeval word.

2 thoughts on “Hoe om ‘n geestelike aanval te herken en af te weer (2)

  1. Very interesting topic , appreciate it for posting . The friendship that can cease has never been real. by Saint Jerome. dbfbcfbdfgbe

    Like

  2. Thanks for this article. I’d also like to convey that it can always be hard if you find yourself in school and starting out to initiate a long history of credit. There are many college students who are only trying to live and have long or good credit history can often be a difficult thing to have. gcedegaeekab

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.