Past. Tommie Lessing

29/4/2015

Hoe om geestelike aanval te herken en af te weer

Kan mense (en Christene) geestelik aangeval word?

  • Jesus self was geestelik aangeval deur Satan (Luk 4)
  • Demoniese invloed het veroorsaak dat een van Jesus se dissipels Hom verraai het (Matt 26)
  • Toe Johannes en Jakobus nie gehou het van die optrede van die Samaritane nie, het Jesus hulle bestraf:

(Luk 9:54)  En toe sy dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van die hemel afdaal en hulle verteer, soos Elía ook gedoen het?

(Luk 9:55)  Maar Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: Julle weet nie van watter gees julle is nie

  • In Markus 16 is deel van Jesus se Groot Opdrag: “In My Naam sal hulle duiwels uitdryf…”
  • Aan die gemeente (Christene) in Korintiërs skryf Paulus:

(2 Kor 10:5)  terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus

  • Planne = Griekse “logismos” beteken “verbeeldingsvlugte” of “gedagtes” – beter vertaal in Engels – imaginations.

Hoekom is geestelike aanvalle so suksesvol?

Ek glo dat die een groot bydraende faktor is “oningeligtheid” (‘ignorance’)

Watter beter manier is daar om reg voor jou vyand te loop en hom te saboteur want hy dink dit moet maar so wees – hy sien jou werk in sy lewe maar hy doen niks aan jou nie want hy herken jou nie?

As jy nie vyandelike aanvalle kan herken nie, gaan jy beslis ‘n prooi daarvan word.

** Elke negatiewe situasie is nie ‘n geestelike aanval nie **

Mense beland weens verskeie redes in die moeilikheid. Twee van hierdie redes waarop ek wil fokus:

  • Ongedissiplineerde vlees en begeertes
  • Geestelike aanvalle

 

Hoe om ‘n aanval te herken

  • Opleiding

In die natuurlike wêreld word soldate opgelei in die taktieke van oorlogvoering, hoe om verskillende wapens te herken en watter prosedures (“drills”) om te volg in verskillende situasies. Dit is SO belangrik dat hierdie opleiding “basiese opleiding” genoem word en ELKE SOLDAAT moet dit deurgaan – todat hulle dit kan doen sonder om te dink – ‘muscle memory’. ‘n Soldaat wat ‘n wapen het maar nie weet hoe om dit te laai of gebruik nie, sal niks werd wees nie! Soldate herken aanvalle want hulle ken die klank van geweervuur, kanonne wat skiet en tenks wat beweeg. Dit is dieselfde in die geestelike realm. Omdat ons nie die tyd neem om onsself op te lei nie, is ons onkundig om die geluide van ‘n aanval te herken- totdat ons eendag wakker skrik en wonder hoekom dit so sleg met ons gaan. Dit is maklik om na die tyd te sê, ‘dit was die duiwel!’ Maar as ons dit betyds kon herken, kon ons dit betyds afweer.

Militêre eenhede is veilig omdat hulle voorbereid is en insig het in die vyand se metodes

 

  • Iets is nie reg nie (Konfrontasie)

Mens word nie net een oggend wakker en dan het jou eggenoot of kinders weggeloop nie. Jy word nie net wakker en dan is jy skielik arm nie. Dit begin iewers.

Wat het jy gedoen daardie Eerste Keer toe jy agtergekom het dat iets nie reg is nie? Het jy dit geïgnoreer of gekonfronteer?

 

Wanneer ons slegte situasies ignoreer, sal dit bly voortgaan en eskaleer. Verkeerde begeertes gaan nie net vanself weggaan nie. Destruktiewe situasies sal voortgaan totdat jou gesin, gesondheid, verhoudings en finansies vernietig is. Goddelike konfrontasie kom vanuit jou gees en word ondersteun deur die Woord van God. Aanvalle kan deur korrekte Goddelike konfrontasie afgeweer word – nie altyd aggressief nie – soms is ‘n goeie daad of sagte woord genoeg:

(Spr 15:1)  ‘n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar ‘n krenkende woord laat die toorn opkom.

  • Toets die bron

Die bekende sêding “Wel, sommige dinge gebeur tot eer van die Here” is ‘n leuen met ‘n valse bron. God gaan jou nie red uit iets en jou dan daarna met dieselfde ding toets nie. Hy sal nie siekte of armoede of dood of iets oor jou laat kom ‘om jou nederigheid te leer’ nie. Hy het duur daarvoor betaal aan die kruis. Baie van ons praat net twyfel en ongeloof. Ons gee daardeur eer aan ons vyand terwyl ons dink dat ons nederig voor God is. Die vyand sal kom fluister, ‘Jy is dit nie waardig nie’ en jy antwoord terug, ‘Dis reg ja!’ Dan fluister hy, ‘God is besig om jou iets te leer deur hierdie siekte’ en jy antwoord terug, ‘Dis reg ja!’ Die volgende ding dan begrawe ons jou.

Ons moet die karakter van God ken sodat ons ‘n aanval kan herken.

As daar lesse is om te leer, sal ons leer deur gebed, rema woorde, die Woord en goddelike leierskap. Hoekom op aarde sal jy swaarkry onder jou vyand, God blameer daarvoor en dan sê dat jy iets daaruit geleer het?

(Joh 10:10)  Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

Volgende keer

  • Planne en Liste van die duiwel
  • Demoniese range

 

  • Simptome van ‘n aanval

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.